Ondersoek na ‘bisarre’ landing by OR Tambo

‘n Skermgreep uit die video wat wys hoe die ligte vliegtuig op die rybaan by die OR Tambo-lughawe land.

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) sê hy is steeds besig met sy ondersoek nadat ʼn ligte vliegtuig sowat twee weke gelede by die OR Tambo-lughawe – Suid-Afrika se besigste lughawe – ongeskeduleerd en boonop op ʼn rybaan geland het.

ʼn Video van die voorval is wyd versprei. Daarin kan gesien word hoe die vliegtuig, ʼn viersitplek RV-10, omstreeks 13:25 gevaarlik naby aan die enjins van ʼn straler land wat reeds op die rybaan is en gereed maak om op te styg.

“Ons is dankbaar dat hierdie nie ʼn noodlottige voorval was nie, maar ons beskou dit as bisar, kommerwekkend en uiters gevaarlik. Ons gaan geen steen onaangeraak laat om te verseker dat diegene wat hiervoor verantwoordelik is voor stok gekry word nie. Alle feite, bewyse, asook die verloop van gebeure en/of besluite deur diegene betrokke, gaan deeglik ondersoek word,” het Poppy Khoza, die direkteur van burgerlugvaart, gesê.

Die vliegtuig midde in die bohaai is ʼn laevlerk-, amateurgeboude, eenmotorige vliegtuig wat in ooreenstemming met die BLO se klassifikasie as eksperimenteel beskou word. Dit word grootliks vir ontspanning gebruik.

Die vliegtuig het by die nuwe Tempe-lughawe in die Vrystaat opgestyg. Luidens die voorlopige inligting was drie mense aan boord – twee passasiers en die vlieënier wat ʼn private vlieglisensie het, het die BLO in ʼn verklaring gesê.

Daar is vroeër bespiegel dat die vlieënier ʼn passasier na die internasionale lughawe geneem het, omdat dié persoon andersins glo laat vir ʼn kommersiële vlug sou wees. Die lugvaartgemeenskap het met afgryse op die voorval gereageer en ingrypende optrede geëis.

Daar was ook heelwat vrae oor hoe die vlieënier dit reggekry het om die lugruim by die OR Tambo-lughawe sonder ʼn vlugplan binne te gaan.

“Selfs al het die vliegtuig nie enige skade opgedoen nie en is geen beserings aan boord van die vliegtuig of op die grond aangemeld nie, is dit bitter vreemd dat die vlieënier op ʼn rybaan, pleks van ʼn aanloopbaan, geland het,” het Khoza gesê.

Rybane word gebruik wanneer ʼn vliegtuig ná of ván ʼn aanloopbaan beweeg.

“Daar is nog talle vrae wat beantwoord moet word sodat ons ʼn feitelike gevolgtrekking oor dié gevaarlike voorval kan maak. Dit moes nooit gebeur het nie en mag beslis nie wéér gebeur nie.

“Die optrede het groot veiligheidsgevolge, omdat slegs passasiers en personeel wat klaring of die nodige toestemming het, aan dié kant van die lughawe toegelaat word.

“Die ondersoek word as ʼn prioriteit beskou en moet so gou moontlik afgehandel word, omdat die voorval ʼn direkte uitwerking op lugvaartveiligheid en -sekuriteit in Suid-Afrika het,” het Khoza gesê.

“Suid-Afrika het ʼn voortreflike rekord vir lugvaartveiligheid en ons gaan nie toelaat dat enigeen die veiligheid en sekuriteit van passasiers of bemanningslede ondermyn nie. Ons gaan alles moontlik doen om ʼn herhaling van die voorval te voorkom.”

Dit is in dié stadium onduidelik of die betrokke vlieënier reeds in verband met die voorval ondervra is.

https://www.facebook.com/RealLiveSA/videos/463555887823102/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Riaan P ·

Kan jy nou meer…
En hulle bedoel seker …die vlieënier wat ‘n private vlieglisense ‘gehad’ het…
;-)

colleen ·

Dalk ‘n Gupta in die vliegtuig? Hulle maak mos nes hulle wil.

Ondersoek ·

Twee weke gelede? Vra tog maar vir die vlienier man. Hulle wonder hoe dit moontlik is dat so iets kon gebeur. Dit is regtig lagwekkend. Huhh?

Tino ·

Dis nou van gil en spring, eks seker die knaap het aan die meerderheid van die reels voldoen. Die enigste deel wat vreemd was, was die vooraf geliaseerde vlugpplan in my opinie. Die feit dat ‘n klein vliegtuig eerder op die rybaan geland het is die veiligste keuse omrede hy uit die pad van die stralers op die aanloopbaan gebly het.

Maar dit gaan meer oor dis nou ‘n oomblik waar ons kan wys ons doen iets teenoor die gewone en alledaagse niks nie. Selfde soos waneer die metro die hele hoofweg toemaak waneer daar ‘n bumper bashing in die linkerbaan was.

Die wat in beheer is het sekerlik nie ‘n idee van hoe operasionele deel van die lughawe werk nie. Hoe durf hy, as hy swart was was alles kwaai!

Amanda ·

Dringende ondersoeke? Wat weet ons nou al van die Guptas en hulle landing op Waterkloof?

Landi ·

So die res moet maar gelos word. Dat kerm en krys ons weer daaroor ook.

Anoniem ·

Aag wat op Waterkloof land hulle ook in elk geval nes hulle lus is – vir troues !

Santie ·

Natuurlik op die pad gesien hoe maklik taxi’s indruk op die paaie, en toe ook van hierdie die metode gebruik gemaak. Maar, grappies op ‘n stokkie…..Hierdie landing is uiters bekommerniswekkend vir ons land se veiligheid!

Michael P ·

Weereens wys net hoe mense geen meer respek het vir sy medemens nie almal maak net soos hy lus voel en geen respek vir wet en regulasies nie Wat het van ons land geword?

Se iets ·

Hahahah Dit is skreeuw snaaks.
Ek se nie dit is nie gevaarlik nie, maar wel daar sien jy hier kom die ou kleintjie tussen die grotes deur.
Hy wil sy merk ook net maak in die lewe

John ·

Hoekom word die name weerhou? Niemand is oorlede nie of is dit hogere regeringsamptenare of iemand met baie geld. Die kapings gaan voort en SAL is bang anders kry dit nie miljarde vir nog kapings nie…

Erika ·

Hoop die pasasiers was betyds vir die volgende vlug ten minste!!! Haha goeie pilot, wat als en almal mis en tot die radars by di lughawe!!! Hulle moet sommer die personeel aandiens ook straf..

Anoniem ·

AARTO – vir vlieg, dit sal Hom baie punte kos en moontlik sy vlieglisensie

Wielspore ·

Die opmerking van die vlugplan wat nie ingedien is, natuurlik het die vlieënier ‘n vlug plan gehad. Styg op by Tempe en land by OR, hy kon seker uit die lug sien daar is heelwat plek om te land en vat toe die een die naaste aan die gebou want sy passasier is mos laat.

Pb ·

Laat hom sit vir etlike jare..konfiskeer sy vliegtuig. Ek sien glad nie die humor in die storie raak nie…daar is duisende mense lewens in gevaar gestel

Gemasderde Sopbeen ·

Vlieënier is seker ‘n “taxi boss”….Hulle ry ook NET waar hulle wil, NES hulle wil…sonder enige gevolge vir hulleself……net ongerief en risiko vir hulle mede pad- en aanloopbaan gebruikers….

humor ·

Pb baie waar, en nou is die persoon in elkgeval heeltemal te laat. Dit is nou soos Afrika algaande ook hier ontaard. Kru wetteloos onder alle groepe

Koos de Meyer. ·

Enige persoon wat ‘n vlieg lisensie het behoort te weet dat ‘n vlug plan ingedien moet word. Dit gaan my verstand te bowe hoe mense so arrogant kan wees.

Narike ·

Hahaha, miskien jet hy sy vlugplan geFAKS en toe werk hulle mashiene nie. Geen geld vir papier nie……. Of die epos was unreachable, soos wat die meeste staats instansies se eposse is. Bly nogsteeds n grap.

Disselboom ·

Dis nou ‘n dwars vlieënier wat so insluip en kalmpies land. Die berig laat dit klink of die vliegtuig toe gaan parkeer het, die passasiers is in die lughawegebou in en doodgewoon met hulle lewe aangegaan? Disselboom het maar ‘n sagte plekkie vir sulke dwars ouens wat die reëls so rustig kan ignoreer (sonder om ander mense skade aan te doen!) en met hulle lewe aangaan.

Michelle ·

Twee weke gelede ????
WAT
Hul vra nou eers vrae daaroor.

Absoluut onaanvaarbaar.

Dit wat op die vliegtuig ingesmokkel was is al lankal in omloop of erens.
Seker diamante ???

Ep ·

Hoekom ons niks verneem van die kamstige ondersoek glo ek dat hy toestemming gegee is om daar te land en nou hou almal hul monde om n verdere verleentheid te spaar Ons almal weet hoe onbevoegd en useless ons mede broers en susters is …. met n matriek van 30% wat verwag mens nou eintlik??

kolla ·

Kyk, die ou moes nou net die veiligheid verder beproef het om tot teen die lughawe-gebou te taxi, sy passasier af te laai en weer van een van die aanloopbane af op te styg. O amper vergeet, sommer ook voor ‘n passasiersvliegtuig indruk om eerste op te styg. Ha, ha

Gatiep ·

Moontlik die dame wat oorsee moes vlieg vanaf Bloem gou kom aflaai aangesien Express sommer uit die bloute gekanseleer het sonder om die passasiers in kennis te stel. n Ou laai van van SAL.

Gerbrandt ·

Hoe het hy dit reg gekry om by Tempe op te styg sonder n vlug plan?

Doris ·

Ek dink BLO moet strenger optree teen sulke ouens wat onverantwoorddelik optree wat sulke dinge doen want jare terug het daar nie so baie vliegongelukke voorgekom soos in die laaste 10 jaar nie . Daar was reels en regulasies as n mens wou gaan vir n vlieenier maar vandag lyk my kan enige mens vlieg dit is hoekom daar so baie vlieg ongelukke ook is,maak nie saak of dit n Vliegtuig of Helikopter ongeluk is.Vat hulle vas BLO. en ek hoop julle gaan binnekort weer Weermag. Lugmag en Polisie ongelukke ook doen dan gaan ons die waarheid hoor van vliegongelukke. Daar sterf te veel mense deur nalatigheid. Dink net hoeveel onskuldige mense sterf in vlieg ongelukke. Vat hulle vas BLO.

Chris ·

Ek breek my slap vir al julle komiese kommintaar!! Met al die strooi in ons land het mense darem nog ‘n fantastiese sin vir humor. Nou lekker gelag!!!

Jan ·

Ek verstaan nie hoekom die ondersoek so lank neem nie . In my dae op die lughawe , was hy net daar ge arresteer , lisensie opgeskort en vliegtuig ge konfiskeer.

Hannes Stemmet ·

Alles in geheel gesien? Het hulle hom of het hy onwettig ook opgestyg? Waar is hy nou?

Pik ·

Wie het video geneem want my foon moet af wees as ek op vlug is vra maar net

Muffin ·

Die vlienier moes alreeds agter tralies gewees het en beslag gele het op die vliegtuig.
Ons sal niks verder hoor nie.

Manie van Worcester ·

net in hierdie land sal dit gebeur en die vlieenier na 2 weke nog vry rondloop sonder dat iemand weet wie dit is.

Kolskoot ·

Die manne in die beheertoring was op n kit cat brake hulle is net so skuldig

PJC ·

Die ouens wat die lugbeheer doen het duidelik nie geweet hoe om te reageer op hierdie insident nie en is dus net so onbevoeg as die betrokke vlieënier.

George in Bloem. ·

“Transformation & affirmative action in action”. En die betrokke sotte sal net mooi niks oorkom nie………soos gewoonlik. Man,dit gaan al te lekker hier in Azania. Viva man. Viva!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.