Ondersoek ná groep tiener op video aanrand

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Kempton Park-polisie aan die Oos-Rand ondersoek ʼn saak van aanranding nadat ʼn groep tieners glo ʼn 16-jarige seun so erg aangerand het dat hy vir twee dae in ʼn koma was.

Maroela Media het Vrydag berig ʼn skokkende video het aan die lig gekom van ʼn groep vermeende boelies, vermoedelik van verskeie skole aan die Oos-Rand, wat glo mense na verskillende huise oornooi met die doel om hulle aan te rand. Die video volg onderaan die berig.

Isabella Henderson, die 16-jarige slagoffer se ma, het Woensdag aan Maroela Media gesê die aanval het op 21 November plaasgevind, die middag nadat haar seun sy laaste eksamenvak vir die jaar geskryf het.

“Hy het ʼn uitnodiging ontvang van ʼn seun wat homself as ʼn vriend voorgedoen het, en wie se naam aan ons bekend is, om ná skool by ʼn huis in die Glen Erasmia-landgoed te gaan kuier,” het Henderson gesê.

Haar seun het die uitnodiging aanvaar, min wetend dat hy daar deur ʼn groep van sowat tien tieners ingewag word met die doel om hom aan te rand. Henderson kon sedert haar seun se aanval ʼn paar van dié tieners se identiteite bepaal. Hul name mag egter nie bekend gemaak word nie, aangesien ʼn kriminele aanklag teen hulle aanhangig gemaak is en hulle minderjarig is.

“Toe my seun daar aankom het die groep hom in die erf omsingel sodat hy nie kan vlug nie. Een seun het hom met ʼn Apple Sourz-drankbottel gedreig. Hy het probeer om uit die gespanne situasie te kom toe een van die seuns hom skielik uit die bloute in die gesig slaan. Hy is uitgeslaan en was omtrent vir twee ure bewusteloos. Terwyl hy op die grond gelê het, het hulle hom verder aangerand en ook met ʼn knuppel en stok geslaan.”

Die tiener was baie deurmekaar toe hy bygekom het. Hy moes aanwysings van vreemdelinge vra om by ʼn winkelsentrum naby sy huis uit te kom, sodat hy van daar kon bepaal hoe om by sy huis uit te kom. Sy ma was tydens die aanval in Durban. Haar vriendin het haar seun hospitaal toe geneem toe hy by die huis opgedaag het.

Hy is in die hoësorgeenheid van die hospitaal opgeneem en was vir twee dae lank in ʼn koma. Hy het harsingskudding en ʼn nekbesering opgedoen.

Intussen het van die betrokkenes selfoonvideogrepe van die aanval onder mekaar en by hul verskillende hoërskole versprei. Die slagoffer se vriendin het dit in die hande gekry en aan Henderson verskaf. Henderson het op haar beurt speurwerk gedoen en van die vermeende aanvallers geïdentifiseer, waarna sy die inligting aan die polisie verskaf het.

Sy het tydens haar ondersoek uitgevind dit is glo die vyfde aanval van sy soort, en die jongste aanval was in Brandwag in Benoni, skaars drie weke voor die aanval op haar seun.

“Die groep, wat meisies insluit, gaan glo lukraak deur name op hul selfone vanwaar hulle dan hul slagoffer kies. Hulle nooi die persoon na iemand se huis, waar die kind aangerand word terwyl dit op selfone afgeneem word,” het sy verduidelik.

Kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder van die Kempton Park-polisiestasie, het by navraag aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek die voorval en bestudeer die inligting wat Henderson aan hulle verskaf het.

“Die ouer en die ondersoekbeampte het Dinsdag vergader om meer inligting oor die voorval te bespreek,” het Mtshali gesê. “Die ondersoekbeampte is tans besig om verklarings van die vermeende verdagtes wat uitgewys is, in te samel. Wanneer al die verklarings afgelê is, sal dit na die staatsaanklaer gestuur word, wat sal bepaal watter stappe verder gedoen gaan word.”

Hy het gesê die polisie is nie bewus van ander soortgelyke voorvalle nie. “Die ander voorvalle is dalk nie by die polisie aangemeld nie. Ons versoek dat as daar slagoffers van soortgelyke voorvalle is, dat hulle dit dadelik sal aanmeld.”

Die video is deur eBlockwatch op YouTube gelaai. WAARSKUWING: Die beeldmateriaal bevat geweld en kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

charmaine ·

Sulke varke! weer seker RYK EN VERVEELD met hulleself. Nou het al daardie cool kinders vd res van hulle lewe n kriminele klag teen hulle. Gemors, dink net waar gaan hulle oor jaar of 2 wees!

Vliegie ·

Siek!!!. Laat die wetters so nag of twee in n regte polissie sel slaap. Dat hul so n voorsmakie kry van die real world.

emile ·

eblockwatch se 20 sekonde-lange stil advertensie is irriterend en lei die aandag van die boodskap af.

Leeutjie ·

‘n Skoolvakansie en ‘n rekord. Ek wonder hoe voel daardie ouers oor hulle kinders se dade! Ek sal hoogs ontsteld wees as my kind so iets aan ‘n ander kind doen. Waar gaan hierdie spul opeindig? Dieselfde met die meisies …. ek kan nie glo wat ek lees nie!!! Die mamma moet baie ver gaan met hierdie saak!

pop ·

Die tipe kinders is n skandvlek op hulle ouers se name, wat die ouers waarskeinlik verdien. Wat jy plant sal jy oes. En die skurke se ouers gaan duur regshulp kry om hulle los te kry.

Nina ·

As ‘n ouer van 4 kinders, dink ek dis belaglik om die aanname te maak dat ‘wat jy plant, sal jy oes!’ Enige ouer kan ‘n kind opvoed. Ongelukkig weet mens nie altyd wat hulle doen wanneer onder ander se invloed en druk nie! Veral tieners.

Chanel ·

Ongelukkig is die stelling wat jy maak heeltemal onwaar Nina.

Die Bybel maak ‘n belofte, dat wanneer jy jou kinders volgens Sy wil en in Sy wee grootmaak, hulle nie van die pad sal dwaal nie. Dit wat hier gebeur IS die ouers se skuld. Kinder begin rook en drink en vloek agv invloed. Hulle moor en doen nie sulke veragtelike dade aan ander oor invloed nie. Om so iets aan iemand anders te doen of selfs te staan en toekyk is nie groeps druk nie. Dis lafhardtigheid. Dis pateties en die ouers verdien nie om kinders te he nie. Indien jou kind gedragsprobleme het, moes jy dit as ouer al opgemerk het voordat sulke goed soos die gebeur en kon jy dit verhoed het, en ook al hulp gevra het. Geen verskoning is aanvaarbaar vir die tipe gedrag nie

Leeutjie ·

Chanel, ek sal graag wil weet wat die ouers van hierdie kinders hierop te se sou he. Ek hoop rerig een van die ouers van die boelies lees hier en gee ons antwoorde. Dit sal interessant wees om die ouers se kant van die storie te hoor.

piet ·

Dit werk nogals nie so nie. Kyk maar na Dominee Badenhorst, sy seun mag nooit sport speel op skool of gaan oorslaap nie. Vandag is hy die hoofsanger van F(kk*f polisie kar. Elke kind het sy eie wil, dit het niks met ouers of die tipe huis te doen nie. Ek ken baie mense wat groot geword het met alcohol misbruik en geweld in die huis en vandag as grootmense is hulle voorbeelde. Elkeen het n wil en dis jou wil as jy jou self wil verbeter.

Nina ·

Wat jy as waar aanvaar, verander geen snars dat jy aannames maak oor ouers se opvoeding of hoe kinders optree ongeag daarvan nie. Wie is JY in elk geval om te besluit dat ‘n ouer nie ‘n kind verdien agv ‘n kind se optrede? Genade.

Annette ·

Ek voel net jul almal wat soveel te se het oor die ouers, moet maar eers stil bly en die feite kry. Dis nie ALTYD die ouers se skuld vir wat hul kinders doen nie, en op 16 behoort ‘n kind al besluite te kan neem van wat reg en verkeerd is – veral in vandag se tyd. 90% van die tyd moet albei ouers werk en is nie daar om die hele tyd te kan sien wat die kinders aanjaag nie – en ja, hulle word beinvloed deur slegte elemente, wat buite die ouers se beheer is. Hierdie kinders is heel moontlik die grootste engeltjies by die huis, maar sodra hul ouers nie by is nie, word hulle rebelle. Ek het self 4 kinders, en kan bevestig dat hul aksies nie altyd die spieelbeeld is van hoe hul opgevoed is nie. Chanel en Pop, ek hoop julle het kinders om sulke aanmerkings te kan maak. En as jul kinders het is hulle seker die perfekte engeltjies – doen absoluut niks verkeerd nie??
Maak oop jul oe, en moenie jul blind staar teen engel gesiggies nie.

Nina ·

Jy het dit baie beter gestel as wat ek het. :) Ek hoop ook maar die twee se bloedjies dra vlerkies en ‘n ‘halo’, aangesien hulle duidelik perfek is en dus hul kinders so goed in die Here se weë opgevoed het dat HULLE BESLIS NOOIT sal fouteer, afdwaal of skeef durf kyk nie.

Elizma ·

Dit breek my hart om te sien dat blanke Afrikaners sulke barbaarse dade pleeg!!! Asof ons wittes nie genoeg deur ander ELEMENTE doodgemaak word nie!! Hoekom moet ons dit aan ons eie mense doen??? Dis verskriklik om te weet dat mens nie eers meer jou eie nasie kan vertrou nie!!

Hoop die GEMORS wat die dade gepleeg het, word swaar gestraf en dat hulle ‘n permanente klad op hul naam gaan he wat hulle gaan verhoed om eendag ordentlike werk te kry en ‘n “ordentlike” lewe te lei!! SKAAM JULLE!!!!

Nikita ·

Kan ons blankes nie asseblief tog mekaar respekteer en bystaan en help, in plaas van om sulke wrede dade te pleeg nie!!!?? Ek stem saam met Elizma: ons veg om oorlewing in hierdie land omdat ons blankes by die duisende uitgemoor word!! Nou kan ons nie eers ‘n partytjie bywoon sonder om bang te wees dat jy dalk deur jou eie mense aangerand gaan word nie???

Ons moet regtig leer om saam te staan!!! Ek hoop hierdie GEMORS elemente word deeglik gestraf!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.