Ondersoek ná byna 600 vroue in Gauteng verdwyn

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng (Foto: ANA)

Die departement van gemeenskapsveiligheid in Gauteng het Woensdag gesê hy stel ondersoek in nadat 597 vroue verlede jaar in dié provinsie verdwyn het.

Dit volg nadat die Demokratiese Alliansie verlede week hul kommer uitgespreek het oor die hoë getal verdwynings. Die departement het gesê die sake “geniet prioriteit”.

“Ek is geskok om kennis te neem dat van die 597 vroue wat tussen Januarie en Oktober 2017 as vermis aangemeld is, slegs 151 gevind is,” het DA-LP Kate Lorimer gesê. “Waar is die ander 446 vroue?”

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir die departement, het gesê die departement se mandaat is slegs om ʼn oorsigtelike rol te speel oor wetstoepassingsagentskappe in die provinsie. “Volgens ons statistiek, wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens verskaf is, is 597 vroue glo in 2017 as vermis aangemeld en 151 is gevind. Die vermiste vroue is uit ʼn verskeidenheid ouderdomsgroepe. Al die oorblywende sake van vermiste persone word ondersoek tot dit gefinaliseer is,” het Nkosi-Malobane gesê.

Volgens haar bly die departement daartoe verbind om ʼn veiliger omgewing te verseker vir burgers, veral vir vroue en kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Karolis ·

Is hierdie verlore vroumense nie dalk net spookpersoneel van eskom of onderwyseresse nie wat nou kamtig verlore is?

Scheepers ·

So dis hoe ‘n LUR in 2018 lyk. Nog altyd gewonder…..nou weet ek.

IK ·

Figuurlik gesproke is sy beslis die regte persoon vir veiligheid. Ontsettend om te dink dat sóveel vroue net weg is, wat van minderjariges en kinders, is hulle hierby ingesluit?

Hanna Hoekom ·

Baie van hierdie vrouens kies om te verdwyn agv huishoudelike geweld, armoede ens. Ek sou baie meer bekommerd oor die boere wees wat agv misdadigers ” verdwyn”!

Nika ·

@Hanna Hoekom, daar is baie vrouens en kinders wat verdwyn agv mensehandel. Weet jy wat is die toekoms vir vrouens en kinders wat ontvoer word in sulke situasies? Hulle word vir maande tot jare gedwing om seksuele dade te pleeg teen hulle wil en hulle word teen hulle wil gedwelm. Mens wens dit nie to op enige iemand nie. Ek sê dis reg dat hulle ondersoek instel om dit te bekamp. Een lewe is nie meer werd as n ander nie.

Aletta ·

Ek is redelik moeg vir almal wat dink boere in ons land is meer belangrik as ander mense. Hanna Hanekom gaan kyk na die website na die hoeveelheid plaasaanvalle in die hele land in vergelyk met die getal vroue wat net in Gauteng verdwyn het 2017. Dit is nog nie eers al die cash-in-transit heists of ander aanvalle van geweld en moord nie. So neem asb kennis daar bly ander mense in SA ook nie net boere nie. En net ter naskrif ek kom uit ‘n familie boere.

Gert ·

En wat het geword van die mense wat hulle as vermis aangemeld het? Het hulle toe nie weer navrae gedoen nie?

Blommie ·

Gert natuurlik word daar navraag gedoen, die sake is nog oop.
Wat my eintlik kwaad maak en omkrap is dat die media en polisie doekies omdraai oor die stand van sake. Hoekom se hulle nie presies wat die oorsaak is nie. Daar was net n berig so ruk terug oor n trok vol kinders wat gevind was wat moontlik oppad was vir mense handel.
Hoekom word die publiek nie ordenklik ingelig oor al die gevare en wat hulle doen en hoe hulle jou kry, se ons regit en vertel ons wat aangaan. want bewusheid red lewens.

LouE ·

En hoeveel mans het verdwyn? Dit sal die syfers in perspektief plaas. En in dieselfde asem – Hoeveel kinders het verdwyn?

Blondie ·

Die onderwêreld se web van misdaad teen die mensdom word net groter en groter ooral oor die wêreld, maar meestal in Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.