Ondersoek ná 2-jarige by kleuterskool brand

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van aanranding nadat ʼn tweejarige dogtertjie met kookwater in Mmabatho gebrand het.

Die kleuter se boudjies is Donderdagoggend by die plaaslike Early Learning Centre gebrand, maar die voorval is eers Saterdag aangemeld.

“Na bewering het die kind haar bevuil en een van die werknemers het haar gewas, moontlik met kokende water,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die ondersoek duur voort en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.