Ondersoek geëis oor sekuriteitsminister se ‘renoster-bande’

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

Die polisievakbond, Popcru, het ʼn beroep op David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, gedoen om die waarheid te praat oor sy beweerde betrokkenheid by bekende onwettige renosterhoringsmokkelaars.

Dié beroep volg nadat Al Jazeera Sondag berig het Mahlobo het na bewering noue bande met ʼn beweerde Chinese georganiseerde misdaadfiguur en renosterhoringsmokkelaar, wat in Suid-Afrika woon. Die man het tydens ʼn onderhoud met Al Jazeera gespog hoe hy Suid-Afrikaanse justisie- en immigrasiebeamptes omkoop.

Volgens die berigte het Guan Jiang Guang, wat ʼn masseersalon in Mbombela in Mpumalanga besit, foto’s van homself en Mahlobo op sy selfoon aan die joernalis gewys. Guan het in die onderhoud gesê hy ken Mahlobo goed en dat Mahlobo al by hom aan huis gekuier het. Hy het bygevoeg Mahlobo besoek gereeld sy masseersalon. Mahlobo het die bewerings aan Al Jazeera ontken.

Popcru het Sondag beklemtoon die mandaat van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) is om inligting aan die regering te verskaf oor plaaslike en internasionale bedreigings wat nasionale stabiliteit kan versteur. Die vakbond het gesê aangesien renosterstropery as ʼn bedreiging vir nasionale sekuriteit gesien word, is Mahlobo se beweerde betrokkenheid by onwettige renosterhoringsmokkelaars ʼn ondermyning van die einste departement waarvan hy die hoof is.

“As die persoon, aan wie die verantwoordelikheid toevertrou is om Suid-Afrika se intelligensie te beheer, is hierdie bewerings ʼn reuse slag vir sy aansien in die samelewing, aangesien ons almal weet georganiseerde misdaad kan net floreer onder ʼn korrupte regering,” het Popcru gesê.

“As die mense wat daarvoor verantwoordelik is om hierdie misdade te ondersoek, vriendskappe smee met die mense wat die misdade pleeg, sal die publiek se vertroue in regeringsinstansies ongetwyfeld afneem. Ons doen ʼn beroep op die minister van staatsekuriteit om die waarheid oor hierdie bewerings te vertel en eis dat ʼn dringende ondersoek na die bewerings gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Rina ·

Beter kan niemand dit stel as jy Gerd Lourens! Ek sien ook uit daarna om te hoor hoe die geagte minister en sy gade hulle hieruit gaan verduidelik! Skande en ons Regering is groot verleentheid oraloor!

Frederik ·

Popcru het ‘n beroep op die minister gedoen om die waarheid te praart ?!! Ministers is veronderstel om altyd die waarheid te praat, maar tussen ons komrats is dit iets heel ongehoord.

Asjas ·

Hoekom is ek glad nie verbaas of geskok nie? My bloeddruk het nie eens gestyg nie, net nog ‘n dag in die nuwe SA …

KP ·

Hy moet dadelik sondef betaling geskors word, maar nou weet ons hulle is mos onaantasbaar.

m ·

ja kyk hierdie mense het darem ma almal geraamtes in die kas en hierdie ou s’n begin nou uit te val. Hy is seker deel van die renoster stopery en maak mijoene daaruit…….

Hendrik 2 ·

hoe kan die volk van SA die regering vertou as daar aanhoudend sulke dinge opduik. Hoe dink die mense wat steeds vir hulle stem. my kop is te klein om dit te verstaan

Takkie Takuuza ·

So sal hulle nog uitkom. Die hoog geplaastes, Die ouens wat keer dat die handel gewettig word, omdat hulle baat vind by die pryse wat dit haal as onwettige kommoditeit. As hulle die tonne renoster-horing wat agter slot en grendel is vekoop, sal die prys so val dat niemand geld maak daaruit nie.

Bernadette ·

Dis hoekom ons nie wen teen die stropers nie! Ek haat hierdie korrupte land!

Koos1 ·

Sy eerste kommentaar : Ek ken die ou nie.
Lyk my dit is standaard praktyk om te ontken in SA.
Zuma – Ek het nie kans gekry om te reageer nie staatskaping verslag nie. Bandopname bewys verkeerd.
Brian Molefe – Ek was nog nooit by die Guptas nie. Hy het bedank en die bewyse is daar (skuus, my het gaan drink daar naby!).
Dis net die afgelope week.
Die Chinese ou het fotos as bewyse voorgelê en die minister se nog steeds dat hy hom nie ken nie. Ek is 100% van mening dat al ons ministers en president dink die SA publiek is onnosel en hulle dink dat alles wat hulle sê word goedmoeds as die waarheid aanvaar!
Baie Dankie aan die joernalis(e) dat julle sulke stories doen, dit lê die waarheid bloot in die ware SA!

Jan maak n Plan ·

Met die klomp liegbekke sal daar niks gebeur nie.

GES ·

Nog ʼn stink reuk van korrupsie. En spog nogal daaroor eish… eish.

neelsie ·

Sit druk op die minister om die waarheid te praat ,hy lyk nie geloofwaardig nie.
Hy sal wel die Molefe paadjie loop.
Sulke huigelaars het ons nie nodig nie!

Grassie ·

Die ANC is tot in sy diepste kern verrot, dit is waarom Zuma se korrupsie en onbevoegdheid vir hulle aanvaarbaar is. Diegene van ons wat voor die vorige regering se kapitulasie daarteen gewaarsku het is as “verkramptes” afgemaak – nou sit ons nasate met die gebakte pere. Hierdie vrot regering gaan nooit vrywillig hul mag afstaan nie, al verloor hulle ‘n verkiesing. Ek herhaal weer – daar lê vir ons bittere tye voor.

callie ·

Die ou is hoof van veiligheid. Was seker “under cover” en gaan nou koerante dagvaar omdat sy lewe nou in gevaar is.
Onthou Jacki Selebi. Het sulke dinge iets met ras te doen, kan die “kenners” help

Anoniem ·

Ons nuwe OB wil mos net nuwe sake ondersoek. Nouja, sy kan sommer hiermee begin. Ons hou haar vordering met die saak met ‘n valkoog dop…

Jean ·

Geen wonder hulle kry nie die probleem hokgeslaan nie, daar is hogere mense na bewering hierby betrokke. Ons veg aan die een kant teen die renosterstropers en aan die ander kant sit hoë koppe en kollekteer die geld. Nee a, wat ‘n skande!!

M'Lady ·

Het die program gekyk. “The poachers pipeline” My mond het letterlik oopgehang oor hoe maklik die hele operasie uitgevoer word. Vanaf die skiet van die rensoster tot die horings by die eindverbruiker uitkom. Die horings word ook in diplomatieke sakke geplaas want dit word nie deursoek nie. Die beste van alles is dat al hierdie kriminele los rondloop. Dit help nie om die “poachers” op die grond te vang nie, die hele lot tot bo moet gevang word. Absoluut skokkend.

Uvonka ·

Peek a boo, I see you!!! Sal baie interessant wees om te hoor hoe lieg hy homself verder uit die uit. Hulle dink natuurlik as jy in ‘n magsposisie is en dit misbruik, jy untouchable is. Helaas gaan natuurlik ook weer niks hiervan kom nie.

Riaan ·

GJ de C K,
Baie dankie vir die insigewende ‘link’ tot n baie intresante punt.

Aitoggie ·

Die berig praat van “sal die publiek se vertroue in regeringsinstansies ongetwyfeld afneem.” Neem asb kennis, daar is reeds ALLANKAL geen maar geen vertroue in regeringsinstasies nie.

Maria Van Dieweeck ·

Geen gewete, geen selfbeheersing, geen genade.

Thyskotze ·

Ja stem saam laat die OB dit ondersoek sien of sy geloofwaardig is ek dink dis goeie toets

foxi ·

Mense julle almal verstaan verkeerd! Dit is nie hy nie……..nooit nie! Dis n tokkelossie wat in sy gedaante is……………ai man!!!!!!!

GJ de C K ·

En wat van Robert Huang se noue verhoudings met die huidige en ál die voormalige pesidente van die Nuwe SA? Is dié minister nou die “fall guy” of gaan ál die wurms nou uitgelaat word?

Oops – lyk of die “Madiba image” se krakies meer word…

Niccy ·

Vat hom flaffie!! Die man jok mos nou want hoe nou gemaak as jy hoof van ‘n afdeling is en weet hoeveel ‘n renoster horing mens in die sak kan bring. Dis mos soos om ‘n wortel voor die donkie se neus te hou

Scalla ·

gelukkig jok n foto nie, tot die intellegensie word vasgevang op kamera

wilma ·

Govt officials is klomp liegbekke. Korrupte spul. Hoop mense wie kon emigreer besef hu gelukkig hul is. Wie wil n govt het vol liegbekke. Die massas vertrou sooooo opi govt

Oupa D ·

Lieg, lieg, lieg……. Hy’s so skuldig soos die hel! Die foto’s kan mos nie jok nie – en sowaar, hy ontken dit! Nog ‘n Zuma-kornuit wat ons land verwoes!

Henk ·

Is dit dalk ook die rede waarom die manne wat die renosterhorings uit MTPA Nelspruit se kantore se kluis gesteel het, nog nie gearresteer is nie? Ek dink 25 horings as ek reg onthou? Horings waarvan slegs ‘n handjie vol mense geweet het.

Oom Kalahari ·

Sjoe, maar dit gaan te lekker met al die Korrupsie op hoë vlak. Dit gaan net oor mag, geld onderdrukking, vertrapping, ontkenning en uitbuiting. die eerste optredes is altyd ‘ontkenning’ tot alle waarhede op die lappe kom, dan is dit weer, dit lyk soos ek, maar is nie my foto nie of die materiaal is saamgestel om my in onguns te bring. Die soustrein vier tans hoogty.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.