Ondersoek na Gray laat vaar

Dr. Glenda Gray (Foto: SAMRC)

Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) het Dinsdag besluit dat geen verdere ondersoek in verband met prof. Glenda Gray, president van die MNR, se uitlatings oor die regering se hantering van die Covid-19-pandemie ingestel gaan word nie.

Dr. Anban Pillay, waarnemende direkteur-generaal van die departement van gesondheid, het Maandag versoek dat ʼn ondersoek na Gray van stapel gestuur moet word nadat sy op 16 Mei aan News24 gesê het die regering se plan om die inperking stelselmatig uit te faseer is “onwetenskaplik en onsinnig”.

Pillay het die uitlatings as “valse aantygings teenoor die regering” beskryf.

In ʼn verklaring Dinsdag sê die bestuur van die MNR hulle het ʼn vergadering belê en bevind dat Gray geen toepaslike beleid van die raad in die proses oortree het nie. Die MNR het ook versoek dat Gray, die minister van gesondheid en die ministeriële advieskomitee (MAK) die kwessie oor die uitlatings wat aan die media gemaak is, in die beste belang van al die partye en die land moet oplos.

In ʼn aparte verklaring het Gray Dinsdag haar dankbaarheid oor dié bevinding uitgesprek en die MNR bedank vir die dringendheid waarmee hulle die saak hanteer het. “Ek wil ook graag van hierdie geleentheid gebruik maak om almal wat persoonlik na my uitgereik het tydens hierdie moeilike tyd te bedank, veral dié wat daarop aangedring het dat die beginsels van akademiese vryheid behoue bly.” Gray het ook haar kinders en familie bedank vir hul bystand die afgelope week.

Sy het ook haar kollegas en die MNR-raad verseker dat sy gefokus bly op die werk van die MNR, veral in die stryd teen Covid-19.

Soos vroeër berig het die MNR Maandag onder kritiek deurgeloop nadat hy die regering om verskoning gevra het vir Gray se uitlatings. Hy het glo ook ʼn ondersoek gelas en Gray is glo daarvan weerhou om enigsins met die media te praat.

Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Maandag gesê ʼn ondersoek na Gray sal ʼn heksejag wees. Volgens Habib het die MNR die volste reg om homself van Gray se uitlatings te distansieer en gaan die MNR te ver deur haar stil te maak en te laat ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Harry ·

Beslis ‘n gatkruip versoek van Pillay af. Outokrate duld nie wyse opinies nie. Dankie vir al die ingeligtes wat na Dr Gray te hulp gesnel het. Ten minste is daar mense wat hierdie bemarkingsfoefie van die staat nie koop nie.

Nie Verbaas ·

En nou Mkhize en Pillay? Die waarheid seevier hier. ANC 0 – Gray 10

Adam Adriaan ·

“The truth shall set you free” Dr u het net die waarheid gepraat. Dankie daar voor!! Niemaand kan help as die “siennede blind en die horende doof is nie.”. Hulle hoof vakke op skool was seker stillees en hoofrekene.

Jan ·

Dit wys weer dat die stast weet hulle jaag aan en sy is reg so dankie mevrou dat jy nie bang was om jou opienie te lig nie

Willem ·

Mooi Prof. Daar is nou gewen vir ons omdat hul ons klomp nonsens voer

Alleen Wolf ·

Ek is bly vir haar, hulle het geweet as hulle die ondersoek uitvoer sal hulle onderduimsheid op die lappe kom.

JohanR ·

Sy was nooit skuldig aan iets in die eerste plek nie, behalwe om die Minister Van Gesondheid ‘n lekker snotklap te gee! prof Glenda Kemp 1, Dr Zwelini Lawrence Mkhize 0. En die ou het planne om die volgende President te wees, en hy kan nie eers bietjie die hitte vat wat uit die kombuis uitkom nie!

Fae Fubar ·

Hiehie, nee Johan. Die dr dans darem nie met slange om die lyf nie…

Deon ·

Ek hoop hier gaan n publieke verskoning gevra word aan hierdie vrou!!!

Paul ·

Geluk Prof Gray dat jy sterk gestaan het teen hierdie mense!!!

JohanR ·

Hoe lekker lag ek nou vir myself. Waar was my gedagtes. prof Glenda Kemp? Moet se darem dat prof Glenda Gray het darem die slange vermy….

marius ·

Jan FE Cilliers se Trou – Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan . Ek hou van ‘n man wat ‘n slag kan slaan . Ek hou van ‘n man wie se oog nie wyk . Ek hou van ‘n man wat ‘n bars kan kyk . En ‘n wil wat soos ‘n klipsteen staan . Gebruik maar self vir ‘n baker maat ……

Gemaskerde Sopbeen ·

Pragtig. Die hele versoek na ondersoek was beslis ‘n heksejag. Gelukkig blyk dit toe die MNR hou hulle self nie met poppebollie op nie.
So dankbaar daar is erens mense met gesag wat voet kan dwars neersit vir die regering en veral sommige kaders wie soos skool boelies aangaan.

Toy ·

Sy weet waarvan sy praat, die Staat moet net bietjie begin luister.

Hennie ·

Dis aibsolute9 bog hierdie! Verseker was hierdie pragtige, goedgekwalifiseerde professor reg in haar aannames en uitsprake. Noudat die sirkus sien dat sy haar nie doodskrik vir hulle dreigemente nie, nou moet alles gestaak word! Hoekom? Hulle besef dat daar meer as net een kan wurms oopgekrap gaan word wat tot hulle nadeel sal strek en moontlike burgerlike woede gaan ontlok. Ek versoek die geagte Prof Gray om aan te dring op die ondersoek, ons as lede van die volk is geregtig op die waarheid en net die waarheid en ons soek dié waarheid!!

Piet parys ·

Pillay n regerings lakei. Nou het die top pos en is dit sommer ook klaar ge BEE ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.