Ondersoek ná 9 babas in hospitaal sterf

baba1Die departement van gesondheid in Limpopo het ʼn ondersoek gelas nadat nege babas die afgelope maand in ʼn hospitaal in dié provinsie dood is.

“Ons het ʼn taakspan na die Maphutha Malatji-hospitaal in Namakgale gestuur om te bepaal wat gebeur het en ons het die hospitaal ook versoek om ʼn verslag op te stel,” het Macks Lesufi, die departement se woordvoerder, gesê. “Die departement was Maandag saam met die taakspan by die hospitaal om al die feite te kry.”

Die ondersoek duur voort en die departement sal daarna bepaal watter stappe gedoen gaan word.

Die Sowetan-koerant het berig die meeste babas is dood omdat hulle te vroeg gebore is en daar glo nie die nodige medikasie vir hulle was nie.

Daar is ook berig oor ʼn kakkerlakplaag in die saal vir vroeggebore babas; ‘n tekort aan voldoende ontsmettingsmiddels vir ma’s om te gebruik voordat hulle hul babas hanteer; ʼn tekort aan voedingsmelk; en ma’s moet hul babas se eie doeke koop. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jackie ·

So het alles agteruit gegaan in hierdie land. Trots Suid-Afrikaans, nee.

Peter Says ·

Hoop die regering beskik oor n bodemlose put van finansies, vir al die eise wat gaan plaasvind.

Daleen ·

Ek gee jou die versekering die regering beskik oor die nodige fondse, maklik, my en jou se belastinggeld.

Peter Says ·

Daleen, huh uh, die fondse word rojaal op n ander droom aangewend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.