Ondersoek geëis oor optrede van Bloem-metropolisie

Foto verskaf deur VF Plus

Die optrede van die Mangaung-metropolisie wat Woensdagoggend die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein in die Vrystaat in ʼn ongehoorde magsvertoon beset het, is volgens die VF Plus onwettig en moet ondersoek word.

Lede van die metropolisiediens het die gebou se ingang onder meer met voertuie geblokkeer en mense toegang geweier. Munisipale werkers is uit die gebou gejaag en belangrike werk kon nie gedoen word nie.

Die publiek wat onder meer munisipale rekeninge wou betaal, moes onverrigter sake omdraai.

Dr. Elizabeth Snyman van Deventer, VF Plus-raadslid, sê die party waarsku lank reeds teen die ANC se onvermoë om ʼn effektiewe metropolisiediens te bestuur en hierdie is ʼn duidelike bewys daarvan.

Die metropolisielede is glo ontevrede omdat hulle nog nie hul aanstellingsbriewe ontvang het nie.

Die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) het intussen gesê dat die werksaamhede van die metropolisiediens opgeskort is weens toenemende druk uit die gemeenskap oor die wyse waarop die munisipale bestuur die metropolisie tot stand gebring het.

Armand Cloete, VF Plus-LPW, het die voorsitter van die betrokke komitee in die Vrystaatse wetgewer versoek om dringend ‘n vergadering te belê met die LUR, Mxolisi Dukwana, om die aangeleentheid te bespreek en antwoorde oor die aangeleentheid te verskaf.

“Dit is ontoelaatbaar vir metropolisielede om die stad gyselaar te hou weens ʼn arbeidsaangeleentheid waarvoor daar interne prosesse bestaan,” het Van Deventer bygevoeg. “Die optrede van die metropolisie onderstreep die waarskuwing van die VF Plus dat ʼn metropolisie wat nie effektief bestuur word nie, in ʼn afvallige gewapende mag kan verander.”

Sy sê vanoggend se optrede het bewys waar uniforms, vuurwapens, knuppels en voertuie in die hande van onopgeleide mense geplaas word, dit in ʼn gevaarlike situasie kan ontaard.

Die publiek se ontevredenheid oor die eenheid spruit onder meer uit die feit dat 24 van die beamptes glo misdaadrekords het.

“Die VF Plus sal in die metroraad eis dat die aangeleentheid ondersoek word. Dit sluit in die misbruik van die metropolisie se voertuie en die optrede van persone in uniform.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Elizabeth ·

Vat hulle vas en skors hulle sonder salaris. Dink hulle regeer en kan maak en breek. In hul onkunde glo hulle die land behoort aan die ANC en alles is geregverdig.

Jr ·

Glorified car guards nothing else. Univorms laat die goed soos Rambo voel. Useless

Harley Davidson ·

VF+ moet onderhandel vir ‘n onafhanklike tuisstaat die regering is so bankrot hulle sal ‘n provinsie verkoop ,nou hou hulle hulself besig om ons op hoogte te bring van hoe vrot die ANC is ….ons weet dit wat is die alternatief?

annie ·

Die weermag en die polisie en die super-metropol-isie gaan sekerlik nou sorg vir ‘n rustige misdaadvrye bestaan vir Rosestatters? Alle rommel verwyder en elke brak in sy erf…. Strate sonder gate en ligte aan’t werk… Ok die munisipale loafers wat geskok nie by hul lessenaars kon uitkom nie. Nie sedert die groot reëns van 1902 was daar soveel opwinding in Bloem se middestad nie. Ek vergeet amper van die inwyding van die Tweetoringkerk… Nou ‘n charity shoppe…

Pierre ·

Is “vrede beamptes” nie veronderstel om ‘n etiese kode af te lê dat hulle die publiek sal dien en nie tot enige wangedrag sal toelaat nie?

Spook ·

Die woorde “etiek” en “verantwoordelikheid” bestaan nie vir die ANC nie

Misky ·

Dis nou vir wolf skaapwagter maak!!!! 24 met misdaadrekords en dan wonder hulle hoekom val dinge uitmekaar

Charl ·

Vir hierdie tipes is daar nie offisiële kanale wat hulle (veronderstél is om te) kan volg nie want…maak nie saak wàtter staatsdept. dit is nie, as hulle ontevrede is oor iets (énige verskoning is ‘n goeie verskoning) dan móét daar oproer, betogings en ontwrigting van óns gewone landsburgers se lewens wees solank die patete tog net hulle vloermoere kan gooi ! Ons moet hierdie gemors in hulle spore stuit want dís ‘n uiters gevaarlike situasie. Misdaadrekords ??

Di ·

Daar is oor en oor bewys dat menigte van die SAP lede kriminele rekords het. Glo dieselfde aanstellings prosedure word gebruik vir Metropolisie en Weermag lede ook. ANC kaders mos self korrup daarom doen hulle nie sekerheidsklarings op nuwe aansoeke nie.

Erika ·

How can someone given power/control if he cannot manage himself even or deal with such power in a responsible way especially when there is incompetency involved.

Kokerboom ·

Die titel Metro Polisie vanaf Verkeers[polisie was ‘n groot fout van dag een af!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.