Die foto’s, wat oorspronklik deur Amoré Sameera Jooste op Facebook geplaas is, is wyd deur sosiale media-gebruikers gedeel. Die beamptes is glo Sondagoggend om 04:30 afgeneem waar hulle voor ʼn BP-vulstasie in Eldoraigne in Centurion geslaap het.
Yusuf Abramjee, die hoof van Crime Line, het op sy Facebook-blad gesê hy het die Gautengse polisiekommissaris gevra om die voorval te ondersoek.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die twee beamptes is geïdentifiseer en ʼn ondersoek sal na die voorval gedoen word. “Dit is wangedrag vir ʼn polisiebeampte om aan diens te slaap. Indien hulle skuldig bevind word, sal dissiplinêre stappe teen hulle geneem word,” het hy gesê.
Hy kon nie bevestig of die beamptes wel aan diens was toe die foto’s geneem is nie en het gesê dit sal deel vorm van die ondersoek. “Ons sal die persoon wat die foto’s gepubliseer het oor die voorval ondervra. Die beamptes se name sal bekendgemaak word sodra die ondersoek afgehandel is.”
- Foto: Facebook
- Foto: Facebook
- Foto: Facebook
- Foto: Facebook
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
30 Kommentare
Ek sal hoop dat hulle aan diens was. Sal soveel erger wees as hulle in hulle af tyd ‘n polisie voertuig so kan misbruik.
Ja, dis nou maar ons vrinne wat ‘n “diens” moet lewer se gewoonte om totaal apaties, onbekwaam en gewoon moedswillig te wees. Dit is net die polisie nie. Ek het die laaste week dieselfde by Binnelandse Sake en laaste drie dae by ook Tshwane stadsraad ondervind. Dis ook nou al gebruik in die privaat sektor (banke, selfoonmaatskappye ens). Die kultuur van neem en “demand” maar geen skuldgevoel oor gebrek aan diens of toeweiding nie. Dit gaan nie verander nie, inteendeel dit gaan erger raak. Sug…
En wat gaan gerespekteerde lede oorkom? Bevordering kry. Hul verweer sal wees dit was etens- of teetyd. Maklik.
Wat interessant is dat die persoon wat die foto’s geneem het en dit versprei het se naam gepubliseer mag word. En die slapendes se name word weerhou. Ek besef dit is sosiale media en jy moet die gevolge dra. Maar word daar nie teen die onskuldige gediskrimineer nie
Tania. Wag net biki. Julle sal hulle name een van die dae op TV sien as een of ander Kolonel of Brigadier iewers in bevel van een of ander cluster. Lol