Ondersoek na brand in Kuruman-stadsaal

Die brand het langer as ses uur gewoed (Foto: Verskaf)

Die stadsaal in Kuruman in die Noord-Kaap is Woensdagmiddag deur ’n brand verwoes.

Paul Marais, ’n lid van die AfriForum-buurtwag in Kuruman, sê sy lede het omstreeks 16:00 groot walms rook by die stadsaal gewaar en onmiddellik die brandweer, nooddienste en polisie ontbied.

AfriForum se brandspan is geaktiveer om die brand te help blus.

“Lede van die gemeenskap het ook ingespring om met die brandbestryding te help,” vertel Marais.

Die brand het langer as ses uur gewoed totdat dit omstreeks 22:30 in bedwang gebring is.

Die brand is die aand 22:30 onder bedwang gebring (Foto: Verskaf)

Marais sê die brand het die stadsaal omtrent heeltemal verwoes. Hy sê dit het wel minimale skade aan die munisipale kantore wat aangrensend aan die stadsaal is, aangerig.

Die munisipale kantore was Donderdag gesluit en het glo Vrydag weer bedrywighede voortgesit.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het die brand bevestig en gesê in hierdie stadium is dit nog nie bekend hoe dit ontstaan het nie.

“Deskundiges ondersoek tans die oorsaak van die brand en sal moontlik eers teen volgende week ’n verklaring hê,” sê Tawana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Faruk ·

Al meer ou geboue brand “skielik” af… toeval? Ek glo nie!

Dubbelloop ·

Hierdie baie brande deesdae word veroorsaak deur terroriste. Niks anders nie

Jacobus ·

Glo nie in toeval nie. “Ons mense” se gunsteling tydverdryf.

Johann ·

Anargie ip sy beste. Brand is een van die gunsteling “wapens” in n terroris se arsenaal. Vra maar die kenners….daars n paar van hulle in die ANC en verwante comrade assosiasies.

Danny ·

En so verdwyn daar etlike dele van ons geskiedenis, stukkie vir stukkie..

Kosie ·

So vernietig hulle alles, seker maar hoe hulle beplan om van voor af te begin moet nou net die sink “huisies” vervang met modder en gras,

madels ·

O regtig!!!?? Weet nie wat die brand veroorsaak het nie? Regtig?? Ons almal weet mos nou al!!!!

WILLEM ·

Ons land wat oor baie jare opgebou is, word nou stukkie vir stukkie verwoes en vernietig. Die sulkes kan niks onderhou en verbeter nie, alles moet tot niet gaan. Waar gaan dit eindig. Noem die groep van die bevolking wat dit doen by die naam en tree op.

Hercules ·

nog ‘n terroriste aanslag op ‘n ou gebou van voor 1994 – die mensdom het nog niks gebou nie, net afgebreek

def van terrorisme:
“die onwettige gebruik van geweld, manupilasie en intimidasie, veral teen onskuldige burgerlikes, in die strewe na eie politieke doelstellings” 

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.