Ondersoek ná brand by Waterkloof-lugmagbasis

Die brand by die lugmagbasis het Sondag omstreeks 19:00 uitgebreek. (Foto: Twitter)

Die oorsaak en omvang van die skade wat aangerig is nadat ʼn brand Sondagaand by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria uitgebreek het, sal deel van die weermag se ondersoek na die voorval vorm.

Die brand het omstreeks 19:00 by die massa-brandstofopgaardepot van die basis uitgebreek, sê brig.genl. Andries Mahapa, woordvoerder van die weermag. Dit is binne ʼn uur in bedwang gebring nadat brandbestrydingspanne van die Waterkloof-lugmagbasis en dié van die Swartkops-lugmagbasis in Valhalla daarheen ontplooi is.

Volgens die Tshwane-nooddiens het die 24 000 liter-tenk aan die brand geslaan. “Die brand was van so ʼn aard dat hulle dit nie nodig geag het om die stad vir hulp te nader nie,” lui ʼn verklaring van die nooddiens.

Brandbestryders van Centurion is nietemin na die basis om hulp te verleen, sou die situasie vererger. “Daar is bevestig dat die stad se hulpbronne nie nodig is nie omdat die brand reeds geblus is.”

Volgens die weermag is die brand binne ʼn uur in bedwang gebring en geen struktuurskade is aangerig nie. Mahapa sê die algehele skadebepaling sal egter deel vorm van die ondersoek na die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Corne123 ·

seker ook n boemelaar wat die plek aan brand gesteek het

Chris dupreez ·

En daai boemelaar is ook seker lid van die RET bende

Jack ·

Net die bietjie beheer,bestuur en bevoegdheid ontbreek.Daar is geen ander verduideliking nie.Sulke brande gebeur nie net nie.

JL ·

Nog ‘n sleutelpunt wat brand? Die gebrek aan sekuriteit en bestuur, soos vele ander dienste in die land is geweldig kommerwekkend.

JM ·

Hierdie brand is gestig, soos daar begin is met ander sleutelpunte. ‘n Sieklike neiging om af te breek en te verwoes.

minnie muis ·

die s afriikaan was nomadies en het getrek van een weiding na ander en dis waar ons vandag sit…..

Samuel ·

Waarom nog ‘n sleutelpunt wat aangeval/brandgemaak word? Te toevallig.

Atta ·

Ek het nie geweet dat ons Lugmag nog brandstof het nie… Dalk die bietjie wat daar nog oor was wat gebrand het, dis seker hoekom hulle dit so gou kon blus.

Shakespeare ·

Al die brandstigtery, massa “looting” liederlike korrupsie en onbevoegdheid is gemik daarop om die land onregeerbaar te maak. Ek verstaan nie. Die land is al vir minstens 20 jaar onregeerbaar. Nou hoe nou ??

Esme ·

Nog ‘n brand in soveel dae…. En was Waterkloof nie in die nuus met die Gupta Saga nie. En ja, natuurlik gaan daar ‘n ondersoek plaasvind en ja, natuurlik gaan ‘n boemelaar geoormerk word as die skuldige.
Kriminele ondersoeke in die land moet deur onafhanklike individue gedoen word – ons sogenaamde SAPD bereik niks en geen arrestasies volg nie – dit is lagwekkend om die minste te se.

Thelsa ·

As ‘n man het ek ‘n groter kan om swanger te raak as wat ons die waarheid rakende die oorsaak van die brand sal kry. Die ‘spindokters’ is al reeds besig om die verklarings te skryf.

Pablo ·

Die brandstof tenk was seker leeg. Die lugmag vlieg deesdae op lug.

Sarel ·

Ondersoek…??? Niemand word tog ooit verantwoordelik gehou vir enige brand nie..nie eers by due Palementsgebou nie

Nico ·

Die brand is binne ‘n kwesie van ‘n uur geblus sonder dat die brandstof tenks ontplof het, dit is ‘n raaisel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.