Ondersoek maatskappye se staatskontrakte, sê Magashule

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdag gesê ʼn ondersoek oor alle privaat maatskappye wat sake doen met die Suid-Afrikaanse regering is al lank agterstallig.

Hy het met verslaggewers gesels terwyl die staatskapingkommissie se verhoor voortduur. Volgens hom is die omstrede Gupta-familie geteiken terwyl ander maatskappye nooit ondersoek is nie.

“Ek weet nie hoekom Suid-Afrika nie elke maatskappy ondersoek wat al met die regering saamgewerk het nie. Slegs een spesifieke familiemaatskappy word geteiken. Gaan na die regering en vind uit wie sake gedoen het met die regering. Ek was ʼn provinsiale leier. Groot maatskappye maak miljarde terwyl jong swart mense se maatskappye 20 projekte ter waarde van R5 miljoen ontvang. Daar is geen kommissie wat al ooit uitspraak gelewer het daaroor nie. Suid-Afrikaners is nie dom nie; ons kan nie vir altyd stilbly nie – ons moet hieroor praat.”

Hy het gesê die staatskapingkommissie is die regte platform waar almal kan praat.

Die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, is aangestel om die beweerde plundery van die staat deur politieke persone, die voortvlugtige Gupta-familie en ander, te ondersoek.

Oor sy dreigement om regstappe te neem teen verslaggewer Pieter-Louis Myburgh wat in sy boek, Gangster State, aangevoer het Magashule was deel van ʼn netwerk van korrupsie, het die ANC-leier gesê sy prokureurs is besig daarmee. “My prokureurs werk daaraan. Ek gaan dit nie los nie. Ek gaan nooit daardie man los nie.”

Magashule het by die openbare galery aangesluit terwyl Zuma voor die kommissie getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Ondersoek Mister M ook sommer….

Willehond

Ai ou ace! Wat gaan julle maak as julle dan sou” weet”? Niks! Daarvan is ek seker! Pasop net dat jy die gat waarin jy alreeds is nie nog dieper grou nie. Dalk kom jy nie so maklik uit hom uit soos jou maatjie nie!

Jr

In die weermag as jy die ” vyand ” wil ontduik gooi n rook grenaad. Gooi Ace , gooi.

SB

Hy soek nou maar net weer geleenthede om korrupsie te pleeg en ‘n paar bokke te maar.

Spook op thaba

Hy soek sy 10% eish