Ondersoek kom oor ‘hardhandige polisie optrede’

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Die Wes-Kaapse polisie-ombudsman sal die polisie se hantering van betogende studente tydens die afgelope week se studiefooi-betogings ondersoek.

Advokaat Vusi Pikoli, provinsiale polisie-ombudsman, het die Wes-Kaapse regering Vrydag ingelig dat sy kantoor die polisie se optrede sal ondersoek. Talle studente het vandeesweek beweer polisiebeamptes het hulle onnodig hardhandig hanteer en rondgeruk.

Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, het vroeër Vrydag die Stellenbosch Universiteit besoek, waar sy vir twee ure lank met studente gesels het. “Studente is geregtig om kwaad te wees oor die bekostigbaarheid van universiteite. Hulle het ook hul kommer uitgespreek oor hoe die SAPD die betogings hanteer het,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg die ondersoek deur die polisie-ombudsman sal ‘n geleentheid vir studente bied om hul klagtes te lug. “Ons doen ‘n beroep op studente wat na bewering deur die SAPD mishandel is, om na vore te kom en die Ombudsman te help met die ondersoek,” het sy gesê.

Lede van die publiek kan ook klagtes by die kantoor van die polisie-ombudsman aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Antonie willem van den berg ·

Dis tyd dat die Ou pink tannie haar ry kry. Sy is nie Helen Zussman se Ou skoene werd in die oppossie banke nie.

Dave ·

So, jý was ‘n Suzman-aanhanger en nòu is Zille nie pienk genoeg na jou sin en wil jy EFF of so iets stem. Gaan maar voort en stem so pienk as wat jy kan (jy kan nie eens pienk spel nie) en die Blanke Suid Afrikaner sal jou en jou soort aanhoudend verwerp.

Gideon ·

Wie gee die stakers die reg om ander mense se goed verwoes en plunder as jy wil staak dan staak jy in n orderlike mannier. So as jy breek dan breek die Police jou. So geen ondersoek op die students nie.

jan ·

Moet ook kyk vir betogers we geweldadige optrede teen polisie. Die beginsel van uitlokking. Jan

Nick ·

Dis blatante verontagsaming van regte, is ons arme Polisie nie ook mense nie. Daardie gepeuple het sambok berading nodig. Dit is al wat sal werk. Hulle moet bewus gemaak word dat hulle optrede wetteloos is en nie geduld mag word nie

AmY ·

Siestog!!! Arme weerlose agtergeblewenes. En is wat hulle altyd sal bly , tot hulle hierdie ‘die regering sal sorg en die wit man skuld ons’- mentalteit laat vaar en begin besef jou aksie het ‘n reaksie.

Moet die polisie hulle nou saggies aan die arm vat en eekant toe lei?

As iemand my bestorm, gaan ek beslis iets daaraan doen.

Ek voel jammer vir die goeie polisiemanne wat nou gaan ly omdat kinders hulle wangedra.

Tollie ·

Wie van hierdie betogers wat so verwoesting gesaai het studeer sonder ‘n beurs? Hulle moet die ouers van die studente wat die volle som betaal, bymekaar kry om te help teen die betogers en sien hoe lyk hardhandige optredes. Vernielsug en barbaarse optrede hoort nie tuis by ‘n student nie!

Thys ·

Ok nou gaan hulle ‘n afgetrede regter aanstel, hele paneel ondersoekers, kantore vir die span en ‘n budget. Uitslag sal bekend gemaak word in 2020. Die nuwe polisie kommesaris gaan dan weer werk soek. SA het so voorspelbaar geword.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.