‘Ondersoek na Gray ʼn heksejag’, sê Habib

Dr. Glenda Gray. Foto: SAMRC

Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) het Maandag onder kritiek deurgeloop nadat hy die regering om verskoning gevra het oor dr. Glenda Gray, president van die MNR, se uitlatings oor die regering se die hantering van die Covid-19-pandemie. Gray word glo nou daarvan weerhou om met die media te praat nadat die MNR ʼn ondersoek gelas het na die skade deur haar uitlatings aangerig.

Alfred Thutloa, woordvoerder van die MNR, wou egter nie kommentaar oor die bewerings lewer nie.

Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het in die lig van die bewerings gesê ʼn ondersoek na Gray sal ʼn heksejag wees.

Volgens Habib het die MNR die volste reg om homself van Gray se uitlatings te distansieer hoewel hy te ver gaan om haar stil te maak en te laat ondersoek.

Dít volg nadat dr. Anban Pillay, die waarnemende direkteur-generaal van die departement van gesondheid, versoek het dat ʼn ondersoek na Gray se uitlatings begin word omdat sy “valse aantygings teenoor die regering” in die media gemaak het.

Maroela Media het vroeër berig Gray het die regering se plan om die landwye afsondering stelselmatig uit te faseer as “onwetenskaplik en onsinnig” beskryf. Sy het gesê die afsondering moet eerder onmiddellik gelig word en niefarmaseutiese benaderings soos die was van hande, sosiale afstandhandhawing en die dra van maskers moet eerder gebruik word om te keer dat die virus verder versprei.

Pillay het ʼn brief aan prof. Johnny Mahlangu, voorsitter van die MNR, gerig waarin daar versoek word dat Gray se uitlatings ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Dankie Habib die vrou word gestraf omdat sy te slim is vir die sirkus

Karlahari

Dr Glenda.
Maak nie saak wat jy in die verlede vir die struggle gedoen het nie.
Jy is n vrou. Jy is wit.
Jy is n bedreiging vir die wat nie hulle poste in die regering verdien nie.
En in die land mag so hoë pos nie deur n blanke gevul wees nie.
Welcome to our world.

Pieter

Bly by jou standpunt DR GRAY moet nie soos die klomp narre als ontken nie. Ons is trots op jou want jy is nie bang om jou se te se nie

Oomniklaassevriend

Ideologie was nog altyd hoog op die regering se prioriteitslys en die wetenskap baie laag. Dit word net aan sekeres gegun om van die regering te verskil. Dr Gray sou anders gehanteer gewees het as sy van kleur was – dalk ‘n ministerspos?

Nie Verbaas

Sy het net ANC magsbeheptheid en onbevoegtheid uitgelig. As die skoen jou pas, trek hom aan.