Ondersoek kom ná liggaam langs pad aangetref word

Argieffoto

Die polisie in Giyani doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn onwettige myner se makkers sy liggaam glo langs ʼn openbare pad gelos het nadat hy onder in ʼn verlate myn gesterf het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het tussen Dinsdagaand en Woensdag plaasgevind.

Ngoepe het gesê onwettige myners was na bewering bedrywig in ʼn verlate myn naby die Mapuve-nedersetting buite Giyani.

“Daar word beweer ʼn klip het op sy kop geval en hy is op slag dood. Sy makkers kon daarin slaag om sy liggaam uit die skag te verwyder en het hom glo langs die pad onderweg na die Nhlaniki-nedersetting geplaas,” het Ngoepe gesê.

Die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval of wat die polisie kan help om die man te identifiseer kan kol. Mabasa by 082 469 0739 bel.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leser ·

die kans om sy naasbestaandes op te spoor gaan moeilik wees, ek glo hy is van buite ons landsgrense
dit is ook die mynbou se probleem, waarom skiet / gooi hulle nie die ingang van so ‘n uitgewerkte myn toe nie

Casper Labuschagne ·

Verseker wou se makkers nie hê dat hy daar onder tussen hulle kom spook nie, toe dra hulle hom uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.