Ondersoek ná berigte van mishandeling by leërskool

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van verdediging het gesê daar sal ondersoek ingestel word na berigte van fisiese mishandeling en verbale aanranding by die weermag se infanterieskool op Oudtshoorn.

“Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula wil dit graag duidelik stel dat geen vorm van mishandeling op militêre basisse geduld sal word nie,” het Joy Nonzukiso Peter, woordvoerder van die departement, in ‘n verklaring gesê.

Volgens Peter is daar bewerings dat rekrute by die infanterieskool mishandel word. “Minister Mapisa-Nqakula veroordeel ten sterkste die fisiese en sielkundige mishandeling van rekrute. Verder het die minister belowe om te verseker dat daar streng opgetree sal word teen die oortreders. Die mees onlangse bewerings sal voorkeur geniet in die ondersoek.”

Peter het gesê Temba Matanzima, die militêre ombudsman, het verlede jaar ʼn ondersoek van stapel gestuur ná klagtes van soldate ontvang is. Matanzima het verskeie voorstelle gemaak na afloop van die ondersoek.

“Die voorstelle is aan die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag oorhandig vir implementering. Die aanbevelings wat in die verslag vervat is, is sedertdien geïmplementeer,” het Peter gesê.

“Minister Mapisa-Nqakula is dus heeltemal ontnugter met die onlangse bewerings van fisiese mishandeling en verbale aanranding by die genoemde infanterieskool.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Paplepel ·

By wie gaan die papsakke kla as daar op hulle geskiet word in ‘n oorlog situasie? Ek kan dit al sien; “Haai julle wat die vyand is, dis nou middagete. Moenie kom pla nie. Julle fight nie fair nie, julle skiet om raak te skiet! Ons gaan die minister sê!”
… en so val alle disipline en beheer strukture een-een inmekaar.

Canned Phantom ·

Hoe het die mannetjies gedink gaan dit in die Weermag wees? Elke uur ‘n rookbreek en aftydjie om gou te tweet oor hoe rof dit gaan? FISIESE EN VERBALE “MISHANDELING” IS DEEL VAN DIE MILITêRE PROSES! Dis hoe jy saam met jou makkers as ‘n eenheid gevorm word.

Leonie ·

Ek is van Oudtshoorn af en ek belowe jou dis skokkend as mens na die weermag ouens daar kyk. Hulle is regtig slapgat en die vrouens kan defnitief nie fisiese oefeninge doen nie want hulle agterstewe is so groot, hulle sal uitpass as hulle bietjie hardloop. Waar is die jare wat ons weermag top fiks was. Nou as hulle bietjie oefening kry en uitgekak word hardloop hulle media toe en maak dit rasisties. Hulle sou nie ‘n dag op die Grens oorleef het nie!

chris ·

Was self daar in my jong dae.
Ek weet nie of ek moet treur of bly wees nie.Hierdie was in daardie dae ‘n uiters gesogte basis en dit was met trots dat ons die kentekens gedra het.Die kleure was egter amper verwarrend!

scalla ·

Dis hoekom dit so gaan met al die departemente, slap houdings en geen dissipline.

johan K ·

As n ex Charlie Komp. rekruut wil ek net se Slap gatte !!! Verwag mos die wereld skuld hulle.Dit is hoekom ons wat eers as een van die beste weermagte in die wereld was nou een van die swakstes is.

Lekkerste tye wat jy nie oor wil he nie….Wit Kop Badenhorst Roete en moenie Butt Koppie vergeet nie.

chris ·

Ek was in foxtrot,Barry was ons comp bev.Goeie ou dae.Kan nie ers dink dat so iets ooit by een van ons sou opkom nie.Sou dadelik van kursus verwyder wees.
Wat ‘n skande.Ek hoop nie ou Rob wil ons inval nie.Dan sal die 6 dag-oorlog van Israel nie meer gesien word as kort oorlog nie

emile ·

Daar is ‘n verskil tussen harde militêre opleiding en fisiese aanranding van rekrute. Was self in die 80s ‘n jaar lank by Infanterieskool, later ‘n offisier met bevel oor eie troepe en self harde opleiding uitgedeel.

Hoewel opleiding en dissipline fisies en sielkundig hard was, was fisiese aanrandings nêrens in die ou SAW geduld nie. Faffaskool se leierskap-opleiding is/was vrywillig en rekrute wat nie samewerking wou gee nie, selfs nie in die hardste opf*kke en strafdril nie, is eenvoudig van die kursus afgegooi; geen rang en gepaardgaande voordele nie, maar daar was nooit aanrandings nie; dit was ernstige krygsraad-stories.

Wat die afgelope paar jaar op Oudtshoorn gebeur is egter ongehoord. Elke jaar lees ons meer van die leiers se swak dissipline en gly van die eens hoë standaarde. Besemstokaanvalle, aanval van polisiestasie, dronk offisiere in die townships.

Tos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.