Ondersoek geëis ná ‘rassis’ Tutu-muurskildery ontsier

Die muurskildery van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu in Kaapstad (Foto: Brett Herron, Twitter)

ʼn Ondersoek word geëis om die persoon wat ʼn muurskildery van emeritus‑aartsbiskop Desmond Tutu in Kaapstad met die k-woord ontsier het, te vervolg.

Die muurskildery is in Adderleystraat in die middestad van Kaapstad geleë.

Die persoon wat die gewraakte woorde op die skildery geverf het, is op veiligheidskameras van die stad vasgevang.

Na aanleiding van die beeldmateriaal, eis die politieke party GOOD dat die persoon wat verantwoordelik vir die rassistiese opmerking is, geïdentifiseer en vervolg moet word.

Die persoon wat die gewraakte woorde op die skildery geverf het, is op veiligheidskameras van die stad vasgevang (Foto: Brett Herron, Twitter)

“Die stad moet saam met die polisie werk om die oortreder op te spoor sodat geregtigheid kan geskied. Dit sal ʼn duidelike boodskap uitstuur dat daar ernstige gevolge vir dade van rassisme en haatspraak is,” het Brett Herron, GOOD se sekretaris-generaal, gesê.

“Daar is nêrens in die wêreld plek vir rassisme nie en veral nie in post-apartheid Suid-Afrika nie. Dade van rassisme ondermyn kosbare eenheid en samehorigheid in ʼn land wat nie verdere verdeeldheid kan bekostig nie.”

Tutu vier op 7 Oktober sy 90ste verjaarsdag en is bekend vir sy werk as aktivis wat teen apartheid gestry het.

Volgens Herron word Tutu wêreldwyd geëer vir die werk wat hy tydens die apartheidsjare gedoen het en moet hy as ikoon gerespekteer word.

“Tutu was ʼn aktivis wat teen diskriminasie en vir gelykheid en geregtigheid geveg het. Om hom te verneder met die mees gruwelike rassistiese naam wat in Suid-Afrika gebruik kan word, verneder ons almal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Hierdie sal jy nooit stop sit nie. Jy sien dit van New York, tot Berlyn tot Rome. Verbaas daar is nie geskryf soos op die agter van toilet deure in mans toilette “for a good time call……” Ek sien hier is Brett Herron ook al weer. Van party party is hy nou weer? Oe ja, daai een waar die leier R37 miljoen gespandeer het om ‘n stuk draad by Beit Brug te span, en nou almal blameer behalwe haarself!

Hoekom ·

Diskriminasie, ongelykheid, ongeregtigheid en rassisme gaan voort onder die ANCartel. Dus het Tutu gefaal in sy ideaal. Wat ‘n jammerte dat so “ikoon” niks eintlik bereik het nie…

miavos ·

Dis één persoon maar nou word die raskwas weer oor almal geverf.

koos10 ·

Is die ras van die beweerde person(e) bekend?
Hoekom word die beeldmateriaal nie vrygestel nie? Bestaan dit werklik?
Is hierdie nie dalk ‘n plan van ‘n politieke party om stemme te werf voor die komende verkiesing nie?

As dit alles is soos beweer word, moet die skuldige aan die pen ry, maar hier is te veel dinge wat nie lekker sin maak nie.

Hardekwas ·

So kort voor die verkiesing. Ek wed dit is n anc of eff kader wat dit gedoen het om die raskaart te speel vir die verkiesing. Ons beheer nie die land nie maar ons is nie dom nie.

Andries ·

Gaan vang eers hierdie rassis voor daar klippe gegooi word. Sal nie verbaas wees as die persoon nie ‘n “rassis” genoem kan word nie maar net ‘n plein krimineel is wat rassehaat wil aanblaas…..

Stefaan ·

Kan ons ‘n ondersoek doen oor die rassistiese wette aub

quartus ·

regstellende aksie is ook naakte rassisme. moenie daarvan vergeet nie

Blomme ·

Groot respek vir Aartsbiskop Tutu. ń Man met ń goeie hart. Maar jy het nooit veel vd GOOD party gehoor nie… Nou maak hulle oor alles geraas. Soek stemme. Wat ń grap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.