Ondersoek gelas na aankoop van SAUK-argiewe

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die raad van die SAUK het Donderdag gesê hy het opdrag gegee dat ʼn onmiddellike ondersoek gedoen word na bewerings dat die SAUK-argiewe vir ʼn fraksie van die prys aan die Guptas verkoop is vir gebruik deur hul televisiekanaal, ANN7.

Dié bewerings het aan die lig gekom in Rajesh Sundaram, voormalige redakteur van ANN7, se boek, Indentured: Behind the Scenes at Gupta TV.

Sundaram beweer in die boek Laxmi Goel, ʼn uitvoerende beampte wat gehelp het om ANN7 vir die Guptas te begin, het die plan beraam om die argiewe te koop.

“Hy het vir my gesê die Guptas het toestemming by die staatsuitsaaier gekry om hierdie waardevolle argiewe te koop. Die SAUK het planne gehad om hul eie 24/7-nuuskanaal te begin, maar hulle was gewillig om hul argiewe teen ʼn goeie prys aan die Guptas te verkoop,” beweer die boek.

“Ons ken die mense by die SAUK, so ons sal beeldmateriaal teen ʼn baie lae tarief ontvang. Jy moet seker maak dat alle beeldmateriaal wat van geskiedkundige belang is by die SAUK ingesluit is in die 100 uur-grootmaat-transaksie wat ons beplan om met hulle aan te gaan,” het Goel na bewering aan Sundaram gesê.

Die boek vertel verder hoe ʼn video-bibliotekaris van Indië af na die SAUK gestuur is om beeldmateriaal te digitaliseer en weggestap het met “60 ure se beeldmateriaal van onskatbare waarde”.

Die SAUK-raad het gesê hy het die bestuur opdrag gegee om ʼn forensiese ondersoek van stapel te stuur.

“Die raad sien hierdie bewerings in ʼn baie ernstige lig en het die bestuur opdrag gegee om ʼn in-diepte forensiese ondersoek te doen en ʼn verslag aan die raad te oorhandig,” lui ʼn verklaring.

“Die verslag, asook ander relevante inligting, sal ook aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping oorhandig word vir gebruik in die kommissie se ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nettie ·

En as hulle die skuldiges kry ……………………..wat dan ??????

marous ·

Waarom moet die geraamtes eers op die regering se openbare koek tafel gegooi word voordat hulle pateties reageer? Want hulle is almal deel van die stropery!

Birdie ·

AG wie gee om .. ek het nog nooit die SAUK vertrou nie nog minder Nuus24 en Kie .. almal kop in een mus …DAAR GAAN NIKS VAN KOM NIE . absoluut niks nie .. niks gaan gebeur met die skuldiges nie, hulle gaan saam om die kookpot sit en die wit paddas kook en shampagne drink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.