Ondersoek kom oor foto’s van polisiebeamptes

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die polisie het ʼn dissiplinêre ondersoek van stapel gestuur nadat foto’s van polisiebeamptes, wat in hul amptelike voertuig lê en slaap, wyd op sosiale media versprei is.

Die foto’s, wat oorspronklik deur Amoré Sameera Jooste op Facebook geplaas is, is wyd deur sosiale media-gebruikers gedeel. Die beamptes is glo Sondagoggend om 04:30 afgeneem waar hulle voor ʼn BP-vulstasie in Eldoraigne in Centurion geslaap het.

Yusuf Abramjee, die hoof van Crime Line, het op sy Facebook-blad gesê hy het die Gautengse polisiekommissaris gevra om die voorval te ondersoek.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die twee beamptes is geïdentifiseer en ʼn ondersoek sal na die voorval gedoen word. “Dit is wangedrag vir ʼn polisiebeampte om aan diens te slaap. Indien hulle skuldig bevind word, sal dissiplinêre stappe teen hulle geneem word,” het hy gesê.

Hy kon nie bevestig of die beamptes wel aan diens was toe die foto’s geneem is nie en het gesê dit sal deel vorm van die ondersoek. “Ons sal die persoon wat die foto’s gepubliseer het oor die voorval ondervra. Die beamptes se name sal bekendgemaak word sodra die ondersoek afgehandel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Thinus ·

Ek sal hoop dat hulle aan diens was. Sal soveel erger wees as hulle in hulle af tyd ‘n polisie voertuig so kan misbruik.

Ampie ·

Ja, dis nou maar ons vrinne wat ‘n “diens” moet lewer se gewoonte om totaal apaties, onbekwaam en gewoon moedswillig te wees. Dit is net die polisie nie. Ek het die laaste week dieselfde by Binnelandse Sake en laaste drie dae by ook Tshwane stadsraad ondervind. Dis ook nou al gebruik in die privaat sektor (banke, selfoonmaatskappye ens). Die kultuur van neem en “demand” maar geen skuldgevoel oor gebrek aan diens of toeweiding nie. Dit gaan nie verander nie, inteendeel dit gaan erger raak. Sug…

Issabelle ·

Lekka man lekka …. hulle verdien mos ‘n salaris elke maand , so hoekom moet hulle dan nou nie bietjie slaap nie !! Die hele spul van die regering is ” slapgat” & hulle dienste in uiters pateties & swak !! Hoop daar word drastiese stappe teen hulle gedoen . Dan word daar gese ons moet saam werk met die polisie & hulle vertrou ….. hoe dan nou …..

Gawie \Botha ·

Eintlik is die helfte van die regering van Suid Afrika aan die slaap…….Goed ek trek my woorde terug die helfte van die Suid Afrikanse regering is nie aan die slaap nie!

1 van Jacob se "hulle" ·

En wat gaan gerespekteerde lede oorkom? Bevordering kry. Hul verweer sal wees dit was etens- of teetyd. Maklik.

Tania ·

Wat interessant is dat die persoon wat die foto’s geneem het en dit versprei het se naam gepubliseer mag word. En die slapendes se name word weerhou. Ek besef dit is sosiale media en jy moet die gevolge dra. Maar word daar nie teen die onskuldige gediskrimineer nie

Winston ·

Tania. Wag net biki. Julle sal hulle name een van die dae op TV sien as een of ander Kolonel of Brigadier iewers in bevel van een of ander cluster. Lol

George ·

Ek raai die tugstappe wat geneem gaan word sal iets wees soos moenie in die openbaar slaap nie of liewer moenie dat julle uitgevang word nie. Dit nou is die mense wat die gereg moet dien. Hulle niggeer al die goeie werk en vernietig die vertroue in die polisie totaal.

Gert Cloete ·

ooooo lekke hier kom bevordering na `n volgende rang !!!!!!!!!!

Oom Koos ·

A nee a vriende.. Hoekom neem julle aan die manne in blou slaap… Hulle dink miskien net ‘n bietjie diep. Onthou dis groot en verantwoordelike werk om na die veiligheid van ons burgers om te sien.

Peet Schabort ·

Jan F.E. Cilliers: “Ek slaap in die rus van die eeue gesus . . . . “

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Dit is, nou lekker slaap. Hoegenaamd geen wonder hulle word, helder oor dag deur die skolie elemente uit eie geledere oorval en sinneloos vermoor nie. Tugstappe en die mense moet in kennis gestel word watter sanksies teen hierdie twee lede ingestel was. Uiters pateties en ‘n gebrek aan dissipline. Die vraag bly nou egter staan of dit, nie nog ‘n dronk slapery is nie, met allw.respek gese. Net hulle en die oog getuie sal weet.

Lappop ·

Tug stap nr 1 : Hier is vir julle elkeen ‘n kussing
Tug stap nr 2: Sorg dat julle volgende keer gaan slaap waar julle uit die oog is.

Francois ·

Ek sal graag wil weet of die voertuig nog gestaan en luier het, aangesien die ligte aan is. Indien die voertuig geluier het om die lede heel moontlik warm te hou, is die grooter skade die brandstof wat vermors is en addisonele sluitasie op die voertuig.

Theresa ·

Ha ha en julle dink hierdie is die eerste (enigste). Dis ‘n daaglikse ding. En waar daar moeilikheid is en polisiebeamptes benodig word, staan hulle net en kyk (as hulle nou wakker is natuurlik) want hulle is te bang om op te tree. Hulle kry mos elke maand hulle pay! Hoekom sal hulle nou hulle ooreis.

Filemon, The Wise One ·

Eish! Julle weet niks. Die poliesmanne was besig met ‘n “trap” vir die mense wat garages rob.

petrus konya ·

Dit maar 2 wat uitgevang is hoeveel ander is nie uitgevang nie hoeveel misdaad of MOORD is in hulle rustyd gepleeg hulle seker koud gekry voertuig moet luier vit verwarmer+ onthou brandstof gratis belasting geld. Voertuig belasting geld salaris belasting geld het hulle darem nog vuurwapens gehad of afgeneem vir n volgende MOORD of ander misdaad?

Mon ·

As ek Amore was sou ek so bang wees dat hulle en hulle maatjies terug kom, om my keel af te sny. Hulle (die wat so lekker le en slap) sal dit nie daar los nie, dis mos die nuwe Suid-Afrika. Sy het wel die regte ding gedoen.

chantell ·

Natuurlik was hulle aan diens anders is hulle homeless en glad nie ander klere nie, die bakkie is nog aan want heater is seker aan gewees. Ek dink nie polisie sal as hulle van diens af is, in hulle diensklere in hulle diens bakkie slaap nie, hulle sal mos by huis wees

Eduard ·

I also bet you they left the engine running to keep the heater nice and warm!

Andre Marais ·

en juis net DIT hoekom daar in so baie gevalle waar Inbrake en of Moorde gepleeg word en Jy Hulle bel en daar aan die ander kant van die NOOD NOMMER / HULP LYN vir Jou gesê word “GEEN VOERTUIG BESKIKBAAR NIE” – SKANDE.
in My dae (1980’s) by die Honde Eenheid in Roodepoort was / sou dit ‘n Baie Ernstige Oortreding wees en kan Ek sê het NOOIT gebeur NIE – ook nie in die AANKLAG Kantoor gesit en slaap soos wat dit deesdae die norm is nie.

Andre ·

En Saterdagoggend om 02:00 bel ek om inbraak te rapporteer. Eerste poging geen antwoord. Tweede poging en foon word doodgedruk.

Berdine ·

Hulle moes aan diens gewees het! Want as hulle nie was nie wat soek hulle dan in uniform en in die polisie voertuig?????

antoinette ·

Moet asb vir Amoré Jooste dissiplineer nie! Miksien kan Maroela vir ons ‘n forum skep waar enigiemand foto’s kan plaas van swak polisie-gedrag. Natuurlik om die polisie te help om op deursigtige wyse van hul vrot appels ontslae te kan raak. Nie om hulle te help om die fotograwe te ondersoek nie, want ek is redelik seker hulle kry stank vir dank wanneer dit so gaan begin werk! Miskien is daar reeds êrens ‘n versteekte wet wat sê polisiemanne mag nie sonder hul toestemming afgeneem word nie… Ook nie aspirant moordenaars of diewe nie. Of selfs ander tipes staatsamptenare nie. Hulle regte is báááie belangriker as die fotograaf s’n!

Pierre Celliers ·

Hierdie is nie nuus nie. Nuus is iets nuuts en vars wat gebeur. Dis ou nuus dat hierdie klomp aan diens slaap.

Magriet ·

in die berig staan: Indien hulle skuldig bevind word. Uhm, WIL JY MY BRIL LEEN??????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.