Ondersoek na Covid-19-bedrog ‘moet politici insluit’

(Argieffoto: Vincent Thian/AP)

Die werk van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) na bedrog met die toekenning van kontrakte tydens die Covid-19-pandemie, moet bespoedig word en daar moet daadwerklik teen die skuldiges opgetree word.

Dít volgens dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, wat sê die SOE het wel gevorder met sy ondersoeke soos bewys word deur die spesiale ondersoektribunaal se beslissing dat twintig maatskappye R10 miljoen moet terugbetaal vir korrupte tenders.

Adv. Andy Mothibi, hoof van die SOE, het Vrydag terugvoer gegee oor die eenheid se vordering met ondersoeke na die multimiljard rand se ongerymdhede wat met die staat se toekenning van Covid-19-tenders verband hou.

Adv. Andy Mothibi, hoof van die SOE, het Vrydag gesê van die R30 miljard wat staatsdepartemente tussen April en November verlede jaar bestee het, word R13,3 miljard se kontrakte in hierdie stadium deur die eenheid ondersoek.

Dié kontrakte is aan meer as 1 700 diensverskaffers toegeken.

Altesaam 189 bewerings van korrupsie met die aankope van PPE is by die SOE aangemeld.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. (Foto: VF Plus)

Aanbevelings is ook gedoen dat tugstappe teen talle amptenare gedoen word, sake is aan die Valke oorhandig vir verdere ondersoeke en sommige amptenare se pensioene is gevries terwyl die ondersoeke voortduur.

Groenewald sê egter die geld wat tot dusver danksy die ondersoeke teruggevind is, is ʼn druppel aan die emmer gemeet aan die berigte en bewerings van bedrog wat gepleeg is.

Hy sê die werksaamhede van die SOE kos die belastingbetaler waarskynlik al meer as die geld wat tot dusver verhaal is en dat die wiel van geregtigheid in hierdie geval te stadig draai.

“Dit val ook op dat geen hoëprofielpolitikus volgens die SOE by ongerymdhede betrokke is nie en slegs amptenare is tot dusver by die ondersoek betrek.

“Die SOE moenie wegskram daarvan om politici behoorlik te ondersoek en, indien skuldig, te laat vervolg nie.”

Groenewald sê die party sal die vordering van die ondersoeke deeglik monitor.

“Suid-Afrikaners verwag om geregtigheid te sien en die SOE se werk tot dusver voldoen nie aan die verwagtinge nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Francois

Goeie woorde maar niks gaan daarvan kom

Porseleintjie

“Politici insluit” lees die berig. Dit moet se “politici” word ondersoek.

Mariana

En so sal die groot visse weer wegkom want alle oë is nou op die klein vissies. Klink of die SOE juis aangestel is om die aandag af te trek van daai grotes.

Danie

Begin by die groot anc kokkedoor CR, KOPDOEK ENS.

Jacobus

Met alle respek aan ons regs gesag; ons is vuisvoos oor die berigte en gerugte en die sardyne word liggies oor die vingers getik en sit met massale salarisse by die huis (kamtig geskors). Mense wat met oop oë deur die lewe gaan word beskuldig van sameswerings teorie apologete. G’n wonder die beskouing dat die hele ding ‘n besigheid “scam” is word al meer rieel.