Ondersoek ná kleuter glo in isolasiesaal verkrag word

Die Dr. George Mukhari-hospitaal in Pretoria. (Foto: Thobile Mathonsi/ANA)

Die polisie in Gauteng sê hy het begin met ʼn ondersoek na bewerings dat ʼn tweejarige kind verkrag is terwyl die kleuter in ʼn Covid-19-isolasiesaal in die Dr. George Mukhari-hospitaal in Pretoria was. Die polisie het die kind se ouers boonop glo van bakboord na stuurboord gestuur toe hulle ʼn saak aanhangig wou maak.

“Die Gautengse polisiebestuur neem kennis van die bewerings en beskou dit in ʼn baie ernstige lig. Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, genl.maj. Johan Ndlovu, het opdrag gegee dat ʼn departementele ondersoek dringend na die bewerings gedoen word,” het brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, gesê.

Die uitslag van dié ondersoek sal die weg vorentoe bepaal, het sy gesê.

“Ons kan bevestig dat ʼn saak van verkragting van ʼn minderjarige in Ga-Rankuwa aanhangig gemaak is en die ondersoek word geprioritiseer in ooreenstemming met die polisie se voorneme om die ondersoeke na misdaad teen vroue en kinders te prioritiseer.”

Peters het gesê die kind se ouers sal op hoogte van verwikkelinge gehou word.

Die Gautengse departement van gesondheid het Maandag gesê die hospitaal ondersoek die bewerings dat die dogtertjie in die saal verkrag is. Amptenare het aanvanklik ontken dat hulle enigiets van die beweerde voorval weet – iets wat die kind se gesin as ʼn infame leuen bestempel het.

ʼn Tante van die kind het Maandag volgehou dat die kind by die hospitaal verkrag is. Die dogtertjie is op 15 Junie deur ʼn kliniek in Soshanguve na die hospitaal verwys nadat sy gesukkel het om asem te haal. Sy sou ook ʼn Covid-19-toets by die hospitaal ondergaan.

Volgens haar het hospitaalpersoneel gesê die dogtertjie het moontlik die nuwe koronavirus onder lede en dat sy in isolasie gehou moes word. Haar ma is aangesê om huis toe te gaan. Die hospitaal het later die nag gebel en gesê die kind huil van pyn. Later het nog ʼn oproep gevolg dat sy nou slaap. Die volgende oggend het die hospitaal haar ma weer gekontak, gesê dat die dogtertjie negatief vir die virus getoets het en dat sy huis toe moet gaan.

Maar die kleuter was net nie haarself nie. Sy het moeilik geloop, vreemd opgetree en deurlopend gehuil. Die ma het ook ʼn vreemde vloeistof op die kind se private dele gesien toe sy haar doek geruil het.

“In die daaropvolgende dae het sy geweier om te speel en heeltyd gehuil. Nadat haar ma nadere ondersoek ingestel het, het sy besef daar is met die kind gepeuter. ʼn Mens kon maklik sien dat daar penetrasie was.

“Hulle het die kind se pa laat kom wat gesê het hulle moet haar die volgende dag na ʼn hospitaal neem. By die KT Motubatse-kliniek het die verpleegster gesê daar is aanduidings dat die kind gemolesteer is en dat sy na die Dr. George Mukhari-hospitaal teruggeneem moet word.”

Volgens die tante moes die gesin daar talle vrae beantwoord en het die hospitaalpersoneel hulle van een plek na die volgende gestuur.

“Die hospitaal het later die Ga-Rankuwa-polisiestasie gebel, maar niemand het opgedaag nie. Ek het besluit dat ons na die polisiestasie moet gaan om die beamptes te gaan sien omdat hulle te lank vat. By die polisiestasie is ons beveel om te wag omdat hulle met ʼn skofruiling besig was.

“Ons is aangesê om te sit en te wag. Ek het gevra hoekom hulle 17:00 skofte ruil, maar elke polisielid wat ek genader het, het gesê hulle is op pad huis toe. Elkeen het ʼn verskoning gehad tot ʼn sersant genaamd Neo ons gehelp het.”

Volgens die tante het die polisie gesê hulle kan nie veel doen nie omdat die klagte “in die aand” aanhangig gemaak word.

“Hulle het gesê voorvalle van kindermishandeling benodig die dienste van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings en dat daardie persoon nie by die polisiestasie was nie. Die betrokke persoon is gebel, maar het gesê hulle is moeg. Daar was net te veel verskonings. Ons is aangesê om huis toe te gaan en dat die polisie ons die volgende dag sal besoek.

“Niemand het opgedaag nie.”

Volgens die tante het niemand tot nou, twee weke later, enige vorm van hulp aangebied nie. In ʼn stadium is sy ook vertel dat die saakdossier vermis word.

Kwara Kekana, woordvoerder van die departement, het gesê daar is ʼn voorlopige verslag na die beweerde voorval en dié verslag is aan die Gautengse gesondheidsdepartement se hoofkantoor oorhandig. Kekana het verdere navrae na die polisie verwys.

Kekana het daarna gesê die hospitaal was deurlopend in verbinding met die kind se gesin en sou met hulle vergader.

Kekana het die versekering gegee dat veiligheid by staatshospitale ʼn prioriteit is, ten spyte van die beweerde voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Genis ·

Liewe aarde, wat nog? Waar is die staff in die hospital? Of was dit een van hulle? Die SAPD se afwesigheid en onbevoegtheid is soos gewoonlik skokkend!

Leeuwyfie ·

Hierdie maak my briesend. Dat hierdie lede polisie genoem word is ‘n skande. Dis wat kom as mense net werk vir ‘n salaris en geen passie of empatie het nie.
Mag hulle as ‘n voorbeeld gestraf word.
Aan die ouers gaan my hart uit. Julle het die beste probeer doen vir jul kind. Baie sterkte daar.
Mag hierdie ook ‘n waarskuwing wees aan alle ouers vir die toekoms, dring aan om by jou kind te bly en isoleer saam met hulle. Die wette van ons politici, staatsdepartemente ens. mag nooit tussen jou en jou kind kom nie. Dit druis in teen ons menseregte. Ons moet begin aandring dat ons regte belangriker is as die regte van misdadigers.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis doodgewoon skokkend onaanvaarbaar. Eerstens moes die kind veilig in die hospitaal wees. Tweedens moes die owerhede onmiddelik opgetree het.
Kom ons hoop maar dat die “ondersoek” ‘n aanvaarbare uitslag sal hê.
Sterkte aan die ouers en veral die kind. Ek hoop daar word vir jou gebid. Hierdie is gewone landsburgers en moet net soveel aandag geniet soos alle mense in die land indien die ANC Regering enigsins omgee.

Faraway ·

Langer kan ek NIE MEER STILBLY NIE!
Hierdie dinge maak my siek en my hart klop onreëlmatig net by die lees hiervan!!!
Hoe kan enige persoon of Polisieman net nie omgee nie al is hy van skof af . . . BEHOORT HY NIE VAN ALLE MENSE ALS TE LOS EN DADELIK TERWILLE VAN DIE ARME KIND OP TE TREE NIE!!!!!!!!
Ek wens ek kon die kind teen my vasdruk en koester en versekering gee dit was als net n verskriklike nare droom!!!
HERE GOD SIEN HIERDIE SMART AAN WAT AAN AL ONS KINDERS GEDOEN WORD EN WEE DIE EEN WAT DIT DOEN!!!!!

Eerlik ·

Swak, mens laat jou kind in “veilige hande” in n hospitaal! Wys jou net weereens watse totale gemors ons land in is! Ek hoop hierdie geval kry soveel kollig en aandag soos die Dros saak.

Leon ·

Ek het destyds my diensplig in die Militêre Polisie gedoen. Ons is vertel totdat jy klaar is, is jy 14 uur van die dag ‘n polisieman. My neef wat in die ou SAPD was het gesê dat jy is 24/7/365 ‘n polisieman. maak nie saak watter tyd dit is nie, jy is daar om die publiek te beskerm.
Dieselfde geld vir hospitaal personeel.
Vandat ons kaders het, het die land begin verrot. Ek het ‘n besturende direkteur gehad wat gesê het: “‘n Vis verrot van sy kop af”. Dit is perfek van toepassing op Suid Afrika.

Isabella ·

Ouers moet ASB ni jul kinders in niemand de sorg alleen plaas…van covid 19 begin ht en niemand by pasiente toegelaat word was ek bevrees van wat mt isolasie pasiente en kinders kan gebeur…ek ht 2 jaar gelede gesien hoe n S verpleegster n 1 jarige hardhandig gebruik ht toe sy sien ons kyk vr haar ht sy di deur toegemaak waar sy di drup vr kind aangesit ht…WEES MAR BAIE VERSIGTIG

Belinda ·

Ek kan net nie glo dit is moontlik, eerlik ek weet nie wat die ergste is die verkragter of die disrespekvolle Polisie lede hier betrokke nie, daar is baie goeie Polisie lede wat ‘n verskil maak. Almal was op hol oor ‘n krimineel se dood, maar hul staan nie op vir ‘n 2jarige wat haarself nie kan verdedig en nie kan weergee nie. Ek sal hom met my kaal hande verwurg, al ken ek hierdie poppie glad nie. Verder moet Ouers toegelaat word by kinders jonger as 6 – ek sal dit selfs strek na 10.

Mrs H ·

Ja nee… staff is net so moeg soos hul hol geryde ‘blackempowered’ perdjie! Hehehe. Tyd om bevoegde indiensnemings te doen. Los maar die neufs en nigies, oom se buddy ens uit…. want hierdie berig wys die nagevolge van affirmative action, wat niks anders as Appartheid is – net n ander term.

Pampoen ·

Genl.maj.Ndlovu het “opdrag gegee” dat die saak ondersoek word. Dis tyd dat hy van sy lui agterent af opstaan en die ondersoek doen.

Mariaan ·

Dan maak hul n bohaai oor n man wat kaal uit sy hut effens rof hanteer is…maar intussen word kinders verkrag..swanger vrouens se kele afgesny…boere wreed vermoor EN EN EN EN….wat n useless regering!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.