Ondersoek ná 20 liggame in Orkney gevind is

Foto verskaf deur Noordwes SAPD

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná die liggame van 20 onbekende mans Maandag en Dinsdag op twee verskillende plekke in Orkney buite Klerksdorp in Noordwes gevind is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die eerste vyf ontbinde liggame is Maandagaand omstreeks 19:00 buite ʼn ou en ongebruikte mynskag in Lawrence Park, Orkney, gevind. Teen Dinsdag is nog 14 ontbinde liggame langs Aristonweg naby die spoorlyn in Orkney gevind.

“Terwyl beamptes besig was op die toneel het hulle inligting ontvang dat nóg ʼn liggaam gevind is waar die eerste vyf persone aangetref is. Dit bring die getal dus op 20 te staan.”

Mokgwabone sê al die persone was vermoedelik onwettige myners, algemeen bekend as “zama zamas”. Hulle was glo bedrywig in uitgediende mynskagte in Orkney en Stilfontein.

“Die persone het erge brandwonde opgedoen. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van hul afsterwe te bepaal.”

Die mans se liggame is in wit plastieksakke toegedraai.

“Die ondersoek duur voort,” het Mokgwabone bygevoeg. “Dit sluit in om te bepaal of die voorval verbind kan word met die video wat op sosiale media versprei is waar ʼn man, wat homself ‘Mafifi’ noem, bystand versoek ná hy vermoedelik rook ingeasem het by skag 6.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kol. Gaanakgomo te kontak by 082 568 5975.

Klerksdorp Record het berig die voorval hou na bewering verband met ʼn gasontploffing wat drie weke gelede ondergronds plaasgevind het. Die polisie het dit nog nie bevestig nie. Volgens die koerant is dit moontlik dat daar nog liggame ondergronds is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Kokerboom ·

Die geval lig weer kwessie van onwettige mynwerkers uit. Waarom word die bedryf nie gestop?
Ek vermoed die regerende elite trek erens voordeel. Laat my onwederkerig dink aan bendeaksies op Kaapse vlakte wat na dekades net NIE tot ‘n einde gebring word!!!!
As hul dan goedsmoeds toegelaat word HOEKOM is gesondheids en veiligheids wetgewing nie op hul van toepassing? Laat net een siel sterf in gewone myne dan is hele ANC op die “case” van arme werkgewer!!Dis dubbele standaarde en huigelagtig!!
Voorstel : sluit alle ou skagte af..gooi toe met beton.

marius ·

Daar word niks gedoen nie want die grootste deel van die buit beland in regerings amptenarre se sakke . Glo dit maar .

Cherokee ·

Wie is die regering om alleenreg te hê op minerale? Ek het mineraleregte in goud-area verloor op ‘n plaas van 710 morg, omdat die regering besluit het mineraleregte is nie meer verèrfbaar nie. Regering het dit ingepalm.

Nie Verbaas ·

Nou waar is die BLM beweging nou? Die mense was nie veronderstel om daar te wees nie en die swart regering weet dit en het niks daaraan gedoen nie.

Jr ·

Moenie vergeet van n besoek van n mini star en berading en ‘n miljoen rand

pestilensie ·

Skrif aan die muur , selfs ek met my beperkte verstandelike vermoeens besef dis tyd om die ossewa weer in te span

Cherokee ·

Waar gaan hy wa en osse kry? By die hawens (lug- èn see) natuurlik.

Pieter ·

Cele is nog iewers op n strand hy weet nie van beter nie. Hy het net graad een klaar gemaak.

JohanR ·

Nie ‘n lekker werk om lykskouing op 20 lyke te doen nie – pass!

Hendrik ·

Kan jy jou indink hoe desperaat jy moet wees om te oorleef om ‘n Zama-zama te word? Dis mense vir wie daar geen hoop in die toekoms is nie … There, but for the grace of God, go I.

piket ·

Hendrik. Presies reg opgesom. In hierdie land van oorvloed van melk en heuning weet die heuning-eters en die melkdrinkers nie hoe ongelooflik bevoorreg hulle is nie. Hulle “werk” mos vir die voorregte wat so mildelik aan hulle opgedis word………….pfttt en wat te sê nog van dankbaarheid te betoon vir al hierdie lieflike voorregte……….

Nico ·

Die groot probleem is dat die myne nie die skagte behoorlik seël nie, hulle is die oorsaak van die sterf gevalle, wat soek die mense in die uitgediende skagte. Die uitgewerkte skagte moet behoorlik af geseël word dan sulke dinge nie gebeur nie, waar is die myn owerhede dan.

Winnie ·

Hoekom was dit toegelaat in die eerste plek? Gaan die sake nou voorkeur geniet met die groot agterstand in die polisie labs? Het Carte Blanche nie al lankal die probleme uitgewys nie en niks is gedoen nie. Nou geniet dit aandag. Hierdie ramp was lankal op die kalender om te gebeur

SjN ·

Solank daar n afset gebied vir die produk sal dit nie stop nie.

Adam Adriaan ·

Ja die Zuma-Zuma’s is nou amper erger as die COVID pandemie

Zet ·

As dit rerig die gevolg van ‘n gasontploffing was, wie het die liggame uitgedra en in plastieksakke toegedraai? Vra maar net..

Anoniem ·

Daar kan niks/ word niks aan die “onwettige mynwerkers” en “onwettige immigrante” gedoen nie, want dan sal die ANC stemme in die verkiesing verloor. Hoe moeilik om te verstaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.