Ondersoek gedoen ná veghond eienaar aanval

(Foto: pixabay)

ʼn Vierjarige veghond (pit bull) moes met die hulp van die bure in bedwang gebring word nadat die dier sy eienaar glo so erg gebyt het dat sy aan haar beserings dood is.

Belinda Jonker (64) se hond het haar volgens die voorlopige polisie-ondersoek Maandagaand by haar huis in Morningside in Port Elizabeth aangeval.

Jonker en haar man was op pad uit, maar sy het gesukkel om in die motor te klim, het kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, gesê.

“Terwyl haar man haar gehelp het, het hul vierjarige veghond haar aangeval. Die man het die hond probeer wegkry, maar kon nie sy vrou help nie. Nadat hy die bure gevra het om te kom help, kon hulle die hond van haar afkry en is hy aan ʼn boom vasgemaak.”

Janse van Rensburg het gesê Jonker het ernstige wonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die Bond vir Wreedheid teen Diere het die hond kom verwyder.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Susan ·

Baie jammer vir die verlies. Niemand verdien dit om op so ‘n wyse te sterf nie. Ek is ‘n diereliefhebber, maar daar moet plan gemaak word om beter wetgewing in plek te sit met betrekking tot die eienaarskap van die tipe honde. Miskien verpligte opleiding hoe om hulle te hanteer, want ek glo daar gaan nou weer 100de mense wees wat gaan sê , blameer die eienaar en nie die hond nie. Daar sal nou weer vertel word hoe sag geaard hierdie ras is. Miskien het sy self al so iets gesê… tot daardie dag dat iets verkeerd gaan. Ek weet alle honde kan byt insluitende chihuahuas , maar daar is sekere rasse wat verantwoordelik is vir 90% van alle sterftes. My voorstel: As dit die eienaars is wat die honde verkeerd grootmaak dan mag mense nie hierdie honde besit sonder dat hulle sekere opleiding gehad het nie en indien hulle dan wel hierdie honde besit sonder die sertifikaat dan moet die aanklagte baie ernstiger wees.

Stefan ·

Ek stem 100% saam met jou. Ek voel dat ‘n pitbull nie soos ‘n Yorkie of boerboel of enige ander populêre spesie aangehou kan word nie. ‘n pitbull se behoeftes is heeltemal anders en mense verstaan dit nie altyd nie en dus gaan dit net deur opleiding oorgedra kan word. Ek voel die honde spesie het ook ‘n reg in die samelewing en wetgewing gaan verseker hierdie klas van gevalle verminder.

Jean ·

Die regering doen dan so min oor moordenaars hoekom gaan hulle ewe skulik oor honde wette omgee. As daar wel sulke wette was dan moet mense met klein erwe net klein honde anhou. As ek moes raai is meer as 50% van pitbull aanvalle nie opregte pitbulls nie. Pavement special wat soos pitbulls lyk.

Andréas ·

Ek wil graag my ondervinding deel. Ek was in vroeë 2000’s in Vrystaat woonagtig en het my Pitbull reun vanaf PTA teler gekry. Moes as voorvereiste eers studeer “Know the Pitbull breed” asook “How to take care of your Pitbull” en het “vredeliewende” weergawe van dié ras bestel.
Was goeie hond, kinders het saam grootgeword. Hy het my egter 3x in die steek gelaat (kop uitgehaak, bevele verontagsaam) en ek is 1x gedagvaar en het vir eis betaal. Daar is 2x by ons ingebreek (middel 2000’s na WK verhuis) en items uit erf gesteel. Hy het dit nie verhoed. Hy is rondom 2010 agv ‘n beroerte oorlede.
Dié honde kan nooit vertrou word nie. Hul is wonderlik, nie vir enige een, maar ek hou by my standpunte. Dis net ‘n geval van “wanneer”…

Andréas ·

Sonder twyfel het ek innige meegevoel met hierdie gesin en verlies van hul geliefde (asook ‘n troeteldier). Mag GOD jul asb hierin troos en bystaan?

katerinadiekat ·

Nou hoekom is dit gewoonlik Pit Bulls wat mense dood verskeur? Hoekom hoor mens so selde van ander rasse wat dit doen? Jy vat n Groot kans om n Pit Bull aan te hou. In my opinie moet die ras uitsterf. Daar moet n verbod kom op verdere teling met Pit Bulls. Ons vyande lag vir ons omdat ons vasbeslote bly om honde aan te hou wat ons doodbyt. Dis onnosel en halsstarrig.

Lynette ·

Ek lees Belinda Jonker ‘het gesukkel om in die kar te klim’. Baie honde tree aggresief op teenoor iemand wat snaaks loop of optree. My Boer-boel, wst nog nooit in haar 8-jarige bestaan, enige aggressie teenoor fsmilie en vriende getoon het nie, het aggressie gewys teenoor n ou dame wat in my huis was en erg kruppel geloop het, asook teen n familielid wat met n walker geloop het – dit lyk vreemd vir n hond met n sterk beskermingsdrang en wil hy/sy dan hul mense beskerm daarteen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.