Ondersoek gelas ná beamptes pa, kind gryp

Die pa hou sy seun vas nadat een van die beamptes die seun aan sy hand gevat en met hom begin wegstap het. Foto: Skermskoot uit die video.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het waar ʼn pa en seun hardhandig deur beamptes hanteer word.

Die KwaDukuza-munisipaliteit het in ʼn verklaring bevestig hy is bewus van die video wat wyd op sosiale media versprei word en glo op Shaka’s Rock in Ballito, KwaZulu-Natal, geneem is.

“Ons wil dit dadelik duidelik maak dat ons geen vorm van geweld teen ons inwoners, veral vroue en kinders, aanvaar of toelaat nie.”

In die video stap twee beamptes by ʼn woonkompleks in en vat een van die beamptes ʼn seuntjie aan sy hand en begin hy met die seun wegstap. Die seun se pa kom agterna gehardloop en probeer sy seun by die beamptes afvat. “Haal julle hande van hierdie kind af. Iemand bel die polisie,” skree die man wat die video neem.

Die pa vat die kind by die beamptes af, waarna hy geboei word. Die kind hardloop huilend weg terwyl ʼn vrou met nog twee kinders nadergestap kom. Die beamptes staan dan met die geboeide man by die hek van die kompleks terwyl kinders in die agtergrond huil.

Beamptes staan met die geboeide man by die hek. Foto: Skermskoot uit die video.

Volgens die munisipaliteit is hy tans besig met ʼn interne ondersoek om die feite rakende die voorval vas te stel en neem hy kennis van die “emosionele kwessies” wat die video ontlok het.

Die munisipaliteit sê verder hy sal ʼn amptelike verklaring uitreik nadat hy met al die belanghebbendes in verbinding was.

“Ons doen ’n beroep op kalmte en samewerking in ons gemeenskap, terwyl ons probeer om hierdie saak te hanteer.”

Die video is wyd op sosiale media versprei en het hewige reaksie uitgelok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Pio ·

Hierdie beamptes moet nie oor die vingers getik word nie, hulle moet tronk toe. Alhoewel, dan word hulle die volgende dag vrygelaat sodat hulle nie siek word in die tronk nie. Soos ‘n vriend van my sê, poep teen donderweer.

Werner ·

Dit is nou net daar waar daar twee nuwe openinge by die metro polissie geskep word

Pierre ·

Duidelik van die “amptenare” wat op ‘n magsvertoning is en dink hulle is bo die wet. Self ondervind met 2 wat ons buurt patroleer het. Ongelukkig het hulle nie geweet ek is bevriend met die lokale stasie bevelvoerder nie..

Remlut ·

so die stasie bevelvoerder moet jou help met onwetige optrede ?

Pieter J ·

ń Kind van hierdie ouderdom kan mos nie gearresteer word nie so wat was hul planne met hom. Hierdie lyk glad nie goed nie.

Tino ·

Presies, dit was om die pa uit te lok en hom dan te arresteer en te traumatiseer

Johannes ·

As die metro op torts, Dan moet die gemeenskap klam wees en hul samewerking gee.

Wat is die metro’s se samewerking en hoekom is hulle nie kalm as hulle hardhandig optree nie?

Hoe kon hulle in elke geval ‘n minderjarige kind arresteer?

Pompies55 ·

Rassisme!Wittes word geteiken!Lyk my een amptenaar is sonder masker?

Patches ·

So ironies. Daar is hoeveel ander wat die wet REGTIG oortree , maar word nie arresteer nie. Sjebeens en haarsny plekke in die township naby ons dryf nog reg deur handel. Ek dog daar is n verbod daarop? Hierdie hele lockdown raak nou belaglik en as jy na die syfers kyk help dit regtig nie veel nie. Al wat die ANC regering reggekry het is om n reeds sukkelende ekonomie verder te vermorsel en die belastingbetaler moet maar pa staan vir al die ekstra toelaes wat uitgedeel word om nie eerste praat van die werkergewers wat Ters geeis het vir hulle werkers en dit nog nie gekry het nie!!!

Elméne ·

Ek sien ook in Evander is swart besighede oop soos vrouens wat naaldwerk doen!!!

Anoniem ·

Die dae wat die polisie die publiek beskerm is verby. Sodra jy jou eiendom verlaat is jy jou lewe nie meer verseker nie.

Andre ·

Dit klink meer na wettige kinder-ontvoering wat nog beskerm word ook.

david ·

Aaan die uniforms geoordeel, is dit nie SAPD lede , maar die plaaslike polisie…….
Dit lyk vir geoordeel aan die hoeveelheid klagtes VOOR en nou tydens Corona
dat hierdie ‘n spesie is wie se “magte” baie vinnig ingekort moet word.
Ons het reeds in Pretoria die Kymie du Toit geval wat blykbaar nog nie opgeklaar
is nie. en ook die professor van Unisa wat ook hardhandig behandel is. Dit is maar
die mees onlangse gevalle.
Daar is ook ander soortgelyke gevalle.
Daar is reeds genoeg ergernis teen die regering–laat hierdie mense hulself
liewers bepaal by verkeersaangeleenthede..!

Deon ·

Hierdie polisielede is of oningelig, óf neem eenvoudig reg in eie hande deur hul onwettige optrede (boonop sonder die vereiste gesigmaskers!). In ons omgewing is daar selfs polisielede wat drank en sigarette verkoop!
Wat méér kommerwekkend is, is die feit dat lede van die gemeenskap uit ALLE rassegroepe nou begin moeg raak hiervoor.
Die oorgrote meerderheid van Suid Afrikaners is wetsgehoorsame burgers en ons weier om soos kriminele behandel te word.

Eugene ·

Ondersoek is goed solank dit voor die einde van die dag afgehandel word en ‘n verklaring uitgereik word

Janc ·

Hierdie is net weereens ‘n duidelike voorbeeld van magsbehep. Hierdie hele inperking is belaglik en om van naar te word! Ons sit met onbevoegde beamptes wat absoluut nie hulle medemense kan / wil beskerm nie. Ons sit met ‘n president wat sjoepstil is oor wat volgende gaan gebeur en ons in die duister hou. Maak hierdie ekonomie weer oop en laat hierdie virus sy gang gaan en elke ou is maar aanspreeklik vir sy eie veiligheid! Mense kom bymekaar voor die hofverrigtinge waar daar geen social distancing toegepas word nie, in die teenwoordigheid van polisie beamptes, die townships operate soos normaal, spaza shops word oopgemaak, taxi’s kon gedurende level 5 al rond rits…. So vra jouself die vraag, waar lê hierdie regering se belange. Hier is ons getrou in ons huise gedurende inperking, betaal getrou ons belasting en doen wat reg is…… Wat kry ons terug van die Regering? NIKS.

Lukie ·

Slegs een wat erger as ‘n boef is en dit is ‘n “boef in ‘n uniform”!

Lizanda ·

Keer op keer op keer hoor ons hoe ons ons samewerking moet gee terwyl daar openlik teen ons gediskrimeneer word, ek is moeg, siek en sat daarvan, en ek is seker ek is nie die uitsondering nie!!!!

MAGRIETHA ·

Kom ons kyk hoe ernstig is hulle oor kinder mishandelling want dis wat dit is . da nou duisende kindertjies wat op hul senuwees en bang gaan wees as hul die mense in uniform gaan sien hoop kinders in omgewing gaan berading kry

Debbie ·

Goeiedag Maroela Media. Sal julle asseblief verdere ondersoek doen? Hou ons asseblief op hoogte van hierdie saak.

Adam Adriaan ·

Los die regering en al hulle kaders. Huule wette en magsvergrype gaan hulle self so vashou dat hulle hul self gaan doodspartel

Deon ·

Ons kan nie meer hierdie net so aanvaar nie…ons sal op n kol ons “ek wil nie betrokke raak nie” houding moet stopsit, een een beteken ons niks. As daardie in township buurt was dan sou die video heel moontlik anders gelyk het… Ons is geleer om beskaafd te wees maar beskaafde mense en onbeskaafdes se reels verskil. As jy in kaanan is maak soos die kananiete

Nie Verbaas ·

As amptenare nou al kinders teiken in hulle “magsvertoon”. Ek hoop hulle kry wat hulle toekom. Mens kyk met veragting na hulle.

Jaco ·

Ek wil 2 dinge weet:
1. Sou die metropolisie diezelfde teenoor n swart kind opgetree het?
2. Maroela is n Afrikaanse nuuswebwerf. So dit bevat talle meestal wit mense se klagtes oor inperking en die gevolge daarvan. Maar wat van swart mense? Kla hulle ook?

Debbie ·

Sal interresant wees as Maroela Media navorsing daaroor kan doen.

Deon ·

Die paar wat ek mee kon kommunikeer is ook nie te gelukkig nie, ek kom ook agter hulle is nie so 100persent op hoogte nie… Kort termyn sienings, verstaan bv nie die impak van die negatiewe ekonomie en so aan nie… Dis baie kommerwekkend

Willem ·

Ek weet regtig nie wat probeer die wetstoepassers bereik met hierdie tipe optrede in die tyd nie, ons is almal in dieselfde booitjie en het nie sulke optrede nodig nie.

Raadslid ·

Dankie VF Plus vir die vinnige wyse waarop die saak op die hoogste vlak gerapporteer is. Ons weet nou dat julle die saak sal monitor en sal toesien dat geregtigheid geskied.

Termiet ·

Vandat die anc begin het met hulle agresiewe lockdown het ek ‘n volwaardige rasis geword.

Ronel ·

As jy lees en hoor wou die beamptes n kleuter inhegtenis neem! Arresteer! ‘N KLEUTER ARRESTEER!!!! WAAR IN DIE SIEK SUID-AFRIKA HET IEMAND AL VAN SO IETS GEHOOR!!!!????? Nou gaan die Munisipaliteit seker die saak toesmeer en verdraai! Dis die man se privaat eiendom en wie gee die beamptes die reg om ‘n kind so aan die arm te gryp en net te stap? Nee…….hulle wou seker die kind ontvoer en gooi hulle uniform voor om weg te kom met alles! Al hoe meer geweld ontstaan by die EMPD en Polisie en gebruik COVID-19 deesdae as ‘n vrot verskoning wat my al so naar het!

Danie ·

Hierdie is presies wat rassehaat aanblaas. Hoe kan enige normale mens na hierdie video kyk en dan nie hier in sy binneste wese n afsku en haat opbou nie. Ja ek weet in die apartheid era het die blankes dit gedoen, maar daar is n nuwe blad omgeslaan in 1994 en ons het vorentoe beweeg, ons het gedoen wat gevra is van ons, ons het gehelp en help nog steeds om hande te vat maar as ek sien wat nou gebeur dan is dit maar net n omswaai van waar die swartes nou rassisme toepas. Waar is die kamstige reenboog nasie. Jammer daar sal nooit een wees nie. Die land is voor die covid alreeds in armoede gedompel deur die huidige regering en dinge gaan nou net erger word. Swart teen wit en wit teen swart. Nooit sal daar werklik n eenheid wees tussen die twee nie want ek weet wie ek is en ek weet waar kom ek vandaan en waar gaan ek heen. Eengragt Maak Mag.

Cornelia ·

Hierdie is ‘n baie hartseer ding wat gebeur het, daardie klein kind moes nooit bloot gestel gewees het aan sulke wrede behandeling nie, en toe neem hulle boonop sy pa in hegtenis !!! hy sal dit nooit in sy hele lewe vergeet nie, hierdie kind moet sielkundige hulp kry en baie vinnig ook. Sterkte vir julle.

Sam ·

Hierdie kind is nie geregtelik vervolgbaar nie. Hy sal nie verstaan as hulle hom sy regte sou voorlees nie. Verder het hulle ook nie sy regte voorgelees nie. Hierdie absolute domastrante optrede van hierdie twee donkies is dus niks anders as ontvoering nie. Ek hoop hulle is reeds afgedank. Ek het gedink dat die polisie, munisipale polisie en SADF IK toetse doen voordat hulle lede aanstel.

Corne123 ·

Hierdie is uiters ondstellend wat as oa sy kind nie gehoor het nie het hulle n slasbrief getoon klink nie so nie nou my vraag as die pa geweld gebruik het om sy kind se lewe te verdedig was hy in nog meer moeilikhied so so traagies

Lorna ·

Genugtig hoe woedend is ek nou
Die 1 lid nie eers masker aan nie
Fire hulle hul is onbevoeg of was dit weer rasgedrewe
Maar pappa gaan maak n saak en wurg die wit waks uit hulle
Kom mnr hoed waar is jy nou

MakersMark ·

Vra die kinder arresteerders om ‘n regte krimineel te vang.

Tessa ·

Ek het nog nooit op Maroelamedia kommentaar gelewer nie, maar hierdie is skokkend. En as dit is oor maskers dan moet die een beampte ook geboei word en in die tronk gegooi word. Skokkend!!! Hulle kom by ‘n hek in waar mense bly, hulle dra self nie almal maskers en dan gryp hulle ‘n klein kind. Skokkend!!! Ek hoop daar word met hierdie mense afgereken. Wees redelik en doen die werk reg, en dra jou masker, al is jy ‘n beampte.

Emily ·

Die probleem is helfte nee jammer omtrent 80% van hulle het geen opleiding nie, Die werk is vir hulle gegee omdat hulle iemand Ken.
As die storie waar is, moet daai pa asb n helse eis instel.
Hulle gebruik hulle uniforms om ons te ondermyn, Oral waar jy kyk ruk die korrupte goed handuit.
Ek wag dat een van hulle aan my raak, want ek sal Hoedjie en sy hele span sue.
Die lockdown is buite beheer. Wat maak ou CR, net mooi niks, wanneer laas was hy op TV, Ons sit in die donker en hulle hou makietie. Ek en ek dink duisende is nou dik vir die speletjie, Ons word ore aangesit.
Hier is iets anders aan die gang.
Bring ook ons sigarette en drinkgoed terug, mense hou lankal nie meer by die ou se stupid reels nie.
Ek gaan nou uit en ek gaan aan soos voorheen, jammer ons kantoor is gesluit anders was ek al daar. Toe daai klomp soldaatjies ontplooi was moes ons al snuf in die neus gekry het.

Remlut ·

Groot respek vir die beamptes wat hulle werk doen. Baie mense gee nie n snert om oor hulle onwettige optredes nie, nog erger dan sleep hulle die kinders ook daar in. Het DIE WIT mense geen verstand nie ?

Andre ·

Die MRK het seker reeds ‘n vergadering gehou en die skuldiges aangekla. Hulle is baie vinnig waar wit en anderskleuriges betrokke is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.