Ondersoek gedoen na seun uit bewegende trein val

JC van Loggerenberg by sy vriend wat saam met hom op die trein geklim het. Foto: Verskaf

JC van Loggerenberg by sy vriend wat saam met hom op die trein geklim het. Foto: Verskaf

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) stel ondersoek in nadat ʼn seun (13) van Krugersdorp, wes van Johannesburg, vroeër vandeesweek dood is nadat hy uit ʼn bewegende trein geval het.

Maroela Media het vroeër berig JC van Loggerenberg, ʼn leerder aan die Roodepark-skool in Roodepoort, het Woensdag saam met ʼn vriend met die trein skool toe gery om sy rapport te gaan haal. Volgens JC se ma, Annelize, was die trein oorvol en al die deure van die trein was oop. Die skare mense in die bewegende trein het JC vermoedelik by die deur uitgedruk en hy is kort daarna langs die treinspoor dood.

Lillian Mofokeng, woordvoerder van Gauteng Metrorail, het gesê die spooragentskap ondersoek die saak. “Ek kan bevestig ʼn noodlottige voorval het plaasgevind. ʼn Ondersoek is aan die gang om die bewerings rondom die oorsaak van die voorval te bevestig,” het Mofokeng gesê.

“Namens die Metrorail-bestuur wil ek ons opregte medelye aan die familie van die oorledene uitspreek. Die veiligheid van passasiers en personeel is vir Metrorail ʼn prioriteit en hierdie voorval is betreurenswaardig.”

Intussen het die United National Transport Union (Untu) Vrydag gesê sy regspan is besig om ʼn hofaansoek namens Van Loggerenberg teen Prasa voor te berei, nadat ʼn volbank regters in die konstitusionele hof in November verlede jaar bevind het Prasa was nalatig deur te versuim om te verseker die deure van treine is toe wanneer dit beweeg en nie genoeg personeel aan te stel om die veiligheid van passasiers te verseker nie.

Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, het gesê Prasa stel homself voortdurend bloot aan massiewe siviele eise deur nie aan die konstitusionele hof se bevel te voldoen en te verseker dat hy sy passasiers beskerm nie. “Dit is skokkend, tragies en onaanvaarbaar dat onskuldige passasiers op ons spoorweë sterf, ʼn jaar nadat die hof bevind het die beskerming van passasiers is een van die kernverpligtinge van openbare vervoerstelsels, insluitend Prasa,” het Harris gesê.

“ʼn Onskuldige 13-jarige seun se lewe kon vandeesweek gespaar gewees het as Prasa sy wetlike verpligting nagekom het deur te sorg die deure van die trein is toe terwyl dit beweeg het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Lance ·

Die familie moet maar net nou Prasa hof toe sleep ….prasa gaan ondersoek tot die perde horings kry

Ancara ·

In die jare voor 1994 het sulke goed nie gebeur nie.My innige meegevoel aan die Van Loggerenberg gesin.

Riaan ·

Ancara, ek was n treindrywer, voor 1994 het dit baie meer as nou gebeur.

V ·

Dis n ramp dat so iets gebeur het en n kind se lewe is gesteel. Goeie nuus dat daar stappe gevat is nogtans bly kinders hulle ouers se verantwoorlikheid ……

Johann Barnard ·

Ek het al self op hulle treine gependel tussen Rayton en Pretoria.Treine is oorlaai met passasiers,deure was altyd oop,lewens gevaarlik.Geen sekuriteit op hulle treine.Jou mede passasiers kan jou enige tyd uitgooi of uitdruk.Ek kry enige mens wat moet trein ry in hierdie land baie jammer.

CQ ·

Lance, dit gaan nie jou kind terugbring nie!
Ancara, voor 1994 was daar ook ouers wat kinders aan hul eie onkunde oorgelaat het….

TDW ·

Mag julle nooit geoordeel word met die maat waarmee julle oordeel nie.
Dink jou hierdie scenario in:
Jy bly op die plaas met jou gesin. Hulle breek by jou in, vermoor jou kind, jy oorleef. Jou naaste vra jou, jy weet mos hoe erg misdaad is in Suid Afrika, hoe hulle by plase moor, hoekom het jy nooit dorp toe getrek nie? Jy was nalatig. Jy moes jou kind se veiligheid in gedagte gehad het. Almal weet mos hoe gevaarlik dit is om op ‘n plaas te woon. Verplaaste blaam help niemand nie, dit vergroot net die probleem.

ghif ·

gewete wat so praat. die kinders het elke dag trein gery. ja hulle bly ouers se verantwoordelikheid. daarom het die ouers vir hulle kaartjies gekoop. klim jy saam met jou kind op die skoolbus? o I c jou 1voudige truth, jy het n kar. nie almal het nie.

Tiger ·

CQ,die skuldige bly steeds PRASA want geen trein mag beweeg met oop deure nie.Dis teen al die veiligheids reels en klaar.Eks bly hulle gaan die saak hof toe vat.’n Regter sal een kyk na die veiligheids reels gee dan sit PRASA.

Wilbro ·

Wat laat jou dink hy het gesê dit gaan die kind terugbring? Wat laat jou dink hy het beweer daar was voor 1994 nie ouers wat hulle kinders aan hulle eie onkunde oorgelaat het nie? Sy bewering is dat voor 1994 jy nie sommer oorvol oopdeur treine waaruit mense val of gestamp word sou kry nie. Jy klink soos een van daardie bitterbek beterweterige Afrikaners wat maar altyd net ander wil laat onnosel voel.

Angie Grobler ·

Ek verstaan ook nie, ons almal weet wat die toestand van die SA publieke vervoer se infrastruktuur is. Ek dink nie n laerskool kind het op daardie trein gehoord nie. Wil nie oordeel nie, mens weet nie wat die omstandighede/rede is nie, dis bitter jammer wat gebeur het. Baie sterkte vir familie.

Amanda ·

Dit was nog al die jare so. Voor 1994 het ‘n gedeelte van die treine op die Kaapse Vlakte lyn ook so gelyk en die deure was altyd oop en mense het oral uitgehang uit bewegende treine in die oggend en aande. Daar het ook gereeld mense uitgeval, al verskil nou is dat die hele trein nou so lyk. So dis niks nuut nie want ek het daagliks gependel.

Josie ·

Ek is baie jammer oor die insident en het innige simpatie met die gesin. Maar ek sal onder geen omstandighede my kind sonder volwasse toesig op ‘n trein laat klim nie! Was daar iemand verantwoordelik saam met hom sou dit nie gebeur het nie.

Volwasse ·

Was daar dan geen volwassenes op die trein nie? Nie een grootmens wat hom oor ‘n kind kan ontferm nie?
Hoekom nie?

ghif ·

oordeel kom julle nie toe nie. ek het van 6 tot 18 Allen train gery. op die kaapsevlakte Amanda. alle ouers het nie karre nie. kan jy dink watdit salkis as mamma/pappa elke dag saam met kindjie moet pendel? dit behoort nie n Kruse te wees tussen twee retoerkaartjies om skool kinders te chaperone of kos vir die gesin nie. prasa was laks. hulle en net hulle is verantwoordelike.

Alida ·

Moet tog nie so naief wees nie. Daar was seker 100de meer op daai trein as wat toegelaat is maar wie dink julle gaan hom ontferm oor n wit kind.

Wonder ·

Liewe Josie en ander
Klink asof julle 24/7 agter julle kinders aandrentel. Die lewe werk ongelukkig nie vir almal so nie. Ouers werk en kan ook nie veelvuldige fooie bekostig nie en kinders word ouer, groot en onafhanklik-sommige vinniger as ander vanwee hul en ouers se omstandighede. Nee wat oordeel maar oor jou eie omstandighede. Jy stap nie in ander se skoene en ken hul wee nie. Geen kind sou dan alleen mag busry skool toe nie!!!

Liewe heksie ·

Sjoe maar die mense in glashuise kan klippe gooi hy kon netsowel oor die pad geloop het jul DRA niks by tot die ouers wat die groot hartseer het en hul eie hoekoms nie Mag GOD hul styf vashou

Theresia ·

Meeste leerlinge wat daar skool gaan moet ongelukkige van openbare vervoer gebruik maak. Hetsy dit per pus, taxi of trein is. Daar is nie n bus wat vanaf Krugersdorp ry nie, taxis is duur en treinry was die enigste opsie.

Nee vir verplaasde skuld ·

Europa en die wereldoor ry 13 jariges alleen, so regtig moenie skuld van Prasa verplaas nie, Prasa ontvang die geld vir die diens en moet die veiligheid saam met die diens verskaf. Ek was nou in Rio wat ook redelik oorvol is en hulle maak seker almal is behoorlik binne en deure maak toe! Sterkte aan hierdie ouers en mag daar meer en beter veilige vervoer wees binnekort in die land en minder geld in sekere individue se sakke wat hulself met belastingbetaler se geld help!

Hennie ·

Die probleem is dat alles geignoreer word wat goeie sin maak. Mense wat nie die kapasiteit het om besluit te maak nie, is aangestel in posisies waar hulle gedurig op die voorgrond is en beskerm word om daar te bly, swak besluite word gehandhaaf en mense boet met julle lewens.

vonnie ·

Hoe onbevoorordeel kan n ondersoek van Prasa wees indien hul hulself ondersoek. Hierdie is nalatigheid op die ergste graad en die hoof behoort aangekla te word van manslag.

Christine ·

My innige meegevoel met die familie van die seun, ek het tot voor my man se dood in Maart ook vir drie jaar trein gery, baie keer het ek self voor oop deure te staan gekom en die andermense hang soos valke uit die trein. Ek stel voor dat Prasa se mense moet een dag al langs die spoorlyn ry en kyk wat in hulle treine aangaan, meer as een oggend het ek vir my lewe gevrees. As dit die enige manier is wat n mens oor die weg moet kom dan moet Prasa beter kyk na hulle mense en passesiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.