Ondersoek na Kuga-branddood duur voort

jimmy-ford-kuga

‘n Foto van Reshall Jimmy (33) se uitgebrande Ford Kuga wat in Desember 2015 in Wildernis, Wes-Kaap gevind is. Foto: Kaveen Jimmy/Facebook.

Die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy in die Ford Kuga-sage duur Maandag voort.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, gaan namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn in die geregtelike ondersoek na sy afsterwe. Tydens dié verrigtinge sal getuienis oor die omstandighede van Jimmy se dood gelei word.

Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe sy Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Dié ondersoek sal bepaal of die Ford-motormaatskappy vir Jimmy se dood vervolg kan word.

Maroela Media het vroeër berig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het om Ford nie te vervolg vir Jimmy se dood nie, maar het die gesin ʼn nolle prosequi-sertifikaat (wat private vervolging moontlik maak) geweier aansien die NVG op die uitslag van die ondersoek wag.

Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se private vervolgingseenheid, het vroeër gesê hulle is tevrede met die verrigtinge tot dusver. “Bewyse dui daarop dat die brand deur ’n meganiese fout veroorsaak is en ons vertrou dat hierdie geregtelike ondersoek die waarheid aan die lig sal bring,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Herman P ·

Hoeveel gevalle was daar nou nie waar die Kugas brand nie? Ander Motor vervaardigers het al probleme op hulle modelle heeltemal ander hanteer. Laat mens dink. Geen Ford op my werf nie dankie.

Werner ·

Ja ek sal ook NOOIT enige Ford produk koop nie, nie dat ek in elkgeval al ooit die strooi gekoop het nie. Tog daar is so baie wat die kuga’s koop…. mense like om te sukkel lyk dit my en wil nie na raad van ander ingeligdes luister nie.

Siestog ·

‘n Ford is slegs vir die bevoorregtes onder ons. Die res soek na redes om hulle eie tekortkominge mee te regverdig.

Vraagteken ·

Herman P, jy is tot ‘n sekere mate baie onverantwoordelik met jou kommentaar. Die insident, soos berig, het al 3 jaar terug gebeur. Hierdie is ou nuus wat jy probeer aan die gang kry!

Domvraag ·

Sou die hof bevind dat Ford verantwoordelik is, hoop ek Ford ondersteuners neem kennis dat die Fordmaatskappy alles gedoen het om aanspreeklikheid te probeer vermy. Geen ford meer vir my nie.

Steve ·

Genade, 3-4 jaar na die tyd?!

Waar was Afriforum toe die saak witwarm was?! Intussen het die motor sy waarde in die grond in verloor, baie eienaars onnodig skade gely, en is die swak HUB van Ford SA (rakende die Kuga saga) al twee jaar veilig terug in die VSA in ‘n ander rol.

Dis nie baie oortuigend nie…

Trudie ·

Die NVG moet eers besluit dat hy ‘n saak nié verder gaan vervolg nie. Dan eers kan daar op versoek van die familie, private vervolging deur Afriforum en Gerrie Nel begin word. In die lig van hoeveel Ford Kuga bakkies gedurende daardie tyd spontaan aan die brand geslaan het, bestaan die moontlikheid beslis dat die Ford Kuga bakkie van hierdie man ook aan die brand geslaan het, en dat hy nie betyds kon uitkom nie. As dit jou familielid was, sou jy nie ook dankbaar wees dat iémand wil sorg dat geregtigheid nie net onder dit mat ingevee word nie. Ek twyfel.

Heimweë ·

In die tagtigs het elke jongman gedink sy skedonk was die beste. Daar was baie oulike akronieme vir motorname in omloop:
Ford het waarskylik die meeste gehad met
FORD – Foute Oral Ry Datsun, First/Found On Rubbish Dump
FIAT – First In All Trouble
GOLF – Gee Ons Liewer Ford
DATSUN – Daaglikse Aangename Toere Sonder Uitgawes Natuurlik
NISSAN – Niks Is So Sat As Nissan,
en nog vele andere wat ek nie meer kan onthou nie.

Siener ·

As Afriforum ondersteuner en opbetaalde lid dink ek regtig daar is beter sake om op te konsentreer waar wit Suid Afrikaners daagliks benadeel word. Die persoon wat Gerrie verteenwoordig is nie eers ‘n Afriforum lid nie. Afriforum mors my geld en behoort in die bek reguk te word.

Gys ·

Ek dink nie Agriforum se vervolgingseenheid doen alle sake gratis nie. Dit mag dalk wees dat die slagoffer se familie vir die saak sal betaal.

FordBuyer ·

Ek het in 2015 n splinternuwe ford Kuga gekoop. Die is nie die model wat ingeroep is vir die brandgevaar nie maar het nogsteeds inspeksie deur Ford laat doen en ook verlengde waarborg gekry. Ekt nog geen probleme met hom gehaat vanaf ek hom gekoop het nie en lazarus ford is uitstekend in hulle dienste. Ekt gaan loer na Nissan,Renault,Toyota etc vir die selle klas van voertyg maar almal so te se cheap feelling waar die Kuga se boumateriaal uitstekend is vir sy klas. Ongelukkig kan ek nie dieselfde se vir die prys van my voertuig nie en sal nou maar moet leef met die feit dat ek hom nooit sal kan verkoop.

Bosluis ·

Daar was verskeie artikels van Kuga’s wat aan die brand geslaan het, maar mnr Jimmy was die enigste een wat gesterf het in so n voorval?

Gerhard ·

Jy kan nie vasgekeer word in ‘n moderne voertuig as dit bloot aan die brand slaan sonder dat dit in ‘n botsing beskadig word nie. Die deur sal oopmaak as jy die handvatsel trek van binne want die slot is meganies gekoppel aan handvatsel aan die binnekant. As die elektromagneet nie werk nie sal dit nie keer dat die deur oopmaak nie.

SjN ·

Was daar nie iets anders/bevinding ter sprake met die gergtelike ondersoek wat kon lei tot die ongeluk nie? Vra maar net?

Vraagteken ·

Aan al die mense wat so lekker kommentaar teen Ford lewer, is julle bewus dat die saak met Mnr. Jimmy anders is as die ander gevalle. Mnr. Jimmy se motor het van agter begin brand, en nie van voor af nie! Dit will sê, die voertuig se enjine was nie die oorsaak van die brand nie, maar iets ekstern soos ‘n klanksisteem, ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.