Ondersoek geëis ná departement glo miljoene aan ‘spookinstellings’ betaal

bedelaar-armoede

Argieffoto.

Die DA eis ʼn omvattende ondersoek na bewerings dat die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling nagenoeg R33 miljoen betaal het aan verskeie nie-regeringsorganisasies waarvan die bestaan glo glad nie bevestig kan word nie.

Sunday Times het die afgelope naweek berig fluitjieblasers het inligting bekend gemaak oor die finansiering van die 11 sogenaamde spookinstellings.

“Vir die DA is die inligting diep kommerwekkend, gegewe die oorweldigende getal weerlose mense in die provinsie wat hulp benodig. Net so kommerwekkend is die LUR se versuim om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar, asook haar poging om plaaslike kantore die skuld daarvoor te gee,” het Elma Rabe, die DA in KwaZulu-Natal se woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling, gesê.

Rabe het gesê LUR Nonhlanhla Khoza se “ligsinnige” reaksie op die bewerings is “niks minder nie as skandelik”.

“Van voetsoolvlak is die departement die LUR se verantwoordelikheid en sy moet verantwoordbaar wees vir sy bedryfsfunksies, of gebrek daaraan. Die DA gaan nie die saak daar laat terwyl miljoene rande verdwyn nie.

“Hoewel ons die ondersoek verwelkom, bly ons bekommerd oor die moontlikheid dat daar geen gepaste opvolgbestuur is nie, ten spyte van die erns van die beweerde oortredings.

Die ondersoek na die beweerde uitbetalings gaan na verwagting in Desember afgehandel wees en die DA sê hy gaan toesien dat iemand verantwoordelikheid aanvaar. “Koppe moet rol,” het Rabe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Bertus ·

Nog ‘n ondersoek gaan nie werk nie. Dit bied die skuldiges tyd om op te rium. Die departement moet alle tersaaklike dokumente in kluis toesluit en die enkel sleutel teen handtekening aan die minister gee .

George in Bloem ·

“Koppe moet rol”………….Hahahahahahahahahahaha!!!Ag asseblief. Wanneer presies het enige enkele kop al gerol met die aanhoudende gestelery?

Lynette ·

Stem saam met Gerhard. Nog ‘n ondersoek wat miljoene kos en niemand gaan vervolg word nie.

Swanna ·

Net soos julle daar sê en dit is waar dit stop. Niemand neem die saak op en voer dit deur nie, Nie eens die DA nie maar hulle kan hul misnoë uitblakker en aan almal vertel. Kry ‘n bietjie rugrat en doen iets en voer dit deur tot op die end dan sal julle weer kiesers verwerf, maar om net ‘n lawaai op te skop is net so skuldig as die wat die daad verrig want julle weet daarvan en doen niks omtrent die daad nie.

Carel Pienaar ·

Dis waarmee die DA besig is. Fluitjie blaser bring die situasie tot hulle aandag. Nou moet hulle dit darem ondersoek voor hulle n saak oopmaak nie net teen die MEC nie, maar ook teen die instansies wat die geld ontvang het. Die DA het 10 jaar geveg om Zuma in die hof te kry vir sy aandeel in die wapenskandaal.

wilma ·

Ek wens ek het geweet waar om aan ‘n paar miljoen Rand te kom sonder enige gesukkel. Die kersie op die koek is jy hoor nooit dat al die miljoene/biljoene verhaal is nie. Wat ‘n grap! Gisteraand op SABC 2 -nuus is daar ook gepraat van ‘n bedrag met soveel nulle dat ek nie eens weet hoeveel dit is nie wat ook maar net weg is en dit is ook maar reg so.

Ella ·

Ek sal ook kan doen met n paar Miljoen Rande van ons nikswerd geld dan kan ek hier vrot -tot-die-been land verlaat.
In ruil kan hulle miskien my goed kry as ek dit nie gou self verkoop nie.
Ons lees kan mooi broodjies bak oorsee maar dit gaan nooit ophou nie want hulle word nooit vssgevat of gevang vir hul dade

Sandra ·

Ek is nie eers meer kwaad toe ek lees dat R30m iewers in oorvol sakke van arrogante individue beland terwyl NGO’s moet sukkel om in soms gevaarlike, MIN subsidie van die regering, moet oorleef.
Ek is HARTSEER daaroor

emily ·

Dit gaan nie aan n Spookinstelling nie, dit gaan in sekeres se gatsakke.

Jacques ·

Die staat is enigste instelling waar jy oornag n miljoener kan word sonder om daarvoor te WERK . Nie eers die lotto is so maklik nie . En die DA is verbaas daaroor ? Ek sal kan doen met n miljoen ………. !

JohanL ·

Dit is ‘n growwe veralgemening – maar dit is reg so.

“It takes two to tango”, en dan skryf ek net 2 instansies – Bosasa, Gupta maatskappye.
Dit klink my daar is vele mense in privaatsektor wat ook biljoeners geword het met hul onderduimshede. Dit is NIE NET die staat nie.

Elize ·

Ons weet ook nou teen die tyf hier sal niks van kom nie. En niks van die geld sal teruggekry word nie. En ek glo daar is nog baie meer van dit wat nog net nie oopgekrap is mie

HEVW ·

Ek neem aan iewers word daar stiptelik, noukeurig en met bewyse van al hierdie korrupte dade op rekort gestel en die res van die wereld neem daarvan kennis sodat hul deeglik daarvan bewus is, en dat hul sodoende die regte besluite kan neem met betrekking tot beleggings.

Maljan ·

Het hlaudi motsuneng en Brian Molefe al die geld terug betaal? As al die miljoene verhaal word, kan die oumense wie hard vir die land gewerk het n bonus kry.

Hanlie ·

Daar gaan dadels van kom soos met al die ander ondersoeke. En ons moet net betaal, betaal, betaal. Dit maak my siek!!!!

Willehond ·

Betaal sal ons! Kommissie om dit te ondersoek en dit verander na 60 miljoen, helfte vir die kommissie. Dan nog n kommissie om die vorige kommissie se bevindings te ondersoek. Dan nog n kommissie om die ander kommissies te ondersoek net om tot die slotsom te kom dat niemand skuldig is nie. Welkom in Suid Afrika!

ChrisE ·

Vandat die spoke in die land oorgevat het, het hulle mekaar begin betaal. Die een ou spook is vet die ander ou spook is maer.

Pete ·

Dan verwag ou groot spook buitelanders moet bele in hul bankrot instansies.publiek in buite land is nie dommies nie.

Ana ·

Niemand se Koppe sal ooit rol nie. Die hele Afrika is so. Mense doen als wat jul kan om uit die land te kom, help jul kinders om te gaan. Dis n pragtige mooi land Met son en als en afrikaans en familie. Jy gaan hier of tronk toe vir niks, word vermoor verkrag ontvoer ens of jy gaan dood op die sleg te paaie. Doen reg weet dis moeilik maar hulle gaan jou goeie medies verander in staatmedies en dan gaan hul agter jou pensioen aan. Dis elke dag skok op skok.
Die land maak almal klaar.

Pietman ·

Met die klas van amptenare kan ek nie sien dat enige van President Ramaphosa se planne gaan realiseer nie.

aj ·

Ag asseblief DA!

Julle verwag dat die ANC hulle eie ANC ontplooiide kaders moet ondersoek? Dink julle regtig dat die belastingbetalers se geld so vermors moet word.

Waarom lê die DA nie ‘n kriminele klag teen die amptenaar nie? Plaas dan druk op die ANC polisie om die kriminele te arresteer en aan te hou totdat die hof hulle vonnis!

Is die DA is net so onbevoeg en korrup as die ANC?

Sover is nog geen Swart ANC politikus skuldig bevind en opgesluit nie … slegs Indiërs, Wit en Bruinmense!

Die DA opposisie is “useless”?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.