Ondersoek gevra oor ‘skoonmakers wat lykskouings doen’

Argieffoto

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, sal die gesondheidsombudsman versoek om ondersoek in te stel na bewerings dat onder andere skoonmakers en voertuigbestuurders nadoodse ondersoeke by staatslykshuise doen.

Dit volg nadat gerugte, na aanleiding van die staking by Gautengse lykshuise, die ronde begin doen het dat lykskouings by die lykshuise deur onopgeleide personeel gedoen word. Maroela Media het vroeër berig Fazeela Fayers, woordvoerder van Hospersa, het beweer daar word te midde van die staking aan personeel wat oor geen opleiding in hierdie veld beskik nie, opdragte gegee om liggame oop te sny en nadoodse ondersoeke uit te voer.

Die DA se Jack Bloom het verlede week gesê hy twyfel sterk of daar enige waarheid steek in die bewerings dat die rede vir staking by die lykshuise is omdat skoonmakers en voertuigbestuurders gedwing word om nadoodse ondersoeke te doen.

Motsoaledi het Donderdag gesê hy is besig om ʼn brief aan die gesondheidsombudsman te skryf om die bewerings te ondersoek. “Almal wat hierdie bewering gemaak het, moet voor die ombudsman verskyn om dit te bewys,” het Motsoaledi gesê. Hy het ʼn beroep op almal betrokke gedoen om met die kantoor van die gesondheidsombudsman saam te werk tydens die ondersoek aangesien “die land die waarheid wil weet”.

Motsoaledi het gesê indien bevind word dat daar enigsins waarheid in die bewering steek, sal streng stappe teen die persone daarvoor verantwoordelik gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marous ·

Waarom ‘n ombudsman ? Die minister moet self die ondersoek doen!

Lientjie ·

“Streng Stappe” verplaas hulle net na ‘n ander afdeling dis hoe streng dit is.

Johann ·

Skryf n brief aan iemand anders? Wat is die minister se werk dan? O jaaaaa…namens sy Zumakie kiningkryk afbreek en leegsteel en verwoes. Die ANC LEGACY uitleef!

Alida ·

Is daar dan geen respek meer vir ‘n dooie liggaam nie. Dink net hoe gaan onopgeleide mense te werk. Dit is afgryslik !!!!

Rina Scheepers ·

wat nog?!!!!haal jou binnegoed uit, verkoop dit en werk jou net maar weer toe, Nie eens meer veilig in die lykshuis nie!!!

foxi ·

Sjoe..dis waar Rina…..nie eers in die dood is jy ‘veilig’nie………..???

zoom zoom ·

Die man maak seker ‘n grap as hy se die land wil die waarheid weet. ANC weet nie wat die woord waarheid beteken.

Piet Pompies ·

Lyk my iemand sal moet opstaan en iets aan die saak doen…

Asjas ·

Hy “twyfel sterk” en tog gebeur daar vreemder dinge in die land. Ek sal dit glo sonder ‘n oomblik se aarsel. Mense word daagliks in poste aangestel waarvoor hulle nie bekwaam is nie.

Blondie ·

Lykshuise is lankal nie meer so skoon en stiriel soos op die argief~foto nie!!

Big daddy ·

Wat? Maar dis mos normaal mense. Ons het dan n bokwagter as president. Sekerlik het die skoonmakers meer opleiding as st 3?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.