Ondersoek na bloed in gastehuis eers gestaak

Yolandi Botes.

Die polisie in Gauteng het sy ondersoek na die bloed wat in Mei vanjaar in ʼn gastehuis aan die Oos-Rand gekry is, tydelik gestaak nadat vasgestel is dat die bloed nie dié van die vermoorde Yolandi Botes (35) is nie.

Kapt. Mavela Masondo, het Saterdagoggend aan Maroela Media bevestig dat die bloedmonsters wat vroeër vir DNS-ontleding in ’n kamer van die Oceanic Lodge-gastehuis in Kemptonpark geneem is, nie ooreenstem met dié van Botes nie.

Maroela Media het vroeër vandeesweek berig die bloed is volgens die polisie se DNS-uitslag dié van ’n onbekende manlike persoon.

“Die ondersoek [na die bebloede gastehuiskamer] sal tydelik gesluit word terwyl die ondersoek na die moord in die Vrystaat sal voortgaan,” het Masondo vanoggend gesê.

Botes se ontbinde liggaam is op 4 Mei digby die Vaal-vakansieoord by Villiers in die Vrystaat gevind.

Sy is op 26 April omstreeks 06:30 die laaste keer by die OR Tambo-lughawe gesien toe ʼn Uber-bestuurder haar opgelaai het. Sy was glo onderweg na Brakpan om vir haar kinders te gaan kuier.

Die polisie het ʼn dag voor Botes se liggaam in die Vrystaat gevind is, bloed in een van die kamers by die Oceanic Lodge-gastehuis in Kemptonweg, naby die lughawe, ontdek. Daar was ook bloed op die bed, op die vloer, asook in die wasbak en stort in die badkamer. ʼn Mes was ook in die kamer gevind.

Odette van Staden, spesialisondersoeker van die private speurder Mike Bolhuis, wat deur Botes se familie aangestel is om haar dood te ondersoek, het die DNS-uitslag vandeesweek as ’n deurbraak bestempel aangesien die gastehuis nou by die ondersoek uitgeskakel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Blomme ·

Ek hoop die moordenaar word wel spoedig opgespoor. Elke mens het die reg op lewe en om iemand so van haar geliefdes te beroof is nie reg nie.

Johanna ·

Daar is baie verdagteoptrede van haar man wat in Danabaai gebly het en skielik vertrek het. Hy het nooit na sy vrou gaan soek nie, waa baie besitlik . Haar liggaam was nog nie eers gevind nie, toe het hy ALLES in boxe gebak gehad. Hy was blykbaar voorheen vir moord in die Gevangenis.

Anel ·

Nou wie sê die bloed behoort nie aan die moordenaar nie? Mens vind mos uot wie se bloed dit is en die rede hoekom daar bloed is. Wat se tipe speurders staak ‘n ondersoek halfpad? Dit sal my gepla het tot ek uitgevind het wie se bloed dit is. Dis hoekom dit so sleg gaan met ons polisie.

Niklaas ·

Dis tog iemand se bloed wat gekry is daar. Gaan daai kwessie nou nie meer ondersoek word nie? Dis dalks a.g.v. ‘n ander moord!

Kathleen ·

Sjoe , darem weet ons nou dit is nie Yolandi wat daar vermoor is nie , maar wat het dan gebeur dat sy op so ‘n afskuwelike manier moes doodgaan ? Ek hoop van harte dat Mike Bolhuis en sy span die moordenaar opspoor en hom laat betaal vir so ‘n verskriklike afskuwelike daad . Ek voel verskiklik jammer vir haar kinders .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.