Ondersoek na diefstal lei tot gru-ontdekking

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Skokverhaal van ontvoering en moord het Dinsdag in die Port Shepstone-landdroshof begin ontvou waar Jean Pierre Haggard (24) en Riaan Marais (27) vir die moord op ʼn plaaslike inwoner verskyn het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Haggard en Marais het op aanklagte van ontvoering, diefstal, roof en moord verskyn. Albei is steeds in polisieaanhouding.

Pradeep Mahabeer van Marburg in Port Shepstone het op 2 Julie spoorloos verdwyn. Sy wit VW Golf was ook vermis. Die polisie het die saak ondersoek, maar daar was geen teken van Mahabeer nie.

Intussen het die polisie in Port Shepstone ʼn saak van diefstal ondersoek nadat twee televisiestelle in Junie uit ʼn huis in Umtentweni, naby Port Shepstone, gesteel is. “Marais is deur die polisie ingebring vir ondervraging en die diefstalsaak het ʼn reuse-kinkel gekry,” het Naicker gesê.

Die ondersoekspan is tot by Haggard in Kempton Park aan die Oos-Rand gelei waar Mahabeer se Golf gevind is. Marais sowel as Haggard is in hegtenis geneem.

“Marais het speurders na ʼn afgeleë gebied in die bosse naby die Umkomaas-rivier gelei waar menslike oorskot gevind is en wat na die Port Shepstone-lykshuis geneem is,” het Naicker gesê. Hy het gesê die polisie vermoed dat die oorskot dié van Mahabeer is, maar dat ʼn forensiese analise van die bene die oorledene sal identifiseer.

Haggard en Marais was glo goeie vriende na aanleiding van inskrywings op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

hennie ·

Christa, Wanneer ons weer ‘n Godsvresende regering, en nie n misdadiger regering het nie!!!!!! Dan wil ek net byvoeg dat dit na alle kante toegepas moet word en nie net op sekere etniese groepe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.