Ondersoek na Enock se dood afgehandel

Polisieduikers het Enock se liggaam in die rivier gevind. (Foto: Panyaza Lesufi/Twitter)

Die geregtelike ondersoek na die dood van Enock Mpianzi (13) is afgehandel.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die dossier is reeds aan die departement van justisie oorhandig wat sal besluit oor die moontlikheid van vervolging.

Dít volg enkele dae nadat die forensiese verslag oor die dood van Enock, ʼn gr. 8-leerder aan Parktown Boys’ High School in Johannesburg, bekend gemaak is. Die verslag toon dat die skool nalatig en roekeloos opgetree het tydens ʼn skoolkamp wat die lewe van dié leerder geëis het.

Enock het in Januarie tydens ʼn skoolkamp in Noordwes verdrink.

Maroela Media het vroeër berig die verslag wys onder meer foute uit met die presensielys, reddingsbaadjies en die beplande wateraktiwiteit waaraan leerders by hul aankoms op die kamp moes deelneem. Enock se liggaam is twee dae ná die wateraktiwiteit in die Krokodilrivier gevind.

Die verslag bevind indien die skoolhoof, onderwysers en kampbestuur die situasie anders hanteer het, sou Enock se lewe moontlik wel gered kon word en beveel aan dat dissiplinêre stappe teen Malcolm Williams, die skoolhoof ten tyde van die voorval, en die ses onderwysers wat op die kamp was, gedoen word.

Williams is ná die voorval voorlopig geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Belinda ·

Wens regtig jul kon SOVEEL aandag en TYD aan ander kindertjies se dood spandeer. Geeneen is meer werd of minder werd nie, maar regtig ‘n vermoorde verkragte kindjie moet met dieselfde wilskrag, vuur en dryfkrag ondersoek word.

Magda ·

Wens ALLE Moorde kan so vinnig en doeltreffend opgelos word.

Andre ·

Ja as all insidente met dieselfde geesdrif ondersoek word sal dit al help.Maar so gaan dit.

Scalla ·

lesufi moet eerder daaraan dink om swemlesse in skole aan te bied.

AmY ·

Ek onthou toe ons op veldskool was, is ons in groepe ingedeel met ‘n groepleier. Die leier (en mede groeplede) het te alle tye seker gemaak dat almal veilig en teenwoordig was.
In al my jare op skool (alle kampe én veldskool) het nie één kind verdrink of ernstig seergekry nie.
Sê maar net.

Chantel ·

Presies, want daar was toesig deurentyd. Ons moes al daai jare (vroeë 80’s) twee-twee rond beweeg.
Dit is growe nalatigheid van die skool en kampterein.

Louwrens ·

Dis hartseer wat met die mannetjie gebeur het en ek stem die verantwoordelike volwassenes moet maar antwoord.
Sal dit opreg waardeer as soveel moeite met ander ernstige misdaad ook gedoen kan word, ons land se kos voorsieners word byne uurliks op hul privaat grond en eiendom aangeval en vermoor maar daar word absoluut nie eens n aks van die moeite ingesit om so n geval op te los nie.
Die regstelsel is n absolute grap.

marius ·

Die verslag moet getoets word in ‘n verhoor . Nie so eenvoudig as wat die mense voorgee nie . Hou maar shrien se debakel in gedagte ….

Piet parys ·

Lefusi het nagelaat om reels en regulasies in plek te stel om die tragedies soos vaal driehoek en verdrinkiigs te verhoed of te probeer verhoed . Weereens n bewys dat hy ongeskik verklaar moet word vir sy pos . In die privaatsektor sou hy al lankal afgedank gewees het . Kinders wat nie kan swem nie moet wegbly van water aktiwiteite .sover ek weet moet ouers toestemming vir kinders gee om op so n kamp te gaan en daarom moet hulle die mense wat in beheer is uitvrae omtrent veiligheid vir die kinders . Dis maklik om te blameer .

Niklaas ·

Dis tragies van die seun se vedrink voorval in Januarie. Maar sedertdien is dosyne andere dood veral op plase. Geen bohaai daaroor. Nou wat maak die arme oorlede seun se geval dan so belangrik? Ons sal Kersdagnog hiervan hoor. Dis bietjie vreemd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.