Ondersoek kom na verkragtingbewerings in Big Brother-huis

big-brotherM-Net het Woensdag aangekondig dat hy ʼn regsfirma aangestel het om onafhanklik ondersoek in te stel na die onlangse berigte van ʼn verkragtingsvoorval in die Big Brother-huis.

M-Net het kykers Maandag tydens ʼn skokaankondiging meegedeel dat twee deelnemers versoek is om die Big Brother Mzansi-huis te verlaat. Die een persoon is glo versoek om die huis te verlaat weens wangedrag en die ander deelnemer vir haar “eie welstand”.

Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van M-Net, het gesê die uitsaaier neem die sake baie ernstig op en dat die welstand van deelnemers van uiterste belang is. “M-Net moet uitvind wat gebeur het en ons sal indien nodig stappe doen wanneer die ondersoek afgehandel is.”

Endemol Shine Africa, die maatskappy wat Big Brother vervaardig, het hul volle ondersteuning tydens die ondersoek beloof. Die ondersoek kom na bewerings dat ʼn deelnemer gesê het dat hy en ʼn vrou seks gehad het. Die vrou het glo gesê sy het nie daartoe ingestem nie. Albei deelnemers was glo onder die invloed van alkohol.

Channel24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pop ·

Maar hoe nou??? Ek dog dan die kykers sien heeltyd alles. So het die kykers nou n x rated program gesit en kyk????Klink vir my soos n boel smerigheid.

snip ·

Ek stem saam, dit is n pot bollie en ja, het die verkragting nou in die badkamer waar niks gesien kan word nie gebeur of hoe nou. Ek kyk dit nooit, maar neem aan die badkamer is al plek met geen kameras nie. Stop die program heeltemal en sit iets ordentliks op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.