Ondersoek gevra na gedrag van Netbal SA-president

(Argieffoto)

Die burgerregtegroep AfriForum het Netbal Suid-Afrika gevra om die beweerde gedrag van sy president te ondersoek nadat die organisasie klagtes ontvang het dat dié liggaam se hoof, Cecilia Molokwane, haar glo wangedra en rassistiese uitlatings gemaak het.

Henk Maree, AfriForum se woordvoerder oor sport, het gesê Molokwane het die uitlatings glo by die Spar-vrouekampioenskap in Augustus vanjaar gemaak.

Volgens hom het haar uitlatings glo ingesluit dat wit spelers net in die span is weens die kwotastelsel en nie in die span behoort te wees nie. Sy het ander mense glo aangehits om sekere spelers op die baan te beseer, het glo negatiewe kommentaar gelewer wat die waardigheid van spelers aangetas het en het glo opmerkings gemaak wat op ras gegrond was.

In ʼn prokureursbrief aan Netbal SA sê AfriForum die bewering teen Molokwane is uiters ernstig en, indien waar, bring dit die goeie naam wat netbal het in gedrang.

“Molokwane se optrede en uitlatings is totaal en al onaanvaarbaar. ’n Mens sou verwag dat iemand in haar posisie eerder sou probeer om netbal in Suid-Afrika te bevorder, maar in dié stadium wil dit voorkom asof sy slegs daar is om sekere spelers te bevoordeel,” het Maree gesê.

Maree sê AfriForum ondersteun ook tans Marguerite Rootman, die voormalige afrigter van die Baobabs, nadat sy glo deur ʼn ongekwalifiseerde swart afrigter vervang is. Maree het gesê die afrigter wat Rootman vervang het, is slegs ʼn soganaamde vlak 1-afrigter, terwyl ʼn afrigter minstens ʼn vlak 2 moet hê om vir die Telkom-liga te kwalifiseer. Die opdrag hiervoor het glo ook van Molokwane gekom.

Hy sê dit is een van verskeie voorvalle wat AfriForum tans ondersoek as deel van die organisasie se breër veldtog vir regverdigheid en gelykheid in Suid-Afrikaanse netbal.

Die organisasie wil ook die Internasionale Netbalfederasie by sy veldtog te betrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

TLC ·

Nou wag ons net om te hoor wat het Rassie se opvolger te se oor RUG…….. o koek nou het ek RUGPYN

Amanda ·

Dit het al jare terug op skoolvlak begin!!! Daar mag net 1 of 2 blanke kinders gekies word vir provinsiale spanne!!! Hoe onregverdig is dit nie!! Proewe word gespeel, maar die besluite is reeds vooraf geneem. Dit breek ons kinders, kan netbal S. A nie maar net soos die Rugby regverdigheid hê nie!!! Dalk wen ons Netbal span ook eendag n Wêreldbeker!!!

Mary-Anne ·

Die SA netball span het reeds vroeer vanjaar die wereldbeker gewen.

JSO ·

@Amanda – Die netbalspan het al reeds die Wêreldbeker gewen vroeg diè jaar.

James ·

Wit is nie welkom nie. Soos hulle gese het wittes is onwelkom gaste van die land.

sannie ·

Dit is maklik om te besluit wat met haar moet gebeur. Sy het rassisme gebruik teenoor wit spelers en ek neem aan wit spelers moes seerkry. Daar was al baie sulkes. Maak net van haar ‘n voorbeeld.

Janee ·

Die SA Netbal het nie die Wêreld Beker gewen nie, maar was 4de. Hulle het wel onlangs die Africa Cup gewen.
Netbal is al op skole vlak n klug.

Gert van Wierdapark ·

Die ietsie wat die een dalk van net-bal af weet, het ek al vergeet. Seker lekker saam vakansie gehou vroeer die jaar tydens die Netbal Wereldkampioenskappe in Brittanje! Rooi Kaart!

Ekke ·

Almal se koppe het te groot geword! En so word die kring al groter en groter!

Joe ·

ons moet maar ons eie ligas begin en ons eie spanne kies …almal wit …..en dan maar op toere gaan, wereld sal gou agter kom die ‘ander ” spanne is nie lekker kompitiesie nie en sal eerder teen ons spanne in ons liga speel……Noem hulle nie SA spanne nie maar sommer net enige naam en gaan toer en geniet die sport, so sien ander lande talent raak en betrek ons spelers om daar op Internationale vlak te kan meeding…….Wie wil regtig teen BAFANA speel …NIEMAND hulle is ‘n grap word as oefen wedstryd beskou :)

m ·

Dis te maklik om in Suid Afrika rassisties op te tree vir mense in aansig, want hulle sal altyd support kry, mention net die word colonials en elke jan en sy maatjie hang aan hulle lippe…

wilma ·

sy is net daar oor ha velkleur en nie omdat sy iets weet ni.

Anoniem ·

Laat hulle maar kwotas insit. Dit is hulle wat SA se naam toffee maak. Voel net bitterlik jammer vir wit kinders

Willem Grobler ·

En hoe oorverdowend is die stilte vanuit die geledere wat Suid-Afrika so verdoem het in die dae van apartheid…

LHS ·

Cecilia the only reason you recieved that position was political motivated. Surely not because of netball or leadership. You are a disgrace for yourself.

JohanR ·

Nie ‘n probleem nie. Hou aan rasistisse gal braak, en AfriForum, en ander sal aanhou om julle hof toe te sleep!

Snoopie ·

Kyk nou net. Waarom blaf ons alger nou? Hulle het dit mos van ONS geleer, dan nie. Inteendeel, ons lat was erger, langer. Onthou nog die tyd toe n atleet, ene “loop en val” geskors was om deel te neem, net oor sy manier van hardloop. Die wiel wat nou draai, het ons gespeek en volmaak.

spraakloos ·

My kleindogter was baie erinstig oor netbal maar van dat sy na std 6 in die Hoerskool is , is daar gese beseer moet nie verdedig nie Sy het haar enkel verswik en kniee baie stukkend van die veld daarna geen netbal belangstelling nie

Witte ·

Hierdie aanstellings was duidelik ook op kwotas gegrond. Bevordering van die sport en die beeld daarvan is glad nie oorweeg nie. Ek stem saam met Janna dat minderwaardigheid ‘n beduidende rol speel. Ek voel jammer vir Siya, Rassie en die Bokke dat hulle harde werk op so ‘n onkundige wyse afgewater word. Ongelukkig verstaan hierdie mense nie die omvang van die skade wat hulle aanrig nie.

Christien vd Westhuizen ·

Soooo bly oor die werk wat Afri Forum doen op al die vlakke van die samelewing looi die spul wat verkeerd doen wat verkeerd is kan nooit reg wees nie sterkte

Gert van Wierdapark ·

Die mini-ster van Sport sal vir sy “wickets” moet meet – hier is skynbaar iemand wat eerder die man as die bal speel – wat van ‘n Rooi Kaart vir die pres?

JohanL ·

Wel dit is snaaks dat die netbalspan met oorwegend wit spelers die afgelope ruk so goed gedoen het. Moet ek nou rassisties wees en skryf dat wit spelers beter spelers is as swart spelers of moet ek probeer om nie kleur raak te sien nie? Terwyl hierdie onbevoegde, rasgedrewe sportadministrateurs kleur en ras raaksien, sal ek dit ook raaksien.

Wonder of Molokwane die pos op meriete gekry het en of sy ‘n kwota-aanstelling was? Ek dink ek weet maar ek mag dit nie skryf nie.

humor ·

JohanL man jy hoef nie daaroor te wonder nie. Se dit sy is n kwota aanstelling dit is ooglopend die algemene prosedure.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.