Ondersoek gevra na Vrystaat se mislukte padprojekte

(Argieffoto: GroundUp)

Die VF Plus het die openbare beskermer (OB) versoek om ondersoek in te stel na die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer se mislukte padprojekte.

Dié departement het glo tenders aan konstruksiemaatskappye toegeken wat toe nooit in staat was op die projekte te voltooi nie.

Die geraamde waarde van hierdie kontrakte beloop sowat R831 miljoen.

Armand Cloete, VF Plus-LP in die provinsie, sê die departement het nou hofsake teen die konstruksiemaatskappye aanhangig gemaak weens die “substandaard” van die paaie. Talle paaie is boonop nooit voltooi nie.

Die departement poog tans om deur die regsaksie verlore geld te herwin.

Intussen is die departement genoodsaak om van verkrygingsprosesse af te wyk om nuwe kontrakteurs aan te stel om hierdie mislukte en onvoltooide projekte te voltooi.

“Terwyl die provinsie se paaie totaal vervalle is, is dit onaanvaarbaar dat die departement nie die nodige sorg aan die dag gelê het om tenders toe te ken aan kontrakteurs met bewese rekords in die voltooiing van paaie van goeie gehalte nie,” sê Cloete.

“Die departement het ook daarin gefaal om die nodige deurlopende monitering van die betrokke projekte te doen.”

Die VF Plus se versoek aan die OB is om die kontrolemeganismes van die departement tydens die toekenning van tenders te ondersoek.

Soortgelyke projekvertragings, mislukte padprojekte en litigasie moet voorkom word.

Volgens Cloete is sommige Vrystaatse paaie as sogenaamde doodspaaie gebrandmerk wat reeds die lewe van talle motoriste geëis het.

Hy voer verder aan dat die provinsie nie enige verdere verliese met betrekking tot sy padinfrastruktuur kan bekostig nie.

“Die VF Plus beskou die litigasiewaarde van hierdie hofsake in wese as ʼn erkenning van die departement dat hy nie staatsfondse volgens die voorskrifte van die wetgewing bestuur nie.

“Gemeenskappe is geregtig op dienslewering en die VF Plus sal voortgaan om te verseker dat departementele wanfunksionaliteit nie hierdie dienste verder belemmer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Yvonne ·

Ek het niks meer verwag nie…..hoe tragies het alles nie geword nie????

Pannies ·

Hierdie probleem is nie net in die Vrystaat nie. In ander provinsies staan ook onvoltooide pad projekte al vir jare lank doodstil, omdat die BEE kontrakteur die geld gevat het en verdwyn het. Nou moet die padgebruiker die ongerief verduur.

Louise ·

Maar in dieselfde asem kry die Munisipaliteite te MIN geld vir instandhouding… BELAGLIK!
TE MIN GELD OM DIE LEEFSTYLE TE ONDERHOU…

JM ·

Wát in hierdie land is sedert 1994 nie ‘n mislukking en ‘n gemors nie?!

Kokerboom ·

Rome brand en die patetiese President doen NIKS!!!!!!Behalwe praat!!!!

Jakes ·

Die paaie in die algemeen is lewensgevaarlik om op te ry. Ek het persoonlik al gesien waar sowat 40 persone aan die pad werk om slaggate te herstel maar slegs 2 of 3 persone werk terwyl die ander rondstaan of selfs in die gras slaap. Daar is geen toesig van enige aard nie en die slaggate word swak herstel.

anniekiewiet ·

Ongelukkig ja, want waar hulle onlangs aan bewind gekom het, moet hulle diep grou om sente bymekaar te skraap om 20+jaar se verval te probeer opbou. Dink jy hul kan oornag als regtoor?

Dries ·

Waar slaggate herstel is, is dit die volgende week weer oop.

anniekiewiet ·

Gister moes ek weer die verlore pad tussen Wolmaranstad en Schweizer Reneke ry…. Daar is nie meer veel stukke oor wat nog pad genoem kan word nie. Selfs groot lorries ry hinkepink en stadig. Sir Z en R, julle en jul mense is verby pateties sleg, waar dit goeie regering van so n (gewese) mooiste wonderlike land aanbetref. Julle sal nooit kan kers vashou by wat was nie. As jul selfs net probeer het, kon jul dalk iets bereik het, maar sorrie, nou sal jul nooit respek kan verdien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.