Ondersoek ná brand kwartiere verwoes

SAPD-kwartiere wat in Louis Trichardt afgebrand het (Foto: SAPD, Limpopo)

Die polisie in Louis Trichardt ondersoek ʼn brand wat vanoggend omstreeks 02:00 uitgebreek het by die polisie-kwartiere.

Polisiebeamptes, wat in die kwartiere bly, het wakker geword toe die gebou in vlamme gehul is, het lt.kol Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. Hulle het die brandweer en die polisie ontbied wat vinnig reageer het.

“Die hele gebou en hul besittings is verwoes. Een privaat voertuig, wat aan ʼn lid behoort, is ook beskadig.”

Een polisiebeampte het geringe beserings opgedoen, het Ngoepe bygevoeg.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jack daniel ·

Nou hoe nou!!!
Die polisiebeamptes het die polisie ontbied?

Leahim ·

Gister lees ek op die nuus die hoof van misdaadintelligensie het n vervalste matriek sertifikaat vandag lees ek n saps polisie beampte is in Brasilië gearresteer vir dwelmsmokkel en ons moet belasting betaal hiervoor ,tyd geword om n belasting terug te hou en ons eie sekuriteit maatskapye in elke buurt aan te stel ek bedoel as die hoof van misdaad intelegensie nie eers matriek kan kry nie waarmee sit ons in die huidige polisie.

Eish ·

Gister op die nuus in onderhoud met Johan Burger is ontbloot die die perd slegs ondervinding het as wag! By beskermingseenheid gewerk om mense te beveilig. Genade tog.

Coenraad ·

Die saps is soos die anc uitgedien en n mors van staatsgeld en dink elke dorp of stad moet sy eie metro polisie aanstel deur n paneel saamgestel deur verteenswoordigers van die wykskomitees

Marous ·

Hallo 10111 ! Dis die polisie wat bel , kom help asseblief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.