Die polisie in Louis Trichardt ondersoek ʼn brand wat vanoggend omstreeks 02:00 uitgebreek het by die polisie-kwartiere.
Polisiebeamptes, wat in die kwartiere bly, het wakker geword toe die gebou in vlamme gehul is, het lt.kol Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. Hulle het die brandweer en die polisie ontbied wat vinnig reageer het.
“Die hele gebou en hul besittings is verwoes. Een privaat voertuig, wat aan ʼn lid behoort, is ook beskadig.”
Een polisiebeampte het geringe beserings opgedoen, het Ngoepe bygevoeg.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort.
- SAPD-kwartiere wat in Louis Trichardt afgebrand het (Foto: SAPD, Limpopo)
- SAPD-kwartiere wat in Louis Trichardt afgebrand het (Foto: SAPD, Limpopo)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Die polisiebeamptes het die polisie ontbied,,,,,,,
Nou hoe nou!!!
Die polisiebeamptes het die polisie ontbied?
Gister lees ek op die nuus die hoof van misdaadintelligensie het n vervalste matriek sertifikaat vandag lees ek n saps polisie beampte is in Brasilië gearresteer vir dwelmsmokkel en ons moet belasting betaal hiervoor ,tyd geword om n belasting terug te hou en ons eie sekuriteit maatskapye in elke buurt aan te stel ek bedoel as die hoof van misdaad intelegensie nie eers matriek kan kry nie waarmee sit ons in die huidige polisie.
Die saps is soos die anc uitgedien en n mors van staatsgeld en dink elke dorp of stad moet sy eie metro polisie aanstel deur n paneel saamgestel deur verteenswoordigers van die wykskomitees
Hallo 10111 ! Dis die polisie wat bel , kom help asseblief!