Ondersoek ingestel ná brand by Pta-substasie

Talle buurte sit sedert gisteraand sonder krag. (Argieffoto:
Unsplash)

Talle buurte in die ooste van Pretoria sit sedert Saterdagaand sonder krag ná ʼn ontploffing by die Wapadrand-substasie.

Silver Lakes, Zwavelpoort, Lombardy, Tierpoort, Wapadrand, Donkerhoek, Equestria, Faerie Glen, Olympus en Boardwalk word onder meer deur die onderbreking geraak.

Phillip Nel, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste by die Tshwane-metroraad, sê die brand het kort voor 21:00 Saterdagaand uitgebreek. ʼn Gedeelte van die substasie se beheerstelsel het in vlamme opgegaan.

Stadsingenieurs stel intussen ondersoek in na die oorsaak van die brand.

Herstelwerk het reeds begin, maar daar is nog geen presiese aanduiding van wanneer die kragtoevoer na verwagting herstel sou word nie. Nadat ʼn omvattende tegniese assessering afgehandel is, sal daar waarskynlik ʼn beter aanduiding van die hersteltyd wees.

Nel sê die perseel is vroegoggend opgeruim sodat dadelik met herstelwerk en die vervanging van beskadigde toerusting begin kan word.

Volgens die Tshwane-metroraad moet die substasie heeltemal van die netwerk ontkoppel word sodat herstelwerk gedoen kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

koos10 ·

Oorsaak is heel eenvoudig. Oorlading.
En ‘n munisipaliteit wat hulle voorgangers die skuld vir alles gee. En ‘n politieke party wat stemme werf ten koste van hulle (betalende) inwoners. En geen instandhouding word gedoen nie. En onwettige verbindings. En…… ag so kan ons maar aangaan. Die weste van Pta het daagliks vanaf 17:00 tot 21:00 krag onderbrekings weens oorlading. Pta en water en krag voorsiening is op die drumpel van totale ondergang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.