Ondersoek gevra oor marteling-bewerings by Pta-tronk

Argieffoto

Argieffoto

Die organisasie Regslui vir Menseregte (LHR) het ʼn ondersoek gevra na bewerings van erge aanranding en marteling by die Kgosi Mampuru II-korrektiewe sentrum in Pretoria.

Die LHR het in ʼn brief aan die stasiebevelvoerder van die Pretoria Sentraal-polisiestasie besonderhede verskaf oor die beweerde mishandeling van 16 gevangenes deur korrektiewe beamptes.

Volgens die LHR het van die gevangenes glo gesien hoe ʼn medegevangene deur korrektiewe beamptes vermoor word. Die LHR voer ook aan dat daar ʼn toename is in berigte van erge aanranding. “Dit blyk die beweerde voorvalle van aanranding het grotendeels plaasgevind tydens beweerde deursoeking- en beslagleggingsoperasies.”

Volgens die LHR moet gevangenes wat ʼn saak by die polisie aanhangig wil maak, tans eers deur korrektiewe beamptes werk. “Die LHR hoop om werk te maak van die kommunikasiegaping tussen gevangenes en die polisie.”

Die LHR het gesê hulle sal die polisie die geleentheid gee om die bewerings te ondersoek en die vordering monitor.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DB ·

Hulle noem nie dalk dat hulle mense gemartel en vermoor het buite die tronk nie. vra net

Deon ·

@DB gaan my verstand te bowe hoe jy kwaad met kwaad wil verdedig ? Hyt dit gedoen so ons mag ?!

lorayne ·

Die beskerming en die voorregte behoort ongelukkig aan die kriminele meerderheid van Azania. . .

amelia ·

stem saam DB Hulle is nie daar vir ontspanning nie en as hul niks gehad om weg te steek nie sou hul sekerlik nie aangerand geword het nie geen simpatie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.