Ondersoek na Kuga-branddood vir eers uitgestel

adv-gerrie-nel-en-renisha-jimmy

Adv. Gerrie Nel en Renisha Jimmy, die suster van Reshall (regs agter) het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall. Foto: Verskaf.

Die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy in die Ford Kuga-sage is nou tot 18 Maart uitgestel nadat die getuienisleier in die saak dit versoek het.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum die private vervolgingseenheid, het Maandag namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn in die ondersoek na Jimmy se dood.

Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe sy Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Dié ondersoek sal bepaal of die Ford-motormaatskappy vir Jimmy se dood vervolg kan word.

Maroela Media het vroeër berig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het om Ford nie te vervolg vir Jimmy se dood nie, maar het die gesin ʼn nolle prosequi-sertifikaat (wat private vervolging moontlik maak) geweier aansien die NVG op die uitslag van die ondersoek wag.

Volgens AfriForum se regspan is hierdie aansoek vir die uitstel van die ondersoek deur Ford se regspan geïnisieer en is dít gedoen sonder enige kennisgewing aan die Jimmy-familie of hul regsverteenwoordigers.

Nóg die SAPD nóg die Jimmy-familie het dié uitstel versoek, dus is hierdie vertraging, volgens AfriForum, slegs in Ford se belang.

Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se private vervolgingseenheid, het egter gesê hulle is tevrede met die verrigtinge tot dusver. Leask meen die regter het nou die speelveld gelyk gemaak nadat Ford die Jimmy-gesin en AfriForum se regspan “geboelie” het.

“Die uitstel van die verrigtinge sal nie keer dat ons wil toesien dat geregtigheid geskied nie. Ons kan nie toelaat dat groot korporatiewe maatskappye in gevalle soos hierdie nie aanspreeklikheid aanvaar nie.

“Bewyse dui daarop dat die brand deur ’n meganiese fout veroorsaak is en ons vertrou dat hierdie geregtelike ondersoek die waarheid aan die lig sal bring,” het Leask bygevoeg.

Die eenheid glo ook die saak is ’n belangrike verdere stap in AfriForum se strategie om die beginsel van private vervolging te vestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Realis ·

Ek kan dit nie glo nie! Nog n saak wat uitgestel is. Ongeveer alle sake word skynbaar uitgestel. Die rede? Bloei die klaer in die saak dood met regskostes en frustrasie tot so n mate dat die klaer in die saak uiteindelik maar bes gee. Hoeveel sake is in die laaste tyd uitgestel? Ongeveer almal. Ons regstelsel blyk ook gekaap te wees. Net mooi niks kom ooit afgehandel nie

Ellisras ·

Dit is net in Amerikaanse films wat motors ontplof wat dit lyk soos ‘n ton plofstof. Ek het al ‘n motor sien brand. Sy kon van 60km/h stop en betyds uitklim. Iets in die storie klop nie.

CW ·

presies dit pla my ook, my vw beetle het verlede jaar ook aan brand geraak in ry, ek het stilgehou en die vlamme doodgespuit. Goed ek was seker gelukkig ook maar steeds

Zack ·

Miskien moet die Versekering van die Kuga bestuurder ook meer vrae vra en rondkrap want dit wil vir my voorkom na selfdood wat beplan was. Hoekom is geen poging gemaak om van die brandende voertuig weg te kom nie? Kyk na lewensversekering en polisse. Die familie steek verseker iets weg en probeer Ford nog aan die ander kant melk.

Judge Dredd ·

Lugsakke wat ontplooi kan ‘n persoon bewusteloos slaan.

Ellisras ·

Iemand se KUGA het gebrand. Dit is nie opgeblaas nie. KUGA nie kliniek nie.
Dalk is daar nie ‘n verskil nie.

PJC ·

Ongeag wat die maatskappy sê oor die aangeleentheid sal ek nie hul produk vertrou na die verkoop van hierdie “warm” motortjies nie. Ek dink hulle laat die saak sloer omdat hulle nog ń uitweg soek. Volgens berigte in die media het ń hele klomp van hierdie motors aan die brand geraak.

CW ·

As jy die media dopgehou het sou jy geweet het dit was een model wat n probleem gehad het, dit is teruggeroep en reggemaak lankal. Ek besit ongelukkig nie meer n Ford maarhet baie jare en my seun ry Ford. Jy kan gerus een gaan probeer, uitstekende voertuie, goed geprys. Werklik waarde vir geld.

dom antwoord ·

Beslis koop ons nog Ford want ons is gewoont aan die beste.

Anti-Negatief ·

Ek is die trotse eienaar van ‘n Ford Kuga! Dit is die beste voertuig wat ek nog ooit besit het! Ek stem saam met “dom antwoord”, ek hoop net Ford want ek is gewoond aan die beste! Die Kuga bied my alles wat ek benodig, plus nog vele meer en nee, ek is nie bang dat dit aan die brand sal slaan nie. Die model met die probleem is onttrek en die probleem herstel. Ford Bo vir beste waarde vir geld, gemak, spoed, luuksheid en ook instandhouding!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.