Ondersoek ná beampte motoris klap

‘n Skermskoot uit die video.

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het met ʼn ondersoek begin nadat ʼn video wyd op sosiale media versprei is waarin dit voorkom of ʼn verkeersbeampte ʼn motoris aanrand.

In die video wat net ʼn paar sekondes lank is, skree ʼn man in uniform op ʼn motoris in ʼn Bentley voor hy hom deur die motor se oop venster hard deur die gesig slaan en hom vloek.

ʼn Vrou in die passasiersitplek het die voorval op video vasgelê. Dit is in die stadium nog nie duidelik waar presies die voorval plaasgevind het nie.

“Dit is niks anders nie as suiwer misdadigheid en boewery,” het die RTMC gesê en bygevoeg dat die optrede totaal onaanvaarbaar is en ten sterkste veroordeel moet word.

Volgens die RTMC het hy reeds inligting oor die voorval ingewin en word daar verdere inligting opgevolg. “Ons doen ʼn beroep op lede van die publiek om nie dié soort optrede te duld nie en strafregtelike klagte aanhangig te maak wanneer hulle in so ʼn situasie beland.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die RTMC by 083 293 7989 te bel of ʼn e-pos na [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis voorwaar onaanvaarbaar! Hulle dink mos hulle is ook verbowe die wet. Wat help dit iemand maak ‘n saak as die polisie al klaar nie hul werk doen nie? Jammer maar ek vertrou nie die gereg nie punt.

Fedup ·

And yet nothing will come of this again. Once you raise your hand to someone, you must be willing to lose the hand.
These people think a uniform give you power.
Mentality is just missing.

Persheks Adri ·

Agree Fedup. Yet if you raise your hand nowadays and you have a weapon for self-defense you are unfit to have a weapon. Article 102 in the firearm rules…

Misky ·

Dit gebeur daagliks en nie eens meer snaaks nie. Die ou was maar net gelukkig dat sy vrou dit op video het. Die ou gaan seker nou hengse eis insit oor sy “menseregte” wat gekrenk is….. Dalk Bentley nr2 dan koop

Baardman ·

Enige iemand, ongeag sy ras of status, het die reg om menswaardig behandel te word. Dit is die groot probleem in ons land. Gebrek aan RESPEK vir mekaar.

Misky ·

Nerens het ek gesê dis reg nie en natuurlik is dit onaanvaarbaar. Ek sê net dat hy ten minste bewyse het, want ander het nie en dis hulle woord teen die “wet”

Kokerboom ·

Verskeie voorvalle van boewery en omkopery deur verkeersbeamptes in die onlangse verlede laat weereens vraag ontstaan daar nie ‘n groot skroef los is in aanstellings in die land se verkeersadministrasie?! Die feit dat verkeersbeamptes deesdae polisie genoem word skep ‘n funksie en ego probleem. Beamptes is verward en oorskry hul magte en verantwoordelikhede. Verkeerde karakters word aangestel wat verkeersliggaam inherent verrot maak. Moet my nie verkeerd verstaan ..daar is baie goeie verkeersbeamptes! ‘n Laaste probleem is gebrek aan werkstrots, lae integriteit en werk is net ‘n “job”!!!!

Aai ·

Dalk wou die man hom nie se waar kry hy geld vir daai duur voertuig.

Tanya ·

Ja onaanvaarbaar beslis, maar iets mos gelei het tot die voorval, daar is altyd 2 kante tot ‘n storie! Party mense (veral sommige wat in duur motors ry) dink hulle is bo die wet en kan die personeel slegter as sleg behandel!

Daleen ·

Ongeag die man se optrede of houding – NIKS regverdig om hom te klap nie.

Deon ·

Geen, maar geen dienaar vir die publiek mag dienpubkiek aanrand nie…. As hy aan my gaan tik dan slaan ek terug!!

Fanie ·

Ongeag of die motoris die ou gevloek het of nie gee dit geensins die “spietkop” die reg om die motoris te klap nie. Ek hoop die motoris lê n klag van aanranding teen die “spietkop” en n siviele eis teen hom en sy werkgewer.

jacques ·

Hou maar julle asem op, Cat in the Hat gaan na gisteraand se nuwe Level weer dit geniet om soft targeting toe te pas…

Genis ·

As mens die video kyk, die verkeers beampte het sy wapen gespan en hulle beveel om te ry… Hoekom die wapenspan? Sekerlik is dit onwettig?

Persheks Adri ·

Natuurlik is dit onwettig, want jy doen nie dit met die intensie om nie te skiet nie! Hy moet onbevoeg verklaar word ook volgens artikel 102 van wapen wet!

Wielspore ·

Daar is net te veel onbevoegte staatsdiens werkers, of dit nou ‘n gebrek aan opleiding is en of is die persoon nie geskik is vir die soort werk. Dit is totaal onaanvaarbaar dat ‘n veiligheidsbeampte ‘n lid van die publiek deur die gesig klap.

Nie Verbaas ·

Weereens nog n voorbeeld van wat gebeur as jy mag in n onbevoegde BEE aanstelling se hande sit.

jzjz05 ·

Ek gio nie jy is alleen nie, daar is baie wat soos jy dink . Die vertroue in die reg soos baie ander dinging onder die ANC is nie meer vertroubaar nie .

Tanniepetoors ·

Hoe op aarde gebeur dit? Maak nie saak wat die omstandighede was nie, geen verkeersbeampte of polisiebeampte het die reg om ‘n lid van die publiek te klap nie! Nee my magtag, dis verregaande.

Erika ·

It come down to This – If certain Idiots are in Position of Power/Control they can do what they like (incl Abuse of Power Position & And treat others like the way they want when it suit them …And must not be held accountable..”. because We don’t like Rules..Or Organised Structure .. ..O NO ” – THEY ARE THE LAW… OF COURSE…ABOVE EVERYTHING…
You treat Others the way you want to be treated Yourselves -That”s GODS WAY
You Will be held Acountable..

Fanie ·

Ek het Januarie 2020 na 37 jaar as n verkeersbeampte wat trots op sy uniform en werk was en wat n passie vir die beroep gehad het, afgetree. Dit is ongelukkig so dat die meerderheid verkeersbeamptes nie meer daai passie of trots het nie en dit is ongelukkig n feit dat die meeste net sy/haar mag misbruik en natuurlike ook omkoop geld vra. Daar voor plaas ek die blaam vierkantig op die skouers van die owerhede want hulle stel deesdae enige “KAK” aan en sit kriminele in uniform. Die krimineel wat dit motoris geklap het hoort in die tronk en die sleutel moet weg gegooi word.

Danie ·

Die polisie is so korrup en arrogant dat dit gin wonder is dat hulle vermoor word. Mens in die land respekteer nie die polisie en dit sluit metro polisie in. Daar word n haat gekweek en net hulself is daarvoor verantwoordelik. Hulle besef nie dat in werklikheid is elke landsburger wat belasting betaal hul wergewer. As mens verkeerd doen dan moet hulle profesioneel optree maar wat doen hulle, vat bribes, soek seks, rand mense aan, neem deel aan kapings, help om geldwaens te beroof, pleeg moord, suip op diens, verkrag vrouens en noem nog vele op en nou moet jy hom vertrou omdat hy n blou lig het en n uniform dra. Swak Cele en kie swak

Blikkies ·

En as jy strafregtelike klagtes teen hulle indien, kom daar dadels van…

JohanR ·

Die motoris was in ‘n Bentley. Miskien was die beampte jaloers, en kan ons maar se die motoris het die Bentley motor bekom deur ‘n lekker groot onwettige tender, of hy was een van daai wat VBS beroof het?

Daleen ·

JohanR jy kan nie sulke aannames maak nie en wat het die tipe kar wat die slagoffer ry met enige iets te doen.

Ou Mak Muil ·

Die meneer in die Bentley kon seker nie koeldrankgeld gee nie! Die tenderbedrag was net groot genoeg vir die Bentley.

Daleen ·

Kommentaar is ongegrond en ongevraagd – watter kar iemand ry het niks met die feit dat hy aangerand is te maak nie – groenoog monster Ou Mak Muil? Net so het watter kar JY ry niks met jou ongevraagde kommentaar te doen nie of het dit?

ben ·

Ek sweer, ek sal aftree op die eisgeld van so n voorvalletjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.