Ondersoek gelas ná swart seun glo swembad belet is

Die swembad by die Klipspringer-gasteplaas en -woonwapark in Modimolle. Foto: Facebook

Die swembad by die Klipspringer-gasteplaas en -woonwapark in Modimolle. Foto: Facebook

Die minister van toerisme het ʼn ondersoek gelas ná ʼn beweerde voorval van rassisme by die Klipspringer-gasteplaas en -woonwapark in Modimolle (Nylstroom).

Min. Derek Hanekom het sy departement se regspan opdrag gegee om die beweerde voorval na die Menseregtekommissie te verwys vir ondersoek.

Die Pos het vroeër berig dat ʼn 15-jarige swart seun glo op Nuwejaarsdag deur die eienaar van die gasteplaas gevra is om uit ’n swembad te klim. Die seun was daar saam met Arrie van Rheede en sy gesin, by wie hy al drie jaar woon nadat sy ma, wat die gesin se huishulp was, siek geraak het.

“Ek kan net dink watter vernedering en pyn enige persoon sal voel in dié omstandighede, wat nog te sê ʼn kind wat die feestelikheid geniet. Die geveg teen rassisme is nie onderhandelbaar nie,” het Hanekom gesê.

“Sommige vorme van rassisme word steeds deur ʼn klein minderheid  beoefen. Sulke optrede hoort nie in ʼn demokratiese samelewing wat gedryf word deur die waardes van gelykheid en nierassisme nie.”

Praveen Naidoo, Hanekom se woordvoerder, het gesê die voorval is Woensdag amptelik by die Menseregtekommissie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Michael ·

My opinie is dat dit nie reg was om dit te doen nie. Wit kinders word net so verneder wanneer hulle nie werk kry oor die kleur van hulle vel en wanneer staatsburgerlike nie vir hulle gegee word oor die kleur van hulle vel nie,so minister Hanekom wees konsekwent met jou ondersoeke

Knersus D ·

Goeie punt Michael. Vernedering met BEE en ook dat Nedbank my uitgesluit het van preferential shares omdat ek wit is. En ek sukkel om tenders te kry… omdat ek wit is. So, donker seun, kry vir jou. En…. Hanekom, jou agterent! Ek sal die oord ondersteun….

david ras ·

Groot lawaai oor ‘n klein maar onnodige insident.
Maar gaan die Heer Hanekom dalkies by die MRK kla oor DUISENDE BLANKE STUDENTE wat verbied is om hulle studies voort te sit deur ‘n klomp gewelddage SWART STUDENTE ?
Dieselfde beginsel of hoe ?

Elizabeth ·

Hier gaan ons al weer.
Michael ek stem 100% saam jou.
Ken hulle ook die vernedering as jy wat niks met apartheid te doen gehad het saam 10 ander aansoek doen maar net jy word uitgesonder,omdat jy wit is is hier nie plek vir jou nie.
Ou Hanekom was lank stil..hy wil ook nou kekkel.
Of hoe sê die spreekwoord.
Elke Haan-ekom kraai koning op sy eie mishoop.

Berhalet Beukes ·

Ek sou graag die ander kant van die storie wou hoor. Die hele land is totaal en al in ‘n greep van heksejag teenoor blankes vasgevang en ons moet maar ja en amen sê of ons word van rassisme aangekla. Alles is kamma rassisties georiënteerd en tóg weet ons almal dis ‘n siek lieg spul. Die reg van toegang word sekerlik voorbehou of gaan die staat ons vertel wat ons ons eiendom moet doen wat ons voor betaal?

anne ·

Mnr Hanekom, hoeveel van ons blankes word ook op ‘n daaglikse basis by die skole en werk so behandel en geen haan kraai daaroor nie, dis tyd dat julle bietjie konsekwent begin optree regtig! Kyk bietjie in Johannesburg omgewing naby nuwe jaar op die brue en lamppale hoeveel ”Blacks only” partytjies geadverteer word. Sou n blanke wel opdaag sal hulle hom beslis nie nooi om te bly nie.

Party animal ·

Wat sou jy in elk geval daar wou maak AS jy dan genooi word Anne ?

anne ·

Vermoed ook daar was in die geval moontlik wangedrag betrokke

Flintstone ·

Ek stem saam dat die saak ondersoek moet word.Maar doen dit tergelyketyd teenoor Woolworths ,SAL ens.met hulle indiensnemingsbeleide.Indien nie,vergeet van hierdie voorval.Ek is steeds van mening dat hierdie regering se inkonsekwente(moedswillige?) optrede,die direkte oorsaak van rassespanning in ons land is.

Gideon ·

Ek voel jammer vir die kind, maar so voel ek jammer vir my eie kinders wat oor hulle wit velle al hoeveel keer al weg gewys is, by werksonderhoude!!

Trolle ·

Dit was verkeerd om dit te gedoen het maar ek weet nie hoekom daai ouers juis daai plek moes uitsoek om te gegaan het nie.Ek myself weet daar is duisende plekke waar ek glad nie welkom sal wees omdat ek wit is,so ek bly weg daar.Ek is dan nie eens welkom in my eie land waar ek gebore is nie,daai ouers van daai kind het hom misbruik om daarheen te gegaan het of meskien is dit nog net die helfte van die storie dat daai kind iets verkeerd gedoen het.

Dom Boer ·

Presies. Ek kry die kind ook jammer, maar dit is die mense wat hom soontoe geneem het wat hom verneder het. As hulle hom aangeneem het, is dit vermetel van hulle om van die hele wereld te verwag om hom ook aan te neem.

Trots Afrikaans ·

Of Boesman (Bushman), die Afrikaanse alternatief sou wees: Hier gaan ons weer….

Gerda ·

Ag asb soek hul nou weer aandag. Beslis sal hy nie verniet gevra word om uit te klim nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Alida

Kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word ongelukkig verwyder.
Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie uitgevee word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Antoinette ·

Ek stem dit was nie reg nie, maar elke storie het 2 kante. Indien die eienaar klagtes ontvang het, het hy reg opgetree. Indien nie, was hy verkeerd

Karel Sieta ·

MM het ‘n gewoonte om kommentaar te sensuur ….. kry julle dalk ‘n staatstoelae dat julle so polities korrek is met wat julle toelaat in die kommentaar veld ?

Sune van Heerden ·

Dagsê Karel

Dankie vir jou navraag. Maroela Media se bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname is opgestel in oorleg met regskenners om seker te maak dat ons en ons lesers daardeur beskerm word. Ek hoop jy kuier tog lekker verder op Maroela, al is ons streng met ons kommentaarbeleid.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jade ·

Soveel “tit for tat”. Snaaks ons noem ons selfs kinders van YHWH ek wonder wat sou Hy se oor ons snottie kommentaar oor ‘n swembad. Regtig mense gaan dood van die honger, het nie huise nie, Bokom Haram maak christene links en regs dood en hy het ‘n issue met ‘n kind in ‘n swembad, Groot van hom.

Jan maak n Plan ·

Het erens gelees die kind het sonder ouer toesig geswem. Daar is blykbaar ‘n bord wat mens daarteen verbied. Ek dink ook daar is so bietjie oor reageer om die kind uit te jaag. Maar soos daar gese word daar is altyd twee kante van n storie.

Adeline ·

Mense is baie vinnig om die dam onder die eend uit te ruk, dalk was die kind uit die swembad gejaag oor ander redes? Dalk was hy stout en het reels verontagsaam, reels vir ander en sy eie veiligheid?

Rina Pretorius ·

GEEN KIND MAG IN ENIGE SWEMBAD SWEMBAD SWEM SONDER BEHOORLIKE TOESIG VAN SY/HAAR OUERS NIE OF IEMAND WAT KAN SWEM EN DAAR IS OM TOESIG TE HOU. SO WAT OOKAL, DIT SOU MET ‘N WITKIND OOK GEBEUR HET AS HY/SY DAAR WOU SWEM SONDER OUER TOESIG. GEEN RASSISME HIER TE SIEN NIE, NET VEILIGHEID VIR ENIGE KIND

Sorika ·

Al wat ons elke dag lees is oor rasse verskil. Deel dan die land in verskillende dele en gee elke ras sy eie stukkie in die son met eie regering. Almal sal seker dan tevrede wees.

Francois Engelbrecht ·

Om te oordeel aan die foto van die swembad, raai ek almal aan om uit daardie vuil swembad te bly, totdat dit op standaard is. My insiens is die kinders beter af om daar weg te bly!!

Liewe lulu ·

15 jariges kan na my mening sonder toesig swem, mits hulle wel kan swem. My kinders van 12 en 13jr swem sonder toesig, want hulle kan swem en het ook swem opleiding gehad

Swartskaap ·

Onderdruk deur apartheid.1) Verpligte weermag2)Vakleerlingskap 4jaar ,word soos ń hond behandel.3)Gekwalifiseer as ambagsman .Mag nie ń huis groter as 134vk.meter koop nie .Geen toegang na bestuur se kombuis en toilette.4)Geen Afr. toegelaat in w/plek.5)Saans moet jy dubbel seker maak alles is gesluit,4keer al beroof.6)Wat is die doel om op die AARDE te wees? Geen werk geen taal geen land of eie volkslied.

Martin ·

Kom ek help die sot reg wat die klag gaan le het. Ons was ook daar daai tyd en ons het ook swart kinders saam ons gehat en was ook al voorheen daar en die Eienaar het nog nooit n probleem gehat nie. So ek stel voor vra die seun wat het hy aangejaag. Dit al te maklik om te se ja rasisme is die oorsaak ek se nou vir jul die is nie die geval nie.

Leeutjie ·

Martin ek stem 100% saam met jou. Die sot wat die klag aanhangig gemaak het, het weer ‘n kan met wurms oopgemaak. Sommige goed moet geensins eers die koerante haal nie. As die media rassistiese nuus blok gaan die rassehaat nie aangewakker word nie. Een appel kan ‘n hele kis vrot maak!

Wouter Heymans ·

My seun het laasjaar matriek geskryf en met 7 onderskeidings geslaag met n gem van 91%. Ons het by Vodacom en vele meer aansoek gedoen vir n studie beurs. Hy leer rekenaar ingeneurswese aan die PUK. Maar elkeen van hulle het gesê hulle mag nie beurse aan wit studente gee nie. Wat is dit anders ?

Jackie mostert ·

Nee mense die volle berig daai seun was saam sy (boetie) witmense in die swembad . So as julle nou gaan kuier of gaan uit eet saam medewerkers en hier kom die eienaar van die eetplek en vra jou om sy perseel teverlaat …….. Wat sal jou reaksie wees ? RASISME? HOEKOM ? Wat moes die seun doen ? En sy (witboetie) het ewe saam uitgeklim want wat moet hy doen ? In die swembad bly omdat hy wit is ? Nee julle mense dink net aan een deel en dit is kleur julle moet dink aan samelewing , omstandighede en hoeveel eintlik geraak is in die geval nie net kleur nie . Ons skole is wit en swart wie vra jy om die klas teverlaat ? Wit ? Swart ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.