Ondersoek ná beweerde poging tot seksuele aanranding by openbare swembad

Die beweerde voorval het Woensdag, op Nuwejaarsdag, by die openbare swembad in Seepunt gebeur. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot seksuele aanranding nadat ʼn 11-jarige seun op Nuwejaarsdag by ʼn openbare swembad in Seepunt in Kaapstad byna seksueel aangerand is.

Wayne Dayson, Kaapstad se woordvoerder oor wetstoepassing, het gesê die voorval is omstreeks 16:00 aangemeld. “Dit is by wetstoepassers aangemeld, maar by ons aankoms was die beweerde aanvaller reeds vort. Die ma is na ʼn polisiestasie om klagtes aanhangig te maak,” het hy gesê.

Meer besonderhede oor die aard van die voorval is glad nie bekend gemaak nie.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn saak van poging tot seksuele aanranding by die Seepunt-polisie geopen is.

Die Seepunt Pavilion het ʼn Olimpiese grootte swembad asook ʼn kinderswembad en is ʼn gewilde trekpleister vir plaaslike inwoners én toeriste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.