‘Ondersoek Myeni vir bedrog’ – Zondo-verslag

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad. (Foto: ANA)

Die eerste gedeelte van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se lankverwagte verslag beveel aan dat Dudu Myeni, voormalige voorsitter van Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), vir korrupsie en bedrog ondersoek word.

Daar word ook onheilspellende bevindinge teenoor ander SAL-amptenare gemaak, onder wie adv. Nontsasa Memela, voormalige verkrygingshoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se tegniese filiaal SAL Tegnies (SAAT) en die voormalige SAL-raadslid Yakhe Kwinana.

Luidens die verslag het die nasionale lugdiens tydens Myeni se ampstermyn in ʼn entiteit “geteister deur korrupsie en bedrog” ontaard.

Twee opeenvolgende ministers van finansies, Pravin Gordhan én Nhlanhla Nene, het aan die kommissie verduidelik dat Myeni bloot in haar amp behou is danksy haar noue bondgenoot, oudpres. Jacob Zuma, en sy voorkeur vir haar.

“Hierdie voorkeur was blykbaar belangriker vir die voormalige president as die behoorlike bestuur of bestuur van SAL,” sê die kommissie in sy verslag.

“Zuma het uit ʼn sitting van die kommissie gevlug omdat hy geweet het daar was vrae wat aan hom gestel sou word, wat hy nie sou kon beantwoord het nie.”

“Hy kon nie sy aandrang dat Myeni by SAL aangehou word regverdig nie en kon ook nie Gordhan en Nene se bewyse dat hy Myeni by SAL behou het, ontken nie.

Die kommissie sê voorts in sy verslag diegene wat verantwoordelik was vir bestuur by SAL, SAAT en SA Express het “ʼn moedswillige miskenning” van die standaarde waaraan staatsamptenare behoort te voldoen getoon en eerder hul persoonlike belange as dié van die land se staatsentiteite op die hart gedra.

Dudu Myeni het met ‘n videoskakel voor die Zondo-kommissie getuig. Foto: Itumeleng English/African News Agency (ANA)

Luidens die verslag het Myeni “willens en wetens” wanvoorstellings aan die minister van openbare ondernemings gemaak rakende transaksies oor die verhuur van vliegtuie aan die finansieringsfirma Pembroke. Dié wanvoorstellings het finansiële verliese vir SAL tot gevolg gehad.

Die kommissie het bevind dat Myeni se aandeel in die transaksies waarskynlik op bedrog neerkom en beveel nou aan dat die saak verder ondersoek word om te bepaal of sy vervolg behoort te word.

Die kommissie beveel ook onder meer aan dat die strafregtelike saak wat die kommissie vroeër teen Myeni aanhangig gemaak het omdat sy die identiteit van ʼn geheime getuie (Mnr. X) in haar getuienis voor die kommissie onthul het, afgehandel word.

Luidens die verslag behoort ander SAL-amptenare ook gepols te word vir hul aandeel in die korrupsie en bedrog wat sedert 2012 by die sukkelende nasionale lugdiens geseëvier het. Dit sluit in Memela wat aan maatskappye voorkeur gegee het tydens ’n tenderproses en dokumente vervals het.

Memela en Kwinana het boonop voordeel getrek uit verdagte betalings wat in dié tyd gemaak is.

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

“Daar word aanbeveel dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) dit ernstig oorweeg om die lede van die destydse raad van SAAT, insluitend Kwinana en Memela, vir korrupsie of verwante misdade te vervolg.”

Die kommissie beveel ook aan dat Memela deur die regspraktykraad ondersoek word en, indien skuldig bevind, van die rol van advokate geskrap word.

Luidens die verslag behoort diegene wat verplig was om korrupsie by SAL aan te meld, maar versuim het om dit te doen, ook verantwoordbaar gehou word.

Daar word spesifiek verwys na Phumeza Nhantsi, voormalige hoof van finansies by SAL, wat ’n posisie van gesag by die staatslugdiens beklee het, maar nie verdagte transaksies tussen BNP Capital en die staatslugdiens aangemeld het nie.

Volgens die kommissie kan haar versuim op ʼn misdaad neerkom. Ook in dié geval behoort daar ondersoek ingestel te word om te bepaal of vervolging nodig is.

Daar word ook aanbeveel dat Kwinana se geskiktheid om as geoktrooieerde rekenmeester te praktiseer bekyk word nadat haar antwoorde op sekere vrae tydens haar getuienis aan die lig gebring het dat sy “geen idee” het oor watter verpligtinge sy aan behoort te voldoen nie.

Luidens die verslag behoort die ouditeur-generaal se kantoor hom ook verder te bekwaam sodat dit openbare entiteite beter kan oudit. Daar behoort ook ernstig oorweeg te word dat private firmas aangestel word om staatsentiteite te oudit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Shakespeare ·

Die medêm Myeni moes al laaaankal in die tronk gewees het.

Frank ·

Ek dink meeste van hierdie gevalle is nie moedwillig of willens en wetens nie. Hulle is net TOTAAL onbekwaam vir die betrokke pos. Sit daarby ‘n gebrek aan werks etiek, werks trots en verantwoorbaarheid, en jy’t chaos.
Hierdie is op ALLE vlake deesdae van die SA samelewing.

Marius ·

So is daar hordes in die staat en al die staats entiteite wat nie ‘n idee het hoe om hul verpkigtinge na te kom nie.

Nie Verbaas ·

Met gekoopte kwalifikasies ook maar ANC sal nooit erken dat daar hordes in staat is wat nie eers hulle eie weg na hul huisetoe kan vind nie. Dit is hoekom hulle drywers en lyfwagte het.

Mallie ·

So word die korrupte amptenare uitgevang. Hulle moet maar hulle geldjies, huisies en karretjies verkoop om die geldjies terug te betaal Zuma inkluis. Nie waar nie?

Anton ·

So hulle beveel aan dat die skelms ondersoek word??
Ek kon dit verniet vir hulle gesê het

Perdeby ·

paar jaar, maar ek dink die NVG is al reeds besig met van hierdie ondersoeke.

Di ·

Die NVG is net so useless! Word ook beheer deur dieselfde skelms wat die land regeer

Nie Verbaas ·

As Kwinana n geoktrooieerde rekenmeester is dan is ek definitief op n wetenskaplike se standaard. Die mens het my lagspiere tot die uiterste beproef met haar getuienis.

casper ·

Kan jy dit glo?? Hulle spandeer 4b jaar om ondersoek in te stel en dan se hulle daar moet ondersoeke gedoen word !! ‘n regte spul narre !!!

Yvonne ·

Sal die ondersoeke uit uitgevoer word is die andervraag…en wie gaan dit doen….SA is bankrot

Coolbanana ·

Terwyl die Anc aan bewind is sal niks met hulle gebeur nie !

Michael ·

Gordhan behoort 1e vervolg te word-hy was verantwoordelike minister-maar natuurlik sal hy niks oorkom nie want hy is deel van CR se netwerk van staatskapers

SlinkseKoljander ·

Natuurlik sal sy beskerm word deur Cybil en die ander kaders.

Dup ·

Die meeste van hierdie “hooggeplaaste” persone en hulle vriende en families lewe in absolute weelde.Waar kom al die geld vandaan? Beslis nie uit salarisse nie! Die bedrog en korrupsie het soos ʼn virus deur alle vlakke van ons samelewing versprei. Die meerderheid van die genoemdes gaan niks oorkom nie en vervolging en hofsake gaan vir jare voortduur en niks bereik nie.

Christo ·

So die ondersoek beveel aan dat daar ‘n ondersoek moet wees?? Wow, ek kan nie ophou lag nie….!!!!

Esme ·

Nou het ons gehoor van Myeni se bedrog. Dink ons is nou geregtig op meer inligting van waar ander Regerings Amptenare se vingers in die kasregister was.
Dit is goed en wel om hier en daar ‘n naam aan te haal, maar ek sou graag wou weet, wat die pad vorentoe is. Voorstelle werk ongelukkig nie in sonnige Suid-Afrika nie, want die skelms en swendelaars se name word bekend gemaak maar niks word gedoen nie.
President Cyril, wat is die pad vorentoe – nie net vir oortreders maar ook vir almal wat betrokke was in een of ander tipe misdaad?

Althes ·

Dis baie goed dat die verslag deursigtig en openbaar gemaak word. Hopenlik word die getuies beskerm.
Eks bly Pravin Gordhan deurgedruk het om aan te bly en hom nie laat uitboelie nie.

Lourens ·

En almal bly stil oor Ramaphosa wat heeltemal aandadig was tydens al hierdie korrupsie. Hy het dan selfs in getuienis erken dat hy stil stil aangebly het in die Anc en regering ten spyte daarvan dat hy bewus was van die korrupsie. Die ANC-regering is een groot misdaad sindikaat.

Di ·

Dit was net NOG ‘n geval van ‘n aansteling gemaak deur die ANC Kaders van ‘n korrupte, onbevoegde, kriminele persoon in die pos om haarself te verryk.

My siening ·

Nou wonder ek hoe ver gaan die wiel nou draai en n zumpie tref. Sal ons dit die zumpie dans noem want nog n nuwe jaar en al die korrupte kaders loop vry rond, wat n grap is die cyrel jou beloftes het lekker skuld gemaak, SWAK LEIERS!

fs ·

hahahaha ons lag want dis al wat ons kan doen… sy sal nie eers 5 minute agter tralies sien nie want sy is highly connected.. sy weet te veel van ander en sal beskerm word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.