Ondersoek ‘eksplisiete, verdoemende’ WhatsApp-groepe oor oproer – Good

Weermaglede op patrollie tydens die oproer in KwaZulu-Natal. (Foto: Twitter)

Die politieke party GOOD sê hy het inligting wat uit ANC-geledere aan hom uitgelek is oor die plundering in KwaZulu-Natal aan die polisie oorhandig om te ondersoek.

Die inligting hou verband met drie WhatsApp-groepe wat glo gestig is om verlede maand se oproer aan te hits. GOOD sê hoewel hy uiters versigtig is om betrokke te raak by of gebruik te word in ANC-faksiegevegte, is die inhoud van die groepe net “te eksplisiet en verdoemend om verontagsaam te word”.

“Terwyl die land gefokus het op die 12 aanhitsers, die sogenaamde groot visse wie se name nog nie genoem is nie en wat dalk bestaan en dalk ook nie, verskaf die WhatsApp-groepe bewyse van ʼn aantal mense wat opgetree het met die gemeenskaplike doel om die geweld en verwoesting te organiseer en aan te hits,” sê Brett Herron, sekretaris-generaal van die party.

Herron sê volgens die regering is verskeie kernaanhitsers aangekeer, maar daar is min inligting oor die omvang van hul betrokkenheid, of hul senioriteit.

“Die staat se wetstoepassingsagentskappe moet hierdie misdade sonder vrees, guns of vooroordeel ondersoek.”

Die party het ʼn geheuestafie met inligting oor die drie WhatsApp-groepe reeds aan die polisie se eenheid wat die ondersoeke hanteer, oorhandig. GOOD het ook met die hoof van die eenheid daaroor vergader.

Volgens GOOD is die drie groepe gestig net nadat oudpres. Jacob Zuma hom aan die polisie oorgegee het en laat op 7 Julie opgesluit is om sy tronkstraf te begin uitdien. Die Konstitusionele Hof het hom 15 maande tronkstraf vir minagting van die hof opgelê.

Een van die groepe is volgens GOOD genaamd “ETHEKWINI SHUTDOWN” en is oënskynlik op die oggend van 8 Julie, na bewering deur Samke Gumede, ʼn ANC-lid in die streek, begin.

Die “INK SHUTDOWN”-groep is volgens GOOD op die oggend van 9 Julie begin en verwys oënskynlik na Inanda, Ntuzuma en KwaMashu.

Die “FREE SUMA INFORMATION”-groep is volgens die party ʼn dag tevore op die been gebring en het glo aanvanklik as FREE ZUMA COORDINATORS bekend gestaan.

GOOD sê noemenswaardige lede van dié groep sluit in Carl Niehaus en Andile Lungisa. Albei is getroue ondersteuners van die oudpresident.

Die party sê met die hulp van fluitjieblasers, navorsers en lede van die publiek is 26 mense geïdentifiseer wat lyk of hulle aan die geweld en plundering meegedoen het. GOOD sê boodskappe, stemboodskappe en video’s op die drie groepe dui daarop dat die optrede goed georkestreer is en in werking gestel is deur die betrokkenes met die doel om die staat omver te werp.

GOOD het ook ʼn lys van boodskappe gedeel wat glo op die groepe te vinde was:

  • Comrades our goal is simple…we shutdown iBayhead
  • … petrol bom one police station
  • the only thing 2 create a element of surprise is distabilising the country anywhere, anytime without announcement
  • police are the enemies of our community, police are killing our black South Africans, brutally so, we will retaliate their families will cry, we will burn their houses, they must go back to stay with whites on suburbs because whatever is affecting us they are not getting affected. We are going to kill them back. Now we will retaliate. We cant have black police officers who will kill our black brothers and black sisters in this country. We will kill them back. Burn them. They’re the enemy of our society. They are the enemy…we will burn all police stations. Now is the time to also burn all prisons…and courts in this country
  • just become official terrorists of South Africa. Let’s destroy everything…
  • Tomorrow morning we will be closing Bridge City Shopping Centre and meeting time will be 3am at Bridge City…let us mobilise all our forces on the ground

Die party sê die boodskappe is meestal deur lede of ondersteuners van die ANC gestuur. Een van die vermeende aanhitsers is egter glo ʼn senior leier by die National Freedom Party, ʼn splintergroep van die IVP.

GOOD het al die name ook aan die polisie oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Ten minste kan daar nou….. hopelik…. aksie teen hulle kom…. MAAR wat my verstand te bowe gaan is hoe stuur jy ‘n G6 mobiele kanon om onluste te keer…. vra maar net.

Kobus

Hierdie twaalf boewe…….waarom is dit so moeilik om hulle aan te keer? Ons weet nou al dit die twee Zuma kinders betrokke is.So ook mnr Niehaus.So,nou bly 9 oor? Min Cele is blykbaar besig om water te trap. Hy spuug dan heeltyd vuur oor die arrestasies wat gaan plaasvind. Smartryk Ramaposa belowe by herhaling dat daar opgetree gaan word.Wat is tog so moeilik?

Johan

Karl Niehaus kan ek enige iets verwag.

Kokerboom

Ek vertrou die boewe word uitgerook en skuldig bevind MET gevolge.
Ek vertrou ook dat GOOD ‘n kopie van info gehou het want sowaar ek leef die ANC gedrewe Polisie sal dit aan hul gegee laat verdwyn!!!

#Maarnetmyopinie

Die regering was vinnig om op te tree teen die “Boeremag” wat “na bewering” ‘n staatsgreep, aanval of watookal BEPLAN het. Hulle gesigte en name is vinnig die wereld ingestuur om die verraaiers bekend te maak, hulle sit nou nog. Gaan hierdie aanhitsers en opstokers wat oorgegaan het tot aksie en groot skade aangerig het ooit bekend gemaak word en ook onbepaald opgesluit word vir hoogverraad…