Ondersoek ná dooie muis in bevrore boontjies

Die oorskot van die muis uit die boontjies (Foto aan Maroela Media verskaf deur Moira-Marie Kloppers)

Die oorskot van die muis uit die boontjies (Foto aan Maroela Media verskaf deur Moira-Marie Kloppers)

McCain Foods SA het bevestig dat hulle ondersoek sal instel ná ʼn dooie muis glo in ʼn pak bevrore boontjies gevind is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn gesin van Pretoria het Sondag die muis ontdek in ʼn pak McCain-groenboontjies wat hulle in ʼn winkel in Potchefstroom gekoop het.

McCain het Dinsdag in ʼn verklaring aan Maroela bevestig dat hulle verpakking op die hoogste bedryfstandaarde plaasvind wat veiligheid en gehalte aanbetref. “Hierdie standaarde word deurlopend by alle fabrieke toegepas en ʼn aantal van hierdie gehaltekontroleprosedures is spesifiek daarop gefokus om vreemde voorwerpe te voorkom,” het Marna Terblanche, handelsdirekteur, gesê. “Só ʼn voorval is dus ʼn groot kommer vir ons.”

Terblanche het gesê ondanks streng gehaltekontroleprosedures wil dit voorkom of ʼn vreemde voorwerp wel in hierdie seldsame geval nie opgespoor is nie. “Ons kan ongelukkig nie bevestig wat gebeur het of hoe dit gebeur het voordat ons nie ʼn deeglike ondersoek gedoen het nie.”

Sy het bevestig dat alle noodsaaklike stappe gedoen sal word om soortgelyke voorvalle te voorkom.

“Ons vra om verskoning dat ons produk nie aan die klant se verwagting voldoen het nie, maar bevestig dat ons sal ondersoek instel,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Susan ·

Dis nou regtig swak. Het so ruk terug kakkerlakke in Melrose se blokkies kaas gekry. Ook net ondersoek ingestel en nooit weer iets daarvan gehoor nie. Dis regtig onaanvaarbaar dat sulke gediertes in verpakte voedsel is. Sal my mond nooit weer aan Melrose (Parmalatt) of McCain produkte sit nie. S

Andries ·

Ek het ook by n’ plek gewerk waar alles deur masjiens gedoen word maar elke pakkie her mos n’ verval datum. Die printer kan so opgestel word dat alle inligting beskikbaar is met die druk van n’ knoppie. So ek weet nie wat Marna Terblanche, handelsdirekteur van Mc Cain wil ondersoek nie.Die printer gee jou die dag datum en lyn waarop die produk gemaak word en selfs die tyd. Ek wil voorstel dat sy ophou om die publiek te mislei en net se waar die produk vadaan kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.