Ondersoek na aftree-oordmoord afgehandel

Tersius du Plessis tydens Dinsdag se hofverskyning. (Foto: Tania Heyns)

Die staat sê die ondersoek na die moord op die 86-jarige Johanna Rossouw van Emalahleni (Witbank) is afgehandel.

Tersius du Plessis, wat vroeër in soveel woorde gesê het dat hý Rossouw in Januarie vanjaar by haar huis in die Eden Park-aftreeoord vermoor het, het Dinsdag weer vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die saak teen Du Plessis (36) is tot volgende maand uitgestel vir ’n beslissing oor of die saak na die streekhof, of direk na die hooggeregshof oorgeplaas moet word.

Du Plessis moet weer aanstaande maand in die hof verskyn. Hy bly tot dan in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig Rossouw is op 31 Januarie in haar huis in Fuchsiastraat in die Eden Park-aftreeoord in Emalahleni oorrompel en vermoor. Sy is sowat 30 keer met ’n mes gesteek. Haar hande is agter haar rug vasgebind en ’n mus is in haar mond gedruk. Seep is oor haar gesig uitgegooi.

Du Plessis het glo ná die moord met Rossouw se wit Honda Jazz die perseel verlaat. ’n Ondersoek het die polisie na Krugersdorp gelei waar die motor verlate gevind is.

Du Plessis het hom kort daarna by die Mondeor-polisiestasie in Johannesburg oorgegee en tydens sy eerste hofverskyning gebieg dat hy Rossouw vermoor het.

“Ek is skuldig,” was sy woorde.

Du Plessis staan tereg op aanklagte van moord en motordiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

Hoop hy kry die ergste straf denkbaar vir die sinnelose en wreedaardige moord op ‘n weerlose ou tannie

marius ·

Verwys hom na die Streehof vir vonnis . Hy sal daar die straf kry wat hom toekom .

Niklaas ·

Voorkoms is misleidend. Die man lyk glad nie soos ‘n wrede moordenaar nie. Tog het hy laat blyk dat hy dit gedoen het en die motief is ook nog nie duidelik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.