Ondersoek gedoen ná Tshwane-metropolisie dokter glo boelie

(Argieffoto)

Die Tshwane-metropolisie gaan self ondersoek instel na die omstandighede van die beweerde aanranding van ʼn gerekende pulmonoloog en sy vrou, ʼn fisioterapeut.

Dr. Emmanuel Taban, oorspronklik van Suid-Soedan, en sy vrou voer aan hulle is die afgelope naweek tydens ʼn onderonsie met die metropolisie hardhandig behandel. Taban is eindelik in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vragmotor op ʼn sperstreep verbygesteek het.

“Die dokter beweer hy is Saterdag aangerand, maar hy is eers [Maandag] na die polisie om ʼn saak aanhangig te maak. Die Tshwane-metropolisie gaan ʼn afskrif van die dossier aanvra sodat ons ons kan vergewis van wat op die dag gebeur het en ons eie interne ondersoek kan doen,” het Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, gesê.

Volgens hom is die beamptes wat by die voorval betrek word, steeds by die werk.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het die afgelope week sy skok oor die oënskynlik xenofobiese aanval op Taban en sy vrou te kenne gegee.

Taban het as ʼn 16-jarige van Suid-Soedan na Suid-Afrika gekom en hier as dokter gekwalifiseer. Hy en sy vrou praktiseer albei in Midstream en hulle was die afgelope paar maande nou betrokke by die behandeling van Covid-19-pasiënte.

Taban het gesê hy het Saterdag ʼn vragmotor op die R54 verbygesteek toe ongeïdentifiseerde beamptes hom beveel het om stil te hou. Hy is aangesê dat hy in hegtenis geneem word omdat hy ʼn voertuig op ʼn wit lyn verbygesteek het en roekeloos bestuur het.

Dr. Emmaunel Taban het as 16-jarige vlugteling van Suid-Soedan na Suid-Afrika gekom en hier as dokter gekwalifiseer.

Luidens berigte het die beamptes aanvanklik in Tswana met Taban gepraat, waarna hy hulle gevra het om na Engels oor te skakel.

ʼn Onderonsie het ontstaan en Taban voer aan hy is hardhandig behandel en gewurg, terwyl daar ook op hom gevloek is voordat hy en sy vrou na die Lyttelton-polisiestasie in Centurion geneem is. Taban voer aan die polisiebeamptes het onder meer neerhalende opmerkings oor sy etnisiteit gemaak.

“Dié soort gedrag is heeltemal onaanvaarbaar en onverskoonbaar. As iemand die wet oortree het, hanteer dit, maar doen dit op ʼn professionele manier. Om ʼn situasie soos dié in ʼn xenofobiese aanval te verander, is beslis nie professioneel nie,” het dr. Angelique Coetzee, voorsitter van Sama, gesê.

“Om ʼn vrou te betrek in ʼn fisieke onderonsie met polisiebeamptes doen ook weinig om die president se boodskap dat daar teen geslagsgeweld opgetree moet word te versterk. Die hele situasie is laakbaar en moet verder ondersoek word.”

Volgens Coetzee is Taban ʼn lid van Sama en is hy welbekend vir sy professionaliteit en bereidheid om kollegas en pasiënte te help.

“Ons kan nie ʼn situasie hê waar ʼn dokter wat op pad is om pasiënte wat sorg desperaat nodig het, só behandel word nie. Die Tshwane-metropolisie moes die situasie veel anders hanteer het om sy, sy vrou en ander mense se veiligheid te verseker.

“Pleks daarvan lyk dit of hulle hardhandig opgetree het bloot oor dr. Taban se herkoms. Die hele voorval is ongelooflik,” het Coetzee gesê.

Sama het ook ʼn beroep op die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat, die polisie se waghond, gedoen om ʼn ondersoek te doen en enige beamptes wat oortree het, voor stok te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Marthinus Johannes ·

Sover my kennis strek kan jy nie vir n verkeers oortreding ge-arristeer word nie tensy dit n bylaag 1 oortreding is of n lasbrief uitgereik is nie. N sperstreep oorsteek n net beboetbaar. Die mense oorskrei hul magte/ ken nie hulle werk nie of wil net wys hul sal dit doen want hulle dra die uniform en sal.

Raakvatter ·

Is beboetbare oortreding, maar grens aan roekelose bestuur wat wel arrestasie tot gevolg kan hê.

marius ·

Sperstreep by vragmotor verby . Die polisie moet elke dag mense se liggame uit wrakke haal oor hierdie tipe bestuurswyse . “Onderonsie ” was omrede hulle hom wou arresteer , maar daaroor sal die subjektiewe dame nie uitbrei nie . Hy moet vir poging tot moord vervolg word . Punt

Trotse Boervrou ·

Ek het simpatie met dr Taban. Daar is baie rasse wat al honderde jare in Suid-Afrika woon, die vooruitgang van die hordes verseker het, en ook xenofobies hanteer word.

david ·

Mens word outomaties herinner aan die Kymie Du Toit geval waar dieselfde metro polisie hulle magte heeltemal oorskry het. Ek wonder wat van hierdie saak geword het…..die laaste berig was dat die saak
“ondersoek” word…Wat wil Tshwane se metro owerhede eintlik ondersoek terwyl daar video getuienis bestaan wat strafmaatreel teen die betrokke beamptes sal regverdig.
‘n Tyd later was daar die geval van die Professor van Unisa wat ook so behandel is…dit lyk of daar niks van gaan kom nie.
Nou hierdie geval…tenminste lewer die SA mediese raad kommentaar hieroor….maar wie het oor die Ander gevalle gepraat..?

Dit lyk vir my dat die HELE Tswane metro polisiemag weer teruggestuur moet word vir regsopleiding–en dat hulle magte tot arrestasie heeltemal teruggetrek moet word….!
Hierdie mense met hulle agressiewe metodes veroorsaak net onmin tussen die publiek (wat uiteindelik hulle salariss betaal) en die owerhede.

Michael ·

Lyk vir my dat Black Live Matters net geldig is as n wit polismann swart man aanrand en wurg. Waar is die EFF, ANC ens. wat altyd skreeu as daar an `n swart person geteiken wird?

Genis ·

En toe sukkel hulle met die verkeerde een… Lekker man lekker.. Die tjotjo brigade het seker nie hulle tjotjo gekry nir….

Eclectus ·

Daar is vier verkeersoortredings waarvoor jy ge-arresteer mag word:
1. Verbysteek op ‘n sperstreep
2. Bestuur onder invloed van alkohol en/of dwelms
3. Geen nommerplate op jou voertuig
4. Roekeloos en nalatige bestuur

koos10 ·

Die stories het altyd 3 kante. Sy kant, hulle kant en die waarheid (wat hier seker tussen in loop). Die TMPD het nou maar ongelukkig ‘n reputasie wat geweld betref.
Ek sou net graag wil sien dat hulle ook so hardhandig optree teen taxis wat oor al wat sperstrepe ry, teen eenrigting bane op ry, stop net waar hulle wil en verkeer blokeer. Ek sou in beginsel nie beswaar hier gehad het nie, as almal maar net dieselfde behandel word, maar dit is nie die geval in Pretoria nie.

Kobus ·

In die Berig “Dr. Emmaunel Taban het as 16-jarige vlugteling van Suid-Soedan na Suid-Afrika gekom en hier as dokter gekwalifiseer.”

Gideon ·

Dis vreemd. In die berig wat ek het staan daar nie die woord “vlugteling” nie. Maar ek aanvaar jou woord.

Scalla ·

Stuur sommer die Dr terug wat as vlugteling hierheen gekom het om plaaslike mense se werk oor te vat.

Oujongvrou ·

Kom ons wag en sien wat gaan die selfoon opnames wys. Die dr se mos hy gaan dit laat herwin. Ek dink die hele storie gaan oor hy hulle versoek het om engels te praat.

ES ·

Die metro maak hulle gereeld skuldig aan boeliegedrag. Maak nie saak wat hy vir hulle gese het nie, niks regwerdig geweld nie.

JohanR ·

Die Tshwane-metropolisie is die mees vreesaanjaende klomp buffels in die land! Ek hoop in my hele lewe dat ek hulle miskien soe een keer elke vyf jaar net by ‘n padblokkade vlugtig moet ontmoet, en moet nooit in boeie in een van hulle vang vaens inklim nie. Kan iemand ook vir my se hoekom ons altyd by die ANC, die SACP, Cosatu, SAPD, Die Tshwane-metropolisie ens hierdie woorde lees “Die Tshwane-metropolisie gaan self ondersoek instel.” Ons weet by nou al by self ondersoek kom daar niks van. Hoekom gaan hierdie sake nie na ‘n hof met regters toe nie om te besluit?

BoerSonderRoer ·

Respek vir mekaar is baie laag op mense se “om te doen lys” deesdae.

Jaco ·

Wit dokters kry nie werk nie, maar ‘n buitelander afkomstig vanaf ‘n land met ‘n skaarste aan dokters mag hier werk. Vreemd

LANA is ELANè ·

Dit is algemeen en nie beperk tot sg buitelanders nie, die geboeliery van die metropolisie. Ek is doodbang vir enige soort polisielid hulle voel bemagtig met hul vinnige karre, vuurwapens en uniforms en die gewone burgers vd land is uitgelewer aan hul genade en moet eerder net uit hul pad bly.

4ntj13 ·

Hardhandigheid raak nou orals te erg. Ek is dankbaar as OPOD die metropolisie ook kan ondersoek. Ek kan my indink hoe die Tswanasprekers hom sou boelie. Seker gedink hy sou val vir hulle grappie.

Ann ·

Die vraag is is was hy verkeerd of net n rede om Dr Taban af te trek?
Dr Taban is n wonderlike en nederige mens, hy het my pa se lewe n paar jaar terug gered.
Hy sou nie hier gewees as die nie vir hom was. Negatiewe dinge is altyd so maklik om uit geblaker te word en die ding waaroor dit eintlik gaan is verlore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.