Ondersoek gevra na wetenskaplike wat regering kritiseer

Dr. Glenda Gray. (Foto: SAMRC)

Die waarnemende direkteur-generaal van die departement van gesondheid het versoek dat ʼn ondersoek na dr. Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) van stapel gestuur word. Dít nadat sy die regering se hantering van die Covid-19-pandemie gekritiseer het.

Volgens dr. Anban Pillay het Gray verlede naweek “valse aantygings teenoor die regering” in die media gemaak.

Maroela Media het vroeër berig Gray het die regering se plan om die landwye afsondering stelselmatig uit te faseer as “onwetenskaplik en onsinnig” beskryf. Sy het gesê die afsondering moet eerder onmiddellik gelig word en niefarmaseutiese benaderings soos die was van hande, sosiale afstandhandhawing en die dra van maskers moet eerder gebruik word om te keer dat die virus verder versprei.

Pillay het nou ʼn brief aan prof. Johnny Mahlangu, die voorsitter van die MNR, gerig waarin daar versoek word dat Gray ondersoek word. Pillay voer aan dat Gray se uitlatings die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie skade gaan berokken.

“Hierdie verklarings wat in die media gemaak is, veroorsaak verwarring in die media en sal waarskynlik openbare steun vir die nodige gedragsverandering laat kwyn,” lui die brief.

Die DA veroordeel egter nou dié brief.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand in sy toespraak gesê dat die regering die uiteenlopende en soms uitdagende sienings van wetenskaplikes en gesondheidswerkers waardeer en dat dié sienings openbare debat stimuleer en die regering se reaksie op die koronavirus verryk.

Volgens die DA maak die brief ʼn bespotting van die president se toespraak en kom dit neer op boelie-taktiek. “Hierdie intimiderende optrede wat daarop gemik is om teenstellende standpunte stil te maak, is nie aanvaarbaar in ons oop demokrasie nie. Veral nie tydens die reaksie op ʼn pandemie wat voortdurend aangepas, bygewerk en gewysig moet word nie.

“Ons het dit nodig dat ʼn wye verskeidenheid sienings gehoor word. Die beginsels van deursigtigheid en toerekenbaarheid is nou meer as ooit van sleutelbelang. Ons kan dit nie duld dat diegene wat hul kommer uitspreek op outoritêre wyse gesensuur word nie,” het Azola Mboniswa, woordvoerder van die DA, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Volgens Mboniswa doen die regering alles in sy vermoë om die wetenskaplikes stil te maak wat verskillende sienings as die regering het.

“Lede van die MNR moet die vryheid hê om hul menings uit te spreek, selfs al stem dit nie ooreen met dié van die regering nie,” lui die DA se verklaring.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Baardman

Die waarheid maak seer

Fedup

The circus should rather keep their noses out if professional scientists work and opinions. They don’t know how to run a country, even less about science.
pillay is a jealous racist.

Deon

Ondersoek vir wat? Ek is seker iewers sal daar n eerste wereld land wees wat n vrou van haar portuur sal waardeer.

Pieter

Ek hoop regtig glenda sal by haar standpunt bly. As al ons blankes dit net wil doen en jou voorbeeld volg sal dit met ons baie beter gaan

Boortor

Die narre hou nie van die waarheid nie! Sy het beslis n senuwee raak geboor! Baaaaie trots op haar!