Ondersoek ná bewering van polisieman se suggestiewe handgebaar

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voorval word ondersoek nadat ʼn polisiebeampte na bewering ʼn jong vrou in die Sandton-polisiestasie seksueel geteister het.

André Snyman, stigter van die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch, het Donderdag aan Maroela Media gesê die vrou, in haar 20’s, het Woensdag na die Sandton-polisiestasie gegaan om ʼn ligte motorongeluk aan te meld vir versekeringsdoeleindes.

“Sy was besig om die vorm in te vul toe die beampte wat haar gehelp het, gevra het of sy mej. of mev. is,” het Snyman gesê. “Sy het geantwoord sy is mej. omdat sy gedink het dit is ʼn vraag vir amptelike doeleindes.” Die beampte het toe na bewering ʼn suggestiewe handgebaar gemaak en haar gevra: “Soek jy van hierdie?”

“Sy was baie geskok, maar het gemaak asof dit nie gebeur het nie en voortgegaan om die vorm in te vul,” het Snyman gesê. “Later het die beampte dieselfde handgebaar gemaak en weer gevra of sy ‘van dit wil hê’. Sy het daarna die polisiestasie in ʼn absolute toestand verlaat.”

Snyman het van die voorval te hore gekom en dadelik na die polisiestasie gegaan. Daar het hy die bevelvoerder aan diens, kol. Gonaseelan Govender, van die voorval vertel en versoek dat ʼn saak van seksuele teistering ondersoek word. “Govender was uiters behulpsaam en het dadelik die besonderhede van die voorval afgeneem en belowe dat die saak verder ondersoek sal word. Indien die beampte skuldig bevind word, staar tugstappe en moontlike ontslag hom in die gesig,” het Snyman gesê.

Govender het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat ʼn ondersoek van stapel gestuur is, maar het gesê daar is nie ʼn amptelike saak geopen nie aangesien die vrou nog nie ʼn amptelike verklaring afgelê het nie. “Dit is hoorsê in hierdie stadium, maar ʼn ondersoek word gedoen,” het hy gesê.

Die vrou het versoek dat haar naam nie bekendgemaak word nie uit vrees vir viktimisasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Irene ·

Hoorsê, dit is van al die hoorsê dat ons land is waar dit is.

pop ·

Gaan niks van kom nie. Haar woord teen syne. Sy moes daar en dan so kabaal opgeskop het en dit aangemeld het.

ladybug ·

Hy moet sy werk verloor. Sulke polisielede is nie welkom nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.