Ondersoek ná Durban-reservoir ineenstort

Foto: Twitter

Die eThekwini-metro se Mobeni-waterreservoir in die suide van Durban het ineengestort.

Die reservoir het vroeg Saterdagoggend ineengestort en volgens die metro word die oorsaak en die omvang van die skade nog ondersoek. Die ineenstorting van die reservoir het tot wydverspreide wateronderbrekings in omliggende gebiede gelei.

Die voorval kom te midde van die afgelope week se gewelddadige betogings deur munisipale werkers.

Maroela Media het vroeër berig die eThekwini-metro het eiendomskade van meer as R3,5 miljoen gely weens die staking.

Volgens Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, sluit die bedrag nie die ekonomiese verlies en koste wat aangegaan is om watertenkers te huur in nie.

Foto: Twitter

Die staking deur hoofsaaklik werkers van Durban se water- en sanitasie-afdeling en afvaldienste het daartoe gelei dat watertoevoer in verskeie gebiede dae lank afgesny is.

Die werkers staak oor die stad se beweerde eensydige salarisverhoging aan sowat 53 uMkhonto WeSizwe- militêre veterane wat onlangs in die afvalafdeling in diens geneem is, terwyl ander werkers op dieselfde salarisskaal gebly het.

Minstens 31 betogers is in hegtenis geneem tydens die betogings. ʼn Ingrypingstaakspan is intussen aangestel om gesprekke tussen die metro en vakbonde te fasiliteer en so gou moontlik ʼn oplossing vir die geskil te probeer vind.

Mchunu het gesê die krisis het ʼn verlammende uitwerking op infrastruktuur, die ekonomie en die reputasie van die metro gehad.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

lewies ·

Nog ‘n ramp. Hoeveel nog voordat hulle oe sal oopgaan? “Outa” julle het baie baie werk. Sterkte daarmee

Gert van Wierdapark ·

INGRYPINGTAAKSPAN! Dis ‘n pragtige beskrywende woord Durban! Hoop die spannetjie kom gou agter die kap van die byl om die 53 “Veter-ane se salaris voortrekkery te ont-lont! Die a en see leer maar op die harde, en duur manier vir die belastingbetalers, dat baantjies vir” Ou-boeties”, nie orals ongesiens deurgedruk kan word nie! Wat van bystand deur ‘n Ontlonting-taakspan?!

Weskusklong ·

Kan jy nou meer. 53 oud MKs wat nou in die afvalafdeling werk. Stuur hulle eerder na die rioolplaas.

Wilma ·

Nie nodig vi ondersoek
Onbevoegde kaders en swak instandhouding. Geld beland in sakke van korruptes en als tort ineen. Die massas te onnosel om te besef

Andreas ·

Wel slegter as voor die skades kan dit seker nie met die betogers gaan nie, so waarom sal hulle omgee, daar is jaar na jaar geen verbetering in hul eie omstandighede nie, plaas die blaam op apartheid, maar dit bring ook nie verligting nie. Ek hoop Cyril en die politici sal dit een of ander tyd besef. maar ek dink ook dit is ‘n ‘pie in the sky’.

Johanna Botha ·

Van een ramp na die volgende ! In pta staan die hekke nou oop so enige persoon kan daar in en skade veroorsaak.

Disgusted ·

Skade is gister al aangerig. Video word wyd versprei en niemand doen iets nie.
SAP hou situasie dop te bang of te dom om iets tedoen.

Lynette ·

Is die veterane nie veronderstel om al met pension te wees nie? As dit jong mense is kan dit nie veterane wees nie.

Anoniem ·

Nee wat nog ‘n bewys dat onderhoud aan infrastruktuur deur nalatigheid nie gedoen word nie !

Stella ·

Ag dis nou mooi,NOG skade wat die vrot land terug sit,en die “owerheid”doen bokkerol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.